Jaja jy weet mos ek help graag waar ek kan, ek verduidelik vir hom van daar onder die perske boom af wat om te doenJacquesT (Stompe) wrote: Tue Jun 23, 2020 11:44 amJy Sal vir Flapsie222 help slag einde Julie.Capt. Oblivious wrote: Mon Jun 22, 2020 12:54 pm Warm bed (met beddegoed), warm stort en n bediende. Die res kan ek sonder klaar kom maar as ek in daai kamp kom na n lang dag sal hy netjies en skoon wees
Ek dink elke jagter het maar sy eie voorkeure, en sy voorkeure kan ook verskil van jag tot jag. Ek was op jagte waar ek 'n klam lappie aangebied word om my gesig af te fee as ek uit die veld kom en my kos voorberei word deur 'n ou met 'n chef hoed, en dan ook jagte waar ek nie lopende water gehad het nie, en beide was vir my baie lekker. Ek dink dis wel belangrik dat beide jagter en boer bewus is van voorkeure en beskikbaarheid voor die jag, dit sal niemand se verwagtinge teleur stel nie. Dis wel baie gerieflik as daar 'n betaalpunt is of 'n EFT opsie.
Daar is wel versteekte kostes wat my 'n bitter smaak in my mond los. Ons was eenmaal op 'n jag waar ons 'n pot gemaak het die laaste aand. Die boer het aangebied om 'n sak springbok skenkels te gee vir die pot waaraan hy saam geeet het. Op ons invoice het hy die skenkels bygesit. Toe ek hom vra of ek die prys van ons brandewyn kan aftrek wat hy opgedrink het is ek skeef aangekyk. Ek was nog nie weer terug nie.
Aan die ander kant van die muntstuk is die jagter. Ek glo tip die slagters (trackers) en die skoonmakers, hulle maak jou ervaring baie gemaklikker. As jy met 'n PH jag tip hom ook, as jy 'n trofee dier kan bekostig, kan jy bekostig om so paar honderd rand note in die man se sak te druk.
Groete
Ideale verblyf vir biltongjag
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Ideale verblyf vir biltongjag

Solank daar baie hout is. Ek skiet eerder ‘n sopkoppie as om te sukkel met hout. Party plekke dink een kruiwa hout is genoeg. Nee sê eerder jy is ‘n vegan honde haarkapper en hou nie van braai nie. As om jagters min hout te gee.
Last edited by tau on Tue Jun 23, 2020 2:00 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Daai is nou die reine waarheid Tau.
vars & skoon drink water, 'n warm stort, warm bed, gemaklike stoel, koue dop, warm koffe en skoon blyplek is taamlik hoog op my lys......en natuurlik 'n lekker vuur wat die heel nag kan brand as 'n ou eers verlore raak in die bosveld TV
vars & skoon drink water, 'n warm stort, warm bed, gemaklike stoel, koue dop, warm koffe en skoon blyplek is taamlik hoog op my lys......en natuurlik 'n lekker vuur wat die heel nag kan brand as 'n ou eers verlore raak in die bosveld TV
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
JOH! So hoop hout, dis omdat julle in koue plekke jag. As jy Alldays toe kom is dit warm genoeg vir kuier sonder 'n "heater". Ek weet daar is plekke wat indringer bos probleme het, maar wat van 'n plek soos die Rooiduine daar in die Suide John? As mens darem so hoop Kameeldoring opbrand sal dit hartseer wees.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Tau, net bang mense maak staanvure... ha-ha!!!!!!!
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Dankie weereens vir almal se terugvoer. Ek het 'n paar dinge gesien wat ek kan verbeter in my opset en sal dit regkry voor volgende jagseisoen.
Tau, gelukkig ontbos ons baie so ek het geen tekort aan droë hout nie. Ek het nog net een groep gehad wat die hout kon op brand en dit was tydens 'n lelike koue front so 2 weke gelede. Dit was gelukkig ook op die laaste aand.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Tau, gelukkig ontbos ons baie so ek het geen tekort aan droë hout nie. Ek het nog net een groep gehad wat die hout kon op brand en dit was tydens 'n lelike koue front so 2 weke gelede. Dit was gelukkig ook op die laaste aand.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Oom Koos, lyk my oom is in die minderheid hier. Ek dink die oplossing is maar net goeie kommunikasie tussen boer en jagter. Mens wil nie 'n onplesierige ervaring hê wat deur 'n vroegtydig oproep voorkom kon word nie.Koos Barnard wrote:Die manne het al redelik alles genoem so ek gaan net een saak opper naamlik bediendes.
Ek verpes absoluut enige skoonmaakpersoneel in en rondom my verblyf. Ek maak alles self skoon of indien my vrou saamgaan doen ons dit saam. Niks, maar niks irreteer my meer as 'n persoon wat my persoonlike ruimte kom infiltreer nie. Het vroeg in my lewe geleer dat ek my eie hande kan gebruik.
Mooi loop
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Eduard, ek het geweet ek sal ver in die minderheid wees. Ek betaal 'n boer se volle prys vir verblyf en het nog nooit aangedring op enige afslag omdat ek nie 'n skoonmaker wil hê nie. Ek sal eerder betaal om hulle nie in en rondom my kamp te hê nie. Dit het ek terloops verlede jaar in Meimaand gedoen op 'n baie bekende jagplaas. Ek besef terdeë dat min mense soos ek wil jag en kamp. Dis elke ou se reg om te maak soos hy goed voel, so ek het geen probleme met mense wat al die gerief wat hulle kan kry, wil hê nie. Ek het darem ook nog nooit met enige boer stry gekry oor skoonmakers nie want ek vra elke keer voor die tyd dat hulle liewer nie my plek moet kom skoonmaak nie.
Mooi loop
Mooi loop
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Net so oom. Om te jag is 'n voorreg en mens wil die beste ervaring moontlik daaruit kry. Elke ou het maar sy eie voorkeure.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Verseker!!! Dit is hoekom ons sekelbos of swarthak brand. In die Khomas hochland tel ons knoetse op en brand hulle. Dit is maar vaalkameel wortel. Maar in die Ooskaap twee begin Junie teen -2 en 45 km/h wind kan jy my jou sussie Susan noem solank ek kan vuurmaak.Carl wrote:JOH! So hoop hout, dis omdat julle in koue plekke jag. As jy Alldays toe kom is dit warm genoeg vir kuier sonder 'n "heater". Ek weet daar is plekke wat indringer bos probleme het, maar wat van 'n plek soos die Rooiduine daar in die Suide John? As mens darem so hoop Kameeldoring opbrand sal dit hartseer wees.


Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Min dinge brand en ruik lekkerder as so vaalkameel wortel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.