Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post Reply
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Klein Chris »

Dag Almal
Vra die vraag op die forum voor ek my DFO se dag gaan deurmekaar maak

My swaer is die die wettige lisensie houer van my pa se ou 303. Wat moet ek doen om wettiglik met die geweer te kan skiet wanneer my swaer in die buiteland werk?

Hoor graag van julle
Skiet bly maar lekker
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Nella »

Twyfel of jy kan.
Die wettige eienaar moet fiesies by jou wees.
Just smile and wave boys >:D
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Diesel Dog »

Dual licence ?

DD
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Eduard Venter »

Diesel Dog wrote:Dual licence ?

DD
Kan dit net kry as hulle op dieselfde perseel woon.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Heinz Petersen »

Ek weet wat jou DFO gaan sê, NEE.
Wil jy regtig met n 303 skiet ;)
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Klein Chris »

Heinz Petersen wrote: Wed Jun 17, 2020 7:04 am Ek weet wat jou DFO gaan sê, NEE.
Wil jy regtig met n 303 skiet ;)
:laugh: Uhm ??? , n skelm ja ::)
Skiet bly maar lekker
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Eugene »

Klein Chris, die vuurwapen wet bepaal dat jy net die geweer mag hanteer n gebruik as die wettige eienaar by jou is. Wat "by jou is" presies beteken, is 'n ope vraag, maar ek aanvaar hy/sy moet direk beheer moet kan uitoefen, so ek aanvaar hy/sy moet langs jou of naby jou wees. Dink maar aan 'n takskiet waar 'n seun met sy pa se geweer deelneem...

As jou vraag is of jy die wapen mag gebruik in geval van 'n huis/plaas aanval, is die antwoord ja. Jy mag nog steeds aangekla word, maar jou verweer/regverdigingsgrond, sal wees dat dit 'n noodtoestand was. Jou swaer sal egter waarskynlik moet verduidelik waarom jy toegang tot die wapen gehad het....
Aim small, miss small
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Klein Chris »

Dankie Eugene
Nee, my vraag gaan nie oor noodtoestand nie maar oor gebruik vd 303 vir jag of teiken skiet wanneer my swaer nie kan saam gaan nie.
Voor die nuwe wetgewing kon die wettige eienaar net vir jou n toestemmings brief gee en dan kon jy die geweer gebruik.

Dit lyk egter nie of so iets meer bestaan nie
Skiet bly maar lekker
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by saswart »

Gaan kyk na Art 21 van die Vuurwapen wet. Gaan bespreek dan met jou DFO. Hul sal vir jou se wat die vereistes is. Ek wou dit al gebruik maar uit die DFO se eie mond "die polisiemanne daarbuite ken dit nie, hul ken net lisensie kaartjies en dual-license papiere en daar is risiko dat vuurwapen van oorspronklike eienaar se naam per abuis gehaal word".
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Eugene »

Artikel 22. Houer van lisensie kan ander persoon toelaat om vuurwapen te gebruik
Ondanks enigiets tot die teendeel in hierdie Wet maar behoudens artikel 120 (5), kan enigiemand wat minstens 21 jaar oud is en die houer is van 'n lisensie om 'n vuurwapen te besit wat ingevolge hierdie Wet uitgereik is, enige ander persoon toelaat om daardie vuurwapen te gebruik terwyl onder sy of haar onmiddellike toesig waar dit veilig is om die vuurwapen te gebruik en vir 'n wettige doel.

Hier is die gedeelte van die Wet.
Aim small, miss small
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by saswart »

Dankie Eugene. Jy is heeltemal reg op Art 22. Maar Art 21 gee jou "tydelike lisensie/authorisation"

21 Tydelike magtiging om vuurwapen te besit
(1) Die Registrateur kan 'n tydelike magtiging om 'n vuurwapen te besit, uitreik
aan enige persoon, met inbegrip van 'n nie-burger-
(a) vir die tydperk wat die Registrateur bepaal; en
(b) behoudens die voorwaardes wat die Registrateur voorskryf en oplê.
(2) Die Registrateur kan te eniger tyd 'n magtiging terugtrek indien enige
voorwaarde beoog in subartikel (1) (b) nie nagekom word nie.
(3) Die Kantoor van die Sentrale Vuurwapenregister moet 'n rekord hou wat die
inligting bevat wat voorgeskryf word ten opsigte van alle magtigings uitgereik ingevolge
hierdie artikel.
(4) Die Registrateur moet 'n jaarverslag aan die Minister voorlê wat die inligting
bevat wat voorgeskryf word ten opsigte van alle magtigings uitgereik ingevolge hierdie
artikel.
(5) 'n Vuurwapen ten opsigte waarvan magtiging ingevolge hierdie artikel
uitgereik is, kan slegs gebruik word-
(a) indien die Registrateur by endossement op die magtiging die gebruik
daarvan veroorloof; en
(b) ooreenkomstig die voorwaardes wat die Registrateur voorskryf en oplê.
(6) Daar kan slegs oor 'n vuurwapen ten opsigte waarvan 'n magtiging ingevolge
hierdie artikel uitgereik is, beskik word met die skriftelike toestemming van die
Registrateur en behoudens die voorwaardes wat hy of sy oplê.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Plaashaas »

saswart wrote: Wed Jun 17, 2020 9:27 am Gaan bespreek dan met jou DFO. Hul sal vir jou se wat HULLE DINK die vereistes is.
;)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Eugene »

saswart wrote: Wed Jun 17, 2020 9:39 am Dankie Eugene. Jy is heeltemal reg op Art 22. Maar Art 21 gee jou "tydelike lisensie/authorisation"

21 Tydelike magtiging om vuurwapen te besit
(1) Die Registrateur kan 'n tydelike magtiging om 'n vuurwapen te besit, uitreik
aan enige persoon, met inbegrip van 'n nie-burger-
(a) vir die tydperk wat die Registrateur bepaal; en
(b) behoudens die voorwaardes wat die Registrateur voorskryf en oplê.
(2) Die Registrateur kan te eniger tyd 'n magtiging terugtrek indien enige
voorwaarde beoog in subartikel (1) (b) nie nagekom word nie.
(3) Die Kantoor van die Sentrale Vuurwapenregister moet 'n rekord hou wat die
inligting bevat wat voorgeskryf word ten opsigte van alle magtigings uitgereik ingevolge
hierdie artikel.
(4) Die Registrateur moet 'n jaarverslag aan die Minister voorlê wat die inligting
bevat wat voorgeskryf word ten opsigte van alle magtigings uitgereik ingevolge hierdie
artikel.
(5) 'n Vuurwapen ten opsigte waarvan magtiging ingevolge hierdie artikel
uitgereik is, kan slegs gebruik word-
(a) indien die Registrateur by endossement op die magtiging die gebruik
daarvan veroorloof; en
(b) ooreenkomstig die voorwaardes wat die Registrateur voorskryf en oplê.
(6) Daar kan slegs oor 'n vuurwapen ten opsigte waarvan 'n magtiging ingevolge
hierdie artikel uitgereik is, beskik word met die skriftelike toestemming van die
Registrateur en behoudens die voorwaardes wat hy of sy oplê.
Saswart, ek het al hierdie roete probeer. Ons DFO (en die ander waarmee ek al te doene gehad het hiermee) het die opinie dat dit net gebruik kan word as jy reeds aansoek gedoen het vir die lisensie vir die geweer en as daar dringende omstandighede is waarom jy die wapen vroeer nodig het. Ek het al so 5 aansoeke in terme van hierdie artikel geloods en almal is afgekeur.... Ek aanvaar daar het al mense reggekom daarmee, maar ek weet nie van hulle nie...
Aim small, miss small
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 612
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Klein Chris »

Dankie vir almal se insette
Heel vriendelike gesprek gehad met persone by die lisensie kantoor

Maklikste opsie is om my swaer saam te sleep wanneer ek met die 303 wil gaan teiken skiet of jag
Plan B is om die geweer op my naam te sit

Lekker dag vir almal
Skiet bly maar lekker
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Toxxyc »

Die ander probleem wat ek het met die tydelike lisensie, is "wat gebeur met die lisensie nadat die tydelike een verval?" Ek vra, want ek weet nie. Indien die lisensie slegs wegval en die vorige een (jou broer s'n) nogsteeds geldig bly, dan is dit mooi en oulik en mens kan maar probeer. Maar wat as die bestaande lisensie opgeskort word (soos met ander lisensies sodra dit goedgekeur word) en dan sit jy en jou broer met 'n wapen waarvoor daar nie 'n geldige lisensie is nie? Dis my groot probleem met die hele storie.
DvD
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Sat Sep 21, 2019 10:53 pm

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by DvD »

Eugene wrote: Wed Jun 17, 2020 8:56 am Klein Chris, die vuurwapen wet bepaal dat jy net die geweer mag hanteer n gebruik as die wettige eienaar by jou is. Wat "by jou is" presies beteken, is 'n ope vraag, maar ek aanvaar hy/sy moet direk beheer moet kan uitoefen, so ek aanvaar hy/sy moet langs jou of naby jou wees. Dink maar aan 'n takskiet waar 'n seun met sy pa se geweer deelneem...

As jou vraag is of jy die wapen mag gebruik in geval van 'n huis/plaas aanval, is die antwoord ja. Jy mag nog steeds aangekla word, maar jou verweer/regverdigingsgrond, sal wees dat dit 'n noodtoestand was. Jou swaer sal egter waarskynlik moet verduidelik waarom jy toegang tot die wapen gehad het....

"Noodweer" nie nood toestand nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoe kan ek wettiglik skiet met n geweer wat nie aan my behoort

Post by Eugene »

100% korrek DvD, met al media dekking van die Covid-noodtoestand, was dit seker ook maar in my gedagtes toe ek getik het....
Aim small, miss small
Post Reply