Middag manne.
Kom ons praat biekie oor ons eerste jag(eerste dier)wat ons geskiet het en wat was die gevoel ens.
My eerste kill was n blesbok ek was 9 jaar oud en sal nooit die gevoel vergeet nie die bok het op +- 150m gestaan ek het met n .223 geskiet(oupa se geweer)ons het op die bokke afgekom en oupa laat le my toe op n miershoop en ek begin te korrel sien bok dan grond dan die blou wolke(bokoors) toe ek weer die bok sie trek ek die skoot af oupa se toe mooi my kind maar ek weet nie wat nou aangaan nie het nie eers gesien waar ek korrel nie ek en oupa loop toe af na die pan toe en gaan kyk en hier le my bok mooi in die blad geskiet oupa haal sy mes yt en sny gou gou vir my daai klokke af en se ek moet nou maar eet maar ek wil nie ek huil maar oupa vat nie nee vir n antwoord nie so ja het toe maar gesluk.Dankie oupa sal dit nooit vergeet!
Groete FB
EERSTE GROOT GEWEER JAG
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: EERSTE GROOT GEWEER JAG
Ek weet nie regtig wat was die gevoel nie want toe daai skoot loop toe skrik ek my self in n ander bloedgroep in.
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: EERSTE GROOT GEWEER JAG
Ek sal myne ook nooit vergeet nie. Was ook 9 jaar oud. Ons het gaan jag by Marble Hall.
Ek het ge-oefen met die 303 en my pa het gese ek mag 'n vlakvark skiet. Ons het so rond gery en toe 'n jakkals gesien. Die oom wie se plaas dit is se toe ek moet skiet (hy wou seker kyk of hierdie klein mannetjie iets kon raak skiet). Doef!! Daar le die jak, van voor af in die kuiltjie. Dit was die eerste dier wat ek gedood het met groot geweer.
Geen vark gesien of iets nie. Ons ry toe daardie selfde dag en kry 'n trop rooibokke. Skrik my boeglam want hier se my pa kom ons gaan kyk of ons een kry. Ek het dan reg gemaak vir 'n vark en nou skielik is dit 'n rooibok. Klim toe van die bakkie af en ek en my pa en die gids is agter die bokke aan. Ons kry hulle toe en my pa laat my dooie rus vat teen 'n lekker boom. Die ooi het op 70m gestaan en toe laat loop ek. Sal nooit vergeet ek het die kruishaar agter die blad gesit waar die kleure verander op die bok. Die ooi val en spring toe op en hardloop nog so ent. By dood geskrik, dog my eerste bok is weg. Loop toe na waar sy gestaan het en daar was net bloed oral en toe sien ek my eerste bok le!!! Wat 'n gevoel.
Hier is 'n foto van die jakkals en die rooibok wat ek op een dag geskiet het en my eerste jag met 'n "groot" geweer.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- Dewie
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm
Re: EERSTE GROOT GEWEER JAG
Halo alle ooms
My eerste bok was 'n Rooibok ooi.Dit was omtrent 'n jaar terug toe ek 12 was,ek het met 'n 30-06 geskiet.
Die bok het so op 100m gestaan.Ek het nogal gestres oor die skoot,
en my hande het begin sweet.Die skoot het geklap,was nogal seker van die skoot.
Toe ons daar kom toe l? die bok in sy eie bloed.
Was baie trots op myself
Groete
Dewie

Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: EERSTE GROOT GEWEER JAG
Dewie ek is baie ver van oom af!!!! Eks 18 so se vir my maar Francois asb ou maat.
Groete FB
Groete FB
- Wiehan111
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm
Re: EERSTE GROOT GEWEER JAG
Ek was 10 jaar oud gewees, was te bang vir die 25-06 en toe gee my pa vir my die 243. Het vroeg by die kamp gestop en te voet my blesbok gaan soek! Het hul toe gekry en my ram uitgesoek, onthou nog baie goed hoe baie het ek gebewe! Die skoot klap het hy 20m gehardloop en val toe, 'n netjiese bladskoot gewees! (PS en daarna al my bokke tot vandag nog met my 25-06 geskiet)
Groete
Groete
25-06 Savage Tactical