Ideale verblyf vir biltongjag
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Ideale verblyf vir biltongjag
Môre manne. Ek wil bietjie hoor wat is die algemene gevoel oor hoe verblyf op 'n jagplaas aangebied moet word. Ek praat nou nie van 4/5 ster plase nie, maar die gewone plaas met gewone wild teen gewone pryse. Hierdie is ook meer van toepassing op bosveld jag maar alle terugvoering sal waardeer word.
1. Prys... Watter prysklas is vir jou aanvaarbaar? Noem sommer 'n bedrag per persoon asb. Wat moet dit als insluit? Slegs realistiese antwoorde asseblief, dit moet vir boer en jagter albei die moeite werd wees.
2. Elektrisiteit... Daar is bitter min plase wat dit nie meer het nie. Maar wat het jy nodig? Bv selfone laai, ligte, rugby kyk ens.
3. Wi-Fi... Hierdie is waarskynlik 'n sensitiewe kwessie. Ek het onlangs wifi installeer omdat sein by ons baie sleg is. Die hoof rede is omdat manne sukkel met EFT en dan ook dat die manne hulle vrouens kan bel en so. Wat ek wel gesien het is baie manne staar nou vir hulle fone om die vuur in die aand. Ek verstaan dit is almal se keuse en ek gee nie om wat hulle daarmee doen nie, maar verkies julle dat daar wifi is of nie? Dis verseker minder gesellig om die vuur met party groepe vandat dit 'n opsie is. Let wel ek vra nie ekstra geld vir wifi nie.
4. Bediende... Moet daar 'n bediende wees wat elke dag skottelgoed was, huise uitvee, braaiplek skoonmaak ens? Sy kan ook basiese kos maak bv pap en mince vir brunch en so aan. Moet haar dienste ingesluit wees by die prys of opsioneel?
5. Beddegoed... Verkies jy om jou eie beddegoed saam te vat of moet dit voorsien word? Indien dit voorsien moet word, is daar enige iets spesifiek wat jy wil hê?
6. Sommer enige ander kwessie wat genoem kan word. Wat maak dat jy die verblyf geniet of nie geniet nie?
Dankie
Sent from my SM-A520F using Tapatalk

- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
1. R350-R400 pd vir jagters (Lekker as kinders bietjie goedkoper is) Nie jagters R300-R350
2. Vrieskas en yskas. Ysmasjien altyd n wenner
3. Ek sou wifi los of net gee as hul moet EFT. Hul kan SMS of dit los
4. Ja dis lekker as alles skoon is as mens uit die veld kom vir ontbyt. Sy hoef nie kos te maak nie, net pap as mens so reel.
5. Plaas voorsien, maak pak minder
2. Vrieskas en yskas. Ysmasjien altyd n wenner
3. Ek sou wifi los of net gee as hul moet EFT. Hul kan SMS of dit los
4. Ja dis lekker as alles skoon is as mens uit die veld kom vir ontbyt. Sy hoef nie kos te maak nie, net pap as mens so reel.
5. Plaas voorsien, maak pak minder
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Dankie Plaashaas. Ek het vergeet om te noem dat yskas en vrieskaste voorsien word dmv gas.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Plaashaas
Slaap 'n jagter anders as 'n nie-jagter dat hy meer moet betaal?

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Stapjagters slaap definitief baie vas na 'n dag se stap in die bos.
Voorsiening van hout is dikwels 'n kwessie. As dit in die Bosveld is waar braaihout volop is, glo ek een groterige sak hout per dag is billik om in te sluit by die prys.
Koelkamer en slag is natuurlik nog 'n behoefte. Koelkamer behoort ingesluit te wees. Slagfooie kan maar apart gespesifiseer word - so min of meer R50 per rooibok as voorbeeld?? Groter diere natuurlik meer.
As manne hoofsaaklik stap in die bos, word voertuig slegs gebruik om hulle af te laai en weer later te gaan oplaai, asook karkaste herwin en slagkamer toe vervoer. In so 'n geval kan die betrokke koste ingeluit word by die akkommodasie-prys.
TV en WiFi werklik nie groot behoefte nie, maar ja, mens wil die gerief he om jou mense by die huis te kan kontak m.a.w. voldoende sein.
Toesluit geriewe vir wapens en ammunisie - dit moet standaard fasiliteit wees.
Net my eie opinie . . . elke jagter het seker maar sy voor- en afkeure wat die goed aanbetref.

- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Ek stem redelik saam met Plaashaas.
Wat ek sal bylas is:
- Ek verkies dat die bediende net die kombuis en leef vertrek skoon maak. Dis nie nodig dat sy die kamers moet skoon maak.
- Verder verkies ek ook n prys per jagter wat verblyf en ook jagfooie insluit. Vir nie jagter kan dit dan bietjie goedkoper wees. Tieners half prys en kinders nog minder. As ek hierdie kan kry vir omtrent R500 bly ek gewoonlik langer en skiet meer wild.
Ek het nie nodig vir n bakkie, gids, aanjaers, arbeiders of enige ekstra hulp. As ek self als kan doen, nog beter.
Skoon netjiese selfsorg akkomodasie met plek om vuur te maak en te kuier, dan is ek reg. Koelkamer is ook baie handig.
Vir my gaan dit oor die hele ondervinding met die klem op die jag, nie die verblyf nie. By die huis het ek al die luukse goed waarvan ek wil ontsnap.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Eduard,
Ek kan heel basies oorleef as ek gaan jag, my familie gaan min saam.
* Ek verkies beslis 'n skoonmaak diens en sal betaal daarvoor. Kos maak, sal die chef baie mooi moet wees, ek maak my eie kos.
* Prys R350-500 afhangend wat dit insluit. Basies maar goeie bed.Ek benodig nie DSTV nie of ander luukshede nie.
* Yskas wat koudmaak. Frieskas as ons lank bly.
* Koelkamer met slagplek wat skoon is.As dit groot genoeg is kan dit help kos en drank koud hou.
* Goeie braai geriewe en plek om kos te maak beskerm van die elemente. Met lig.
* Hout per sak met een of 2 komplimentêr.
* Ek hou nogal daarvan om my eie slaapsak te vat, dan weet ek, ek slaap warm. Maar slaapgoed en handdoeke moet beskikbaar wees.
* Potte en panne om te kan kos maak. Nie 'n 12cm alluminium pannetjie om 5 manne se kos te maak nie.Ek vat my eie vlekvrye rooster.
Verder glo ek net jy moet spesifiek noem wat manne moet saambring (ek weet daar is dowwerds wat goed altyd vergeet).
Veranderlike koste is die ding wat jou die meeste kan byt. Wasgoed - al die linne en handdoeke, krag verbruik of water misbruik, diesel verbruik (die ou wat kom vir stap jag en dag 2 kan hy net vanaf die bakkie jag), arbeid (oortyd) en dan BREEKSKADE.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Jagter kry gids, koelkamer, soms slag ensChevvy SS wrote: Mon Jun 22, 2020 11:03 am Plaashaas
Slaap 'n jagter anders as 'n nie-jagter dat hy meer moet betaal?
Die ander deel is koste berekening. As 'n jagter 'n kamer deel met sy vrou is daar beslis meer geld wat bydra tot die vaste koste en dan wins. Sommige plase kan net 4 jagters laat jag in die veld, dan help dit om 'n huis wat 8 slaap meer winsgewend te maak. Dinge ruk ook minder hand uit as mamma saam kom.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
I normally take my wife and kids with which may have a bearing on answers when compared to if it is just me and a friend or me and my sons.
1. Prys... Watter prysklas is vir jou aanvaarbaar? Noem sommer 'n bedrag per persoon asb. Wat moet dit als insluit? Slegs realistiese antwoorde asseblief, dit moet vir boer en jagter albei die moeite werd wees.
Hunters: +-R400 pd
Non-Hunters: +-R300 pd
Kids under 12: Half price unless hunting
Kids under 6: Free
Includes: Accommodation, use of the guide (tips separate and not mandatory), gutting and skinning (caping fee separate), use of coldroom, drop-off and pick-up in the veld, recovery of animal, reasonable amount of wood per day (thereafter fee payable)
2. Elektrisiteit... Daar is bitter min plase wat dit nie meer het nie. Maar wat het jy nodig? Bv selfone laai, ligte, rugby kyk ens.
Not essential if it's just me and the boys. Often stayed in a sandstone house built in 1905 when hunting near Normandien Pass with my late dad. No electricity only water. But we made it work, no problem.
With the wife and kids - as long as there is hot water (gas/electricity/donkey) for bathing and gas/electricity for cooking (not always possible to cook everything on the fire - think rain, for example) then it's fine. I prefer if there is no TV on the farm.
3. Wi-Fi... Hierdie is waarskynlik 'n sensitiewe kwessie. Ek het onlangs wifi installeer omdat sein by ons baie sleg is. Die hoof rede is omdat manne sukkel met EFT en dan ook dat die manne hulle vrouens kan bel en so. Wat ek wel gesien het is baie manne staar nou vir hulle fone om die vuur in die aand. Ek verstaan dit is almal se keuse en ek gee nie om wat hulle daarmee doen nie, maar verkies julle dat daar wifi is of nie? Dis verseker minder gesellig om die vuur met party groepe vandat dit 'n opsie is. Let wel ek vra nie ekstra geld vir wifi nie.
Useful for longer stays with the family so that me/wife can check and respond to work messages if we have to.
4. Bediende... Moet daar 'n bediende wees wat elke dag skottelgoed was, huise uitvee, braaiplek skoonmaak ens? Sy kan ook basiese kos maak bv pap en mince vir brunch en so aan. Moet haar dienste ingesluit wees by die prys of opsioneel?
With my sons: Nobody required for washing / cleaning.
With my wife and kids: Prefer that my wife does not have to be working hard when we are supposed to be relaxing. Someone to clean and wash-up once a day is a big plus.
This should be optional at an additional fee. On most farms this is a modest fee that goes directly to the person doing the work.
5. Beddegoed... Verkies jy om jou eie beddegoed saam te vat of moet dit voorsien word? Indien dit voorsien moet word, is daar enige iets spesifiek wat jy wil hê?
The less packing and stuff to take with the better. So prefer to have clean linen and blankets provided at the farm.
6. Sommer enige ander kwessie wat genoem kan word. Wat maak dat jy die verblyf geniet of nie geniet nie?
The accommodation is a big part of the experience. If the wife is not hunting then she spends a large part of the day there with the kids. And evenings are spent there together with the family. I prefer if:
- The accommodation is not too close to the main road so that I don't hear cars and trucks passing every so often
- Not right next to the farmer/manager's house so that have some privacy.
- I have hunted on farms where the servants quarters are 500m away yet they blared their music so loud that it affected the peace and tranquility of the bush. And therefore the experience.
There must be a safe to lock firearms away.
Chevvy, all the adults pay the same for the basic accommodation. Then if someone wants to do extra activities on the farm (e.g. hunting, fishing, game drives, target/gong shooting, clay pigeon shooting, quad-bike riding, horse-riding, use of meat processing facility etc etc) then some of those activities will be at an extra cost. Hence, hunter pays more for the activity of hunting. That's how I see it.

- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
. Prys... Jagters - R350 - R400. Nie Jagters: R300 Kinders onder 13: R200. Ek wil soveel moontlik op bokke spandeer, nie R8000 op verblyf betaal en dan net twee Rooibokke skiet nie.
2. Elektrisiteit... Slegs nodig vir yskas & vrieskas en baie basiese ligte wanneer benodig.
3. Wi-Fi... nee, ek wil nie gepla word op die jag nie, indien daar 'n noodgeval is kan hulle die plaas kontak.
4. Bediende... Vir skottelgoed en braai area soonmaak. Groep kan ekstra betaal hiervoor. Ook om donkie aan te steek in die agtermiddag.
5. Beddegoed... Kussing, handoek en ekstra komberse. Gee nie om om eie ook saam te bring maar moet vooraf so deurgegee word en prys moet dit reflekteer indien mens dit self saam bring.
6. Sommer enige ander -
* ek slaap maklik eerder in 'n safari tent as 'n bungalow. Dus verkies ek primatief en naby natuur maar steeds gemaklik.
* 'n donkie om warm water te stook is ook vir my baie lekker en skep atmosfeer.
* Daar moet goeie koelkamer wees.
* Eetgery en glase, potte en braai geriewe moet voorsien word. Ongerieflik om dit ook nog saam te ry.
* Die jagter aflaai / recovery voertuig moet in goeie werkende kondisie wees.

Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- Smith223
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Dankie dat jy vra Eduard,
1.Vir my persoonlik wil ek nie meer as R200-300pppn betaal vir akkomodasie nie. Ek verwag nie om luuks te bly teen daardie prys nie, 'n kamer met badkamer en kluis is voldoende. (Ek is 'n student en dit mag moontlik in die toekoms verander as ek 'n vaste salaris verdien)
Ek sal ook nie omgee om te kamp nie (Prys so R100-R200 per nag)as ek my wapens in 'n kluis kan stoor en ek my kos en vleis in die koelkamer kan hou sal ek ekstra betaal vir die diesel om die koelkamer aan die gang te hou.(R20/liter?)
2.Ek sal elektrisieteits liefs los.
3.As daar nie elektrisiteit is nie benodig ek ook nie wifi nie.
4. Bediende, as mens 'n groot groep is, is dit lekker om iemand te he wat die skottelgoed was tewyl mens jag. (R200 per dag vir die groep?)
Elkeen kan sy eie bed opmaak so glo nie sy word benodig in die kamers nie.
5. Dit is lekker as beddegoed voorsien word dit maak die pakwerk minder , as mens kamp pak jy alles self.
6. Ek dink dit is regverdig om per lopende kilometer te charge, veral as ek stapjag word voertuig slegs benodig vir die oplaai van karkaste.
Ek voel hoe goeddkoper die akomodasie is hoe meer sal ek skiet en langer sal ek bly ek nooi dan ook baie maklik vriende saam om saam te kom kuier so dit is moontlik dat die boer dan meer kan maak op die ou einde.
Ek verstaan ook julle manne met plase moet geld maak, so op die ou einde moet die boer se sommetjies klop vir hom. Hy laat jag vir kos op die tafel waar ek jag vir die genot en ervaring.

Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Nie jagter kan jagter begelei en saamkom maar kan ook net in die kamp bly.Chevvy SS wrote: Mon Jun 22, 2020 11:03 am Plaashaas
Slaap 'n jagter anders as 'n nie-jagter dat hy meer moet betaal?
Nie jagter hoef nie afgelaai en opgelaai te word nie ook geen slag kostes nie so natuurlik gaan nie jagters minder betaal en jagters meer vir die ekstra diens.
1. R300 Nie jagter tot R550 vir jagter maar dan moet dit alles insluit voertuig, slag optel en aflaai en diere uit veld kry.
2. Selfoon te laai en lig of dalk yskas as jy nie gas yskas het nie geen TV nie
3. Geen WIFI
4. Ja bediende om skoon te maak en skottelgoed te was
5. Beddegoed en handoeke asook lekker stort, water kan donkie of gas wees
6. Genoeg hout nie te veel maar darem kan vlam tv geniet en lekker braai. Genoeg breekware as jy die aand koffie drink en dan nog skoon koppie kan he vir vroeg oggend.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Warm bed (met beddegoed), warm stort en n bediende. Die res kan ek sonder klaar kom maar as ek in daai kamp kom na n lang dag sal hy netjies en skoon wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Grenslyn
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
1. Tussen R400 en R500 per jagter. Dit sluit in hout, koelkamer, gidse aflaai en optel van jagters en herwin van bokke. Nie-jagters so R300. Jy kan dan ekstra vra vir die bakkie as dit bakkie-jagters is. Sluit eerder meer goed in by jou prys as wat ky jou verblyf goedkoop maak en dan al die ekstras bylas. Dit maak die rekening makliker en los minder plek vir stry.
2. As daar gas vrieskas en yskas is en ligte dan is ek gelukkig. Definitief nie TV nie!
3. Beslis NIE Wifi NIE. As ek wil bel om te sê ek is veilig sal ek dit gou van jou huis doen. Betaling sal ek ook vandaar af doen. As daar reeds wi-fi is sal ek ekstra betaal om dit af te skakel sodat my mede jagters nie in die versoeking kom om dit te gebruik nie. Indien almal op hulle fone lê om die vuur sal ek volgende jaar 'n plek soek wat nie sein het nie (en dalk ander jagmaats).
4. Kamp skoonmaak, as uitvat en skottelgoedwas is definitief 'n pluspunt, maar nie die slaapkamers nie. Slegs pap maak op versoek sal gaaf wees.
5. Voorsien beddegoed asseblief. 4 manne se beddegoed maak 'n dubbelkajuit vol. 'n Duvet, paslaken, lekker kussing en ekstra kombers is voldoende. Ons vergeet ook altyd 'n handdoek, so ek sal dit ook verkies (en om met 'n nat handoek in jou tas terug te gaan huistoe is ongemaklik).
6. Jy kan ys aanhou en sakkies verkoop, dit is meer gerieflik as om my eie eis na die plaas te karwei. Alle eetgerei, potte, panne, swartpot, braaiers en toeknyprooster is 'n moet.
Ek is nogal uitsoekerig saam met wie ek gaan jag. Die plaaseienaar kan dalk elke aand een dop saam drink, maar ek geniet dit definitief nie as hy elke aand tot slaaptyd daar is nie. As dit 'n gawe ou is en ons kliek sal ek hom mos nooi om saam met ons te braai.
Hoor wat is elke jagter se behoefte, wat hy wil jag en hoe. Gee dan raad dat hierdie tegniek dalk nie werk nie ens., maar moet nie soos 'n korporaal voorskryd hoe en waar elke man gaan loop en skiet nie. Net die feit dat jy bogenoemde vrae gestel het wys jy stel belang in die behoefte van die jagter. Wanneer kan ek bespreek?

Hein
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Ek sien ek punt 6 vergeet...Plaashaas wrote: Mon Jun 22, 2020 10:43 am 1. R350-R400 pd vir jagters (Lekker as kinders bietjie goedkoper is) Nie jagters R300-R350
2. Vrieskas en yskas. Ysmasjien altyd n wenner
3. Ek sou wifi los of net gee as hul moet EFT. Hul kan SMS of dit los
4. Ja dis lekker as alles skoon is as mens uit die veld kom vir ontbyt. Sy hoef nie kos te maak nie, net pap as mens so reel.
5. Plaas voorsien, maak pak minder
Radios vir komunikasie tussen boer/jagters/gidse/recovery voertuig.
-
Willem Grobler
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
1 prys R350-R500 jagter en R100 goedkoper vir nie-jagter
2 krag is goed as daar is, beter as daar nie is nie maar dan moet daar iets wees wat selfone effektief kan laai
3 wifi asb nie (1e prys as dit by jou as eienaar se huis beskikbaar is vir eft’s vir betaling)
4 skoonmaakdiens ja asb en dit moet d braaiplek insluit - sal ekstra betaal daarvoor
5 beddegoed ja (solank dit vooraf gespesifiseer is) maar meer belangrik goeie matrasse & kussings
6.1 ruim geweerkluis waar almal hulle gewere kan toesluit
6.2 solank alles vooraf bekend is want nie boer of jagter reageer goed op “surprises” nie, bv: hoeveel hout is ingesluit en wat kos ekstra hout,
slag en jagvoertuig beskikbaar en wat dit kos,
voorsitjag of bakkiejag toegelaat of nie,
hoeveel gidse is beskikbaar en hoeveel jagters kan gelyk in d veld wees,
watse bokke mag gejag word en wat nie (ek het dit al gehad dat goed op d pryslys nie meer beskikbaar is as jy op d plaas aankom nie of dat pryse verander het)
6.3 en asseblief as jy jagbesprekings vat, maak asb seker dat daar wel wild op d plaas is

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Die manne het al redelik alles genoem so ek gaan net een saak opper naamlik bediendes.
Ek verpes absoluut enige skoonmaakpersoneel in en rondom my verblyf. Ek maak alles self skoon of indien my vrou saamgaan doen ons dit saam. Niks, maar niks irreteer my meer as 'n persoon wat my persoonlike ruimte kom infiltreer nie. Het vroeg in my lewe geleer dat ek my eie hande kan gebruik.
Mooi loop
Ek verpes absoluut enige skoonmaakpersoneel in en rondom my verblyf. Ek maak alles self skoon of indien my vrou saamgaan doen ons dit saam. Niks, maar niks irreteer my meer as 'n persoon wat my persoonlike ruimte kom infiltreer nie. Het vroeg in my lewe geleer dat ek my eie hande kan gebruik.
Mooi loop
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Baie dankie vir almal se terugvoer. Dis lekker om die verskillende denkwyse te sien. Ek sal die inligting kan aanwend by my en ek is seker ander boere sal ook daarby kan baat.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Nou waar is jou plaas en wanneer kan ons begin jag? 
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Ons is in Dwaalboom, Limpopo. Ek is taamlik vol vir die res van die seisoen maar belangstellendes kan my PM vir details.Skietstoel wrote:Nou waar is jou plaas en wanneer kan ons begin jag?
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Goeie more Eduard en Manne
Soos julle kan sien sal hier altyd wyduiteenuitlopende behoeftes wees en n mens moet vrede maak dat jy nooit almal se behoeftes sal aan kan voorsien nie. Wat tog deur al die partye raakgesien moet word is dat sekere dienste n vaste koste komponent verg en dit dan gewoonlik in jou pryse moet reflekteer wat oorwegend in die dagfooie ingesluit gaan word.
n Lodge/kamp skoonmaker moet betaal word op n permanente basis of jy as jagter die persoon nou wil gebruik of nie. Sy/haar kostes moet deur die boer ingewerk word met sy verwagte getal jagters deur die jaar. Hierdie word gewoonlik gedoen op die minimum getal jagters per bespreking en dan die aantal groepe wat jy beoog om te akkomodeer. Hierdie geld ook vir jou slagters sowel as gidse wat in vandag se tye en wetgewing oorweegend permanente werkers is. So die koste moet ook op die basis ingedeel word. So die logiese manier is om sekere dienste se kostes deel te maak van jou dagfooi of dit nou n gebruik van gemaak word of nie. Hierdie geld natuurlik ook vir jou voertuie en toerusting tesame met die verwagte lopende koste daarvan. Goed soos voldoende hout voel ek moet deel gemaak word van jou som want jy het klaar die kostes aangegaan en dan kan daar natuurlik n adisionele fooi wees vir manne wat oorboord gaan.
Ek is jagter hou nog altyd daarvan as ek na n plek toe gaan waar daar nie verskuilde kostes is nie. Dis my fooi en klaar. Ek het wel nie n probleem as daar fooie is vir goed soos caping wat normaalweg buite die raamwerk val nie. Persoonlik dink ek om jou pryslys te basseer soos n supermark vir elke diens of produk is nie raadsaam nie, wat eerstens los jy jouself altyd oop vir n administratiewe nagmerrie en tweedends dink ek n mens doen afbreek aan die ondervinding deur dit baie onpersoonlik te maak. Hierdie is n besigheid maar n mens wil dit altyd vir die jater laat voel asof hy vir n vriend kom kuier.
Groetnis
Wouter

"Hierdie is n besigheid maar n mens wil dit altyd vir die jater laat voel asof hy vir n vriend kom kuier." Baie waar, Wouter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Net so, as ek die Vrydag op die plaas aan kom wil ek weet ek het R1000 of wat om uit te skiet so my verbyf gaan my dit kos vir die naweek en dan het ek X oor om uit te skiet. Sondag as ek by die boer stop en my kaart uit haal weet ek klaar wat se bedrag hy op sy POS masjien in gaan sit al wat ek moet doen is om die pin in te tik.Wouter Roets wrote: Tue Jun 23, 2020 9:39 am Goeie more Eduard en Manne
Soos julle kan sien sal hier altyd wyduiteenuitlopende behoeftes wees en n mens moet vrede maak dat jy nooit almal se behoeftes sal aan kan voorsien nie. Wat tog deur al die partye raakgesien moet word is dat sekere dienste n vaste koste komponent verg en dit dan gewoonlik in jou pryse moet reflekteer wat oorwegend in die dagfooie ingesluit gaan word.
n Lodge/kamp skoonmaker moet betaal word op n permanente basis of jy as jagter die persoon nou wil gebruik of nie. Sy/haar kostes moet deur die boer ingewerk word met sy verwagte getal jagters deur die jaar. Hierdie word gewoonlik gedoen op die minimum getal jagters per bespreking en dan die aantal groepe wat jy beoog om te akkomodeer. Hierdie geld ook vir jou slagters sowel as gidse wat in vandag se tye en wetgewing oorweegend permanente werkers is. So die koste moet ook op die basis ingedeel word. So die logiese manier is om sekere dienste se kostes deel te maak van jou dagfooi of dit nou n gebruik van gemaak word of nie. Hierdie geld natuurlik ook vir jou voertuie en toerusting tesame met die verwagte lopende koste daarvan. Goed soos voldoende hout voel ek moet deel gemaak word van jou som want jy het klaar die kostes aangegaan en dan kan daar natuurlik n adisionele fooi wees vir manne wat oorboord gaan.
Ek is jagter hou nog altyd daarvan as ek na n plek toe gaan waar daar nie verskuilde kostes is nie. Dis my fooi en klaar. Ek het wel nie n probleem as daar fooie is vir goed soos caping wat normaalweg buite die raamwerk val nie. Persoonlik dink ek om jou pryslys te basseer soos n supermark vir elke diens of produk is nie raadsaam nie, wat eerstens los jy jouself altyd oop vir n administratiewe nagmerrie en tweedends dink ek n mens doen afbreek aan die ondervinding deur dit baie onpersoonlik te maak. Hierdie is n besigheid maar n mens wil dit altyd vir die jater laat voel asof hy vir n vriend kom kuier.
Groetnis
Wouter
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Jy Sal vir Flapsie222 help slag einde Julie.Capt. Oblivious wrote: Mon Jun 22, 2020 12:54 pm Warm bed (met beddegoed), warm stort en n bediende. Die res kan ek sonder klaar kom maar as ek in daai kamp kom na n lang dag sal hy netjies en skoon wees
Ek dink elke jagter het maar sy eie voorkeure, en sy voorkeure kan ook verskil van jag tot jag. Ek was op jagte waar ek 'n klam lappie aangebied word om my gesig af te fee as ek uit die veld kom en my kos voorberei word deur 'n ou met 'n chef hoed, en dan ook jagte waar ek nie lopende water gehad het nie, en beide was vir my baie lekker. Ek dink dis wel belangrik dat beide jagter en boer bewus is van voorkeure en beskikbaarheid voor die jag, dit sal niemand se verwagtinge teleur stel nie. Dis wel baie gerieflik as daar 'n betaalpunt is of 'n EFT opsie.
Daar is wel versteekte kostes wat my 'n bitter smaak in my mond los. Ons was eenmaal op 'n jag waar ons 'n pot gemaak het die laaste aand. Die boer het aangebied om 'n sak springbok skenkels te gee vir die pot waaraan hy saam geeet het. Op ons invoice het hy die skenkels bygesit. Toe ek hom vra of ek die prys van ons brandewyn kan aftrek wat hy opgedrink het is ek skeef aangekyk. Ek was nog nie weer terug nie.
Aan die ander kant van die muntstuk is die jagter. Ek glo tip die slagters (trackers) en die skoonmakers, hulle maak jou ervaring baie gemaklikker. As jy met 'n PH jag tip hom ook, as jy 'n trofee dier kan bekostig, kan jy bekostig om so paar honderd rand note in die man se sak te druk.
Groete
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Ideale verblyf vir biltongjag
Soos al genoem is elke man verskillend, maar vir my persoonlik is die volgende belangrik. Dit sal ook seker beter wees om te noem ek is noe mal oor kamp, doen dit nou en dan vir kinders se onthalwe so ek verkies ‘n huis en nie ‘n tent. Die huis hoef glad nie luiks te wees, net ordentlik en skoon:
Ordentlike warm bed met ekstra komberse indien nodig
Warm stort
Braaiplek met hout wat roosters, tange bakke ens bevat
Eetgery, glase, koppies ens (Daar mag wel genoem word elke glas/koppie wat breek is X bedrag)
Handdoeke
Bediende om skoon te maak terwyl jy in veld is. Nog al die plase wat ek op was het die bediende binne skoon gemaak en gewoonlik die tracker of sy kinders buite. Ek stop altyd vir hulle iets ekstra in die hand, en ek belowe vir jou hulle onthou dit en kyk ekstra mooi na jou, nie dat ek op my hande wil word, maar net daai klein bietjie ekstra wat hulle bereid is om te doen. Natuurlik is dit raadsaam om eers met die boer te praat voordat jy iets oorhandig
Wifi en TV pla my glad nie op ‘n jag nie
Koelkamer fasiliteite (Dit moet volgens my ‘n standaard op elke jag plaas wees)
Fooi waarmee ek gemaklik is vir verblyf is R350 - R400
Sent from my iPhone using Tapatalk

6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7