Hael groote
- Tomcat
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Hael groote
Die manne wat uit die lug skiet met haelroere moet nou help.
Wat is die ideale groote hael om jakkalse mee te skiet?
Tomma

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Hael groote
Tomma
Ek weet nie, maar kan jou s? dat 2 raak skote SSG 'n Great Dane hond net meer spoed gee. Ek wou hom stadiger maak en dan met 'n slug afmaak maar hy het nie eens gedink aan afgear nie. Heinrich het my daarna ges? die chopper croppers skiet met dons, maar dit is net wat ek hoor. Blykbaar bly die korrels lekker naby mekaar vir groter impak as SSG's.
Christo
ps: dit is 'n rondloperhond

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Hael groote
Wat meeste mense vergeet is dat haelgeweer baie on effektief is verder as 30/40m. Ek het kleiduiwegeskiet en daar word donshael (8&9) gebruik en baie keer op 'n sporting baan kom jy in die skootsveld van van die ander ouens. Op 100m of so voel dit soos reen druppeltjies. As jy 'n haelgeweer moet gebruik en jy is nader as 30 m sal ek niks kleiner as AAA gebruik nie, Baie belangrik is egter die wurg (choke ) op jou geweer aangesien dit sal bepaal hoe groot jou haelkolom sal sprei. Op daardie afstande slegs "full choke". Ek sou egter eerder koeelgeweer gebruik as gevolg van oneffektiwiteit van haelroer vir daardie doel.
Winners never quit - Quitters never win.
-
Calldo
- Jr. Member

- Posts: 56
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm
Re: Hael groote
Tomcat!
Na my mening hang dit af van waarmee jy vlieg. Sou dit met helikopter wees is AAA meer as genoeg. Dit is ook wat die meeste manne hier gebruik wat oes. Het self jakkalse met AAA uit Chopper geskiet met groot sukses. Dit kom terug na wat Kruger verwys: Wat is die afstand waarop jy gaan skiet? Onthou chopper sit by jou teiken neer, nie verder as 10m nie.
Ek skiet ook uit Micro-vliegtuig. Het baie gesukkel met AAA. Nadat ek 'n jakkie gekwes het, het ek groepeerings van hael begin nagaan. Op 30m begin AAA baie oopmaak. Groepeering is goed versprei maar korrels is te min en elke enkel korrel het nie genoeg energie om 'n jakkals se lyf te penetreer nie. Het baie van hulle net onder die vel gekry.
Ek het toe eksperimenteer met groter hael op 30m. SSG, SG en LG. Het 'n 'bo en onder' haelgeweer. Lope was 3/4 en Full Choke. Groter hael begin maak oop kolle waar geen hael is nie. Ek het egter bevrediging gekry met LG. Ten minste 5 korrels het teiken hou vir hou getref. LG is die grootste enkel balle met genoeg penetrasie.
Om op te som, uit Chopper AAA en uit Mic LG. Kruger is reg met wat is die wurg van jou loop. Partymaal kry jy beter groepeering met 'n oper choke as toe een. Haelgeweer is soos mens, nie 2 is dieselfde nie. Min jagters weet dat jy jou haelgeweer net soos jou koeelgeweer moet groepeer met sekere ladings en haelgrootte. Daar is riglyne maar nie reels nie. Weet waar jou haelgeweer skiet.
Laastens, maak seker van jou plaaslike natuurbewaring jagproklomasie. In die NC moet jy 'n permit he om jakkalse nou uit die lug uit te skiet. Weet nie of jy een sal kry nie???? Sal maar my halegun met middag roepe gebruik vir daai jakkies wat hier by my uitdop!
Hoop dit antwoord jou vraag!

Waar kry mens deesdae nog los hael te koop? Ek soek no. 7.
Christo
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Hael groote
Maklikste en goedkoopste is om dit self te maak. Jy kry elektriese modelle, maar ek is seker jy sal dit self ook kan maak met 'n gasvlam wat die hitte verskaf. Enige druppel (water ook) is rond as gevolg van molekulere aantrekkingskrag en al daai groot woorde. Jy begin met ou wiel ballenseer gewiggies wat jy by bande plekke kry of koop. Smelt dit en al die metaal hakies waarmee dit aan die velling geheg word sal bo-op dryf. Skep dit en al die gronderigheid en ander onsuiwerhede af en giet in stafies vir latere gebruik. Wat jou apparaat basies doen is die smelt van hierdie skoon lood stafies. Aan die kant, maar laag onder aan die houer wat die gesmelte lood hou, sit jy 'n "nozzeltjie" met uiters klein gaatjie. Grootte van die gaatjie bepaal grootte van die hael wat jy gaan maak, maar wisselend tot op .5mm. Gesmelte lood sal by hierdie gaatjie uitloop in 'n dun straaltjie en opbreek in druppel vorm terwyl dit val grondtoe. Indien dit nie gebeur nie is jou gaatjie te groot, of die nozzle nie lank genoeg nie. So 10cm laer sit jy 'n blikkie met diesel waarin die gesmelte druppels val om hulle te stol. Indien hulle te ver val sal hulle die diesel teen te hoe spoed tref en effens platslaan aan daardie kant. Lig dan net die blikkie. Gebruik meer as een dieselblikkie want sodra die een vol is skuif jy die ander een in, gooi dit deur 'n siffie om die hael te skei van die diesel en los die diesel om af te koel vir wanneer jy weer omruil. Jy maak 'n paar Kg per uur op hierdie manier. Was met degreaser, maak droog en gooi so 'n teelepel grafietpoeier by 'n kg hael. Dit voorkom dat lood afgee in jou loop en bespoedig skoonmaak van jou geweer. Ek het self baie hael so gemaak teen byna geen koste.
Winners never quit - Quitters never win.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Hael groote
Kruger
Neem asb foto's van joune en e-mail dit vir my. Ek het een probeer bou uit 'n ou Magnum tydskrif maar sonder sukses.
Christo
Neem asb foto's van joune en e-mail dit vir my. Ek het een probeer bou uit 'n ou Magnum tydskrif maar sonder sukses.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
tafjak
Re: Hael groote
Christo
Jy kan vir Martin bel by 0839807211. Ek koop maar my hael by hom.
Groete
Tomma
Jy kan vir Martin bel by 0839807211. Ek koop maar my hael by hom.
Groete
Tomma
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Hael groote
Christo
Ek het myne verkoop saam met al die ander haelgeweer laai toerusting nadat ek kleiduiwe vaarwel toegeroep het. 'n Vriend van my van Patensie het alles gekoop so ek sal hom kontak en fotos probeer kry vir jou. Groete
Ek het myne verkoop saam met al die ander haelgeweer laai toerusting nadat ek kleiduiwe vaarwel toegeroep het. 'n Vriend van my van Patensie het alles gekoop so ek sal hom kontak en fotos probeer kry vir jou. Groete
Winners never quit - Quitters never win.
-
britsman
- Hero Member

- Posts: 792
- Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Re: Hael groote
Kruger,
So 10 jaar gelede, op pad tussen Mid/burg en Gr/ren was daar 'n ou wat langs die pad gebly, 'n toring gebou. Dit was gese dat hy dit gebruik om Hael te maak.Hoekom so hy 'n dit so gedoen?
brits

If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Hael groote
Kan nie dink wat die rede sou wees nie. Was dit nie dalk 'n misverstand dat hy 'n "skeet" baan gebou het nie, want daar is 'n ho? en lae toring betrokke waarvandaan die kleie gegooi word. Indien dit die geval was sou hy waarskynlik ook hael gemaak het en self sy patrone gelaai het want "trap", "skeet" en " sporting" vreet nogal haelpatrone. Al wat ek kan dink is dat dit 'n misverstand was. Dit was dalk bekend dat hy self hael gemaak het en mense het aanvaar die toring was vir hael maak terwyl dit nie so was nie. Op daardie hoogte sal jou hael beslis platslaan wanneer dit die stolmiddel tref, buiten... Wag bietjie, indien die lood v?r genoeg val en reeds gestol is teen die tyd dat dit die grond tref kan dit seker ook werk. Ek raai maar.
Winners never quit - Quitters never win.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Hael groote
Almal
Ek het so jaar of wat terug erg gesoek en op die internet gesien dat die oues van dae toe reuse torings in Engeland en Am. gebou het vir die lood wat moes stol/set voor dit in die water val. Dit is toe die enigste en beste manier gewees daarvoor.
Ook 'n stuk gelees oor 'n maat wat dit selfs van 'n brug probeer het maar daar was te min tyd voor die hael die water tref.
Christo
Taffie: Dankie ek bel die ou.
Ek het so jaar of wat terug erg gesoek en op die internet gesien dat die oues van dae toe reuse torings in Engeland en Am. gebou het vir die lood wat moes stol/set voor dit in die water val. Dit is toe die enigste en beste manier gewees daarvoor.
Ook 'n stuk gelees oor 'n maat wat dit selfs van 'n brug probeer het maar daar was te min tyd voor die hael die water tref.
Christo
Taffie: Dankie ek bel die ou.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Hael groote
Christo
Ek het die ou gekontak aan wie ek myne verkoop het, maar hy het dit ook al weer verkoop. Hy het vir homself een gebou wat met gas werk en volgens hom werk dit beter. Hy stuur 'n foto wat ek vir jou sal aanstuur. Groete
Ek het die ou gekontak aan wie ek myne verkoop het, maar hy het dit ook al weer verkoop. Hy het vir homself een gebou wat met gas werk en volgens hom werk dit beter. Hy stuur 'n foto wat ek vir jou sal aanstuur. Groete
Winners never quit - Quitters never win.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Hael groote
Thanx
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Hael groote
Van die cast boolits site is is daar die volgende:
Here is a picture of mine.Been doing it for years. Stainless steel bolts used to make the drippers as anything else tends to erode after a bit of use. hole size is about.024" and this gives size 8 to 9 depending on the level of molten lead. Lead has to be pre-melted,fluxed and then either cast into ingots or poured into the trough. Gas fired. The burner is made from a piece of 1 inch square hollow section steel tube of which one end can be seen underneath. The trough was TIG welded up out of 6mm aluminium plate. My coolant of choice is a mix of soluble oil and water at about 1 to 20. Go for it and make one!
Attached Thumbnails
http://castboolits.gunloads.com/showthread.php?t=18389
Ek het toegang tot 'n haelmaker, maar dis soos die donkergroenes, jy kan hom nie los om die werk te doen nie, jy moet hom oppas. Dit bring mee dat ek nie kan planke vaskroef aan ysters nie. Koop nou maar die hael.

Johan se se pa Oom Danie maak baie goeie hael, maar soos in my geval is tyd 'n kwessie.
Die haelmakers verhit elektries en is verstelbaar sodat jy die vloeitempo kan beheer. Aan die "tuit" drupper kant is 'n lip wat met bordkryt gesmeer moet word waarop die lood balletjie rol tot in die verkoel vloeistof. Ek het diesel gebruik. Die oppervlak van die diesel moet so na as mootlik aan die lip wees. (as hy raak rook die diesel baie en kan aan die brand slaan) (Dis nou as jy LPgas gebruik om die lood aan te help) 'n Primus prikker help om die gaaitjies oop te hou. Ek het gevind dat mens eers "ou lood" moet smelt en dan weer in blokke giet om skaal te verminder. Die skaal verstop die druppers.
O, ja gasse van die lood is giftig. Werk in 'n trek en met 'n gas bestande masker (sprypainter soort). Die gemors van die trek is dat die smelter koud kry dan verskil die druppel groottes.
Ek het siwwe gemaak uit ou kruit blikke om die hael so naasteby te sorteer.
Korrels wat te groot is is net weer gesmelt.

- B C
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm
Re: Hael groote
Ek het ook al navorsing gedoen oor giet van hael. Die gewone metode en elektriese modelle asook die voorbeeld van 'n tuisgemaakte een wat in die Magnum tydskrif was kan nie growwe hael maak nie. Ek dink die fynste wat hulle kan maak is eers hier van no 4 af en fyner. Om growwe hael te maak moet die lood se tempratuur reg wees en moet dit baie hoog val- wat ek kon uitvind omtrent 60m hoog. Ek het toe maar opgegee. Ek soek no 1 of AAA hael as iemand my kan se waar om te kry. Ek sal AAA of n01 hael aanbeveel vir 'n jakkals al het ek nog nooit gevlieg nie, maar ek het al 'n jakkals op so 30tree met AAA's geskiet van die bakkie af. Ek gebruik AAA of no 1 vir ganse en makoue 
-
hagar
Re: Hael groote
Die AAA werk goed, maar copper plated bb's werk die beste. Die AAA sal n jakkals tot miskien so 50 tree goed klits, maar die 3 duim 2 onse copper plated bb lading sal hom platskiet tot op 70 tree. Hulle maak egter dood aan beide kante, moenie meer as n paar skote op n dag skiet nie, as jy jou skouer waardeer..
- james 303
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am
Re: Hael groote
Ek het my hael gieter aan die gang ek kry my lood van die skietbane af.Ek skiet klei duif so ek dink op die einde van die gaan dit baie goedkoper werk om self te laai as ek n foto kan oplaai sal ek julle wys hoe hy lyk
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Hael groote
303
Beagle het 'n kontrepsie waarmee hy hael gooi wat beter is as enige gekoopte hael, vra hom gerus indien jy iets wil weet.
Sover ek weet het hy 'n uitnodiging ook gekry vir volgende olimpiese spele in kleiduif skiet

Mooi loop
MEERKAT

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Hael groote
303
Vertel ons so bietjie meer oor hoe jy dit doen sal graag wil sien sit sommer foto op
Beretta
Vertel ons so bietjie meer oor hoe jy dit doen sal graag wil sien sit sommer foto op
Beretta
- james 303
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am
Re: Hael groote
Dit is basies n dripper ek het n raam gebou 250 by 250 mm 8. M10 boudjies met n gat in die middel van die 10mm bout en op die kop van die boudjies het ek n 1mm gaatjie deur geboor wag net vir n element werk hom nou van gas af.Ek sal die fotos probeer opsit
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Hael groote
303
Jy moet vir remington vra hy het al so paar korrels gemaak ek het ook al so een of twee gemaak.Wat se reloading press gebruik jy.Om te reload is relatief dit hang net net af hoeveel jy vir jou komponente betaal het.Ek skiet 28gram no 7.5 alles trap voels ens met 7.5.Wat se kruit gebruik jy
Beretta
Jy moet vir remington vra hy het al so paar korrels gemaak ek het ook al so een of twee gemaak.Wat se reloading press gebruik jy.Om te reload is relatief dit hang net net af hoeveel jy vir jou komponente betaal het.Ek skiet 28gram no 7.5 alles trap voels ens met 7.5.Wat se kruit gebruik jy
Beretta
- james 303
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am
Re: Hael groote
Ek skiet graag klei met NO 7 EN DIT IS DIE 28 gram gekoopte ammo het nognie n press nie is besig om als nog bymekaar te maak..enige iets wat ek nog gaan kort laat weet my tnx
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Hael groote
303
Primers wads graphite doppe kruit.Daar is volgens my net twee presse wat jy koop en wat werk Hornady 366 Spolar gold.