Dagsê aan almal
Ek wil graag weet of iemand al 'n geweer gebou het op die Weatherby Mk V platform?
Is dit moontlik om die aksie te blueprint en wat gaan die koste wees synde dit meer tyd en skill nodig het?
Is daar enige iemand wat spesialiseer met die aksies?
Ek vra maar bloot vir 'n toekomstige projek
en was nog altyd 'n groot fan van hierdie aksie se ontwerp
Plaas gerus foto's en specs indien jy een het
Groete
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Geweer bou op 'n Wby MkV aksie
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Geweer bou op 'n Wby MkV aksie
Last edited by Knewel on Sun May 24, 2020 6:28 pm, edited 1 time in total.
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
- Albertdwk
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm
Re: Geweer bou op 'n Wby MkV aksie
Die vraag is het jy die aksie, als is altyd moontlik. Ek het 'n 300 Weatherby gekoop net voor hul hom wou scrap vir sy aksie om 'n ander geweer te bou. So ek sê moontlik, koste is seker die grootste rol. Het jy reeds die aksie of moet jy nog een loop soek. En boltface, wat jy bou en wat die aksie se boltface was. Jy kan altyd die boltface oop sny vir 'n kaliber met groter rim dia. maar jy kan hom nie kleiner maak nie, of laat ek so sê weet van min wat suksesvol kleiner gemaak is.
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 902
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Geweer bou op 'n Wby MkV aksie
Dag,
Dit was lank n opsie op die tafel vir my geweer bou gewees wat ek laasjaar gedoen het. Ek het vir n paar redes nie die roete gevolg nie. Geen erenstige negatiewe redes nie. Was maar oor ek nie Stainless een kon kry nie en die bybehore is nie so vrylik beskikbaar soos vir n Remington of Howa aksie nie.
Ek het wel baie met die GS gesels oor die opsie. Hy het my gese dat dit n moeilke taak is om die aksie te true teenoor n 2 of 3 lug aksie. Wat hy wel al gedoen het met so aksie was om die lockinglugs met grinding paste te lap om hulle almal saam beter te laat pas.
Die aksies is glo ook baie hard en sterk.
Ek glo dat daar nog een van die dae n custom geweer met so n aksie in my kluis sal staan. Dit was net nie nou die tyd nie.
Sterkte
Andre

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Geweer bou op 'n Wby MkV aksie
Ek het so bietjie op die Amerikaanse skietforums gaan loer. Die aanbeveling is bly weg van presisieskiet en gebruik vir jaggeweer. Om die aksie se nokvlakke reg te kry (9 van hulle) is 'n groot werk.
Die koste van die aksies relatief tot die gemak waarmee daarmee gewerk kan word is ook geopper. Dit is goedkoper om 'n Howa of Rem 700 te "true" as om 'n Mk V te gebruik.
Gaan loer op die net wat die aanbevelings is.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Geweer bou op 'n Wby MkV aksie
Knewel, waarom bel jy nie vir Geoffrey (geweersmit) by Wildman in Brackenfell nie. Hy sal jou alles vertel.
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Geweer bou op 'n Wby MkV aksie
Tans het ek net die Vanguard aksie in 'n 308 in my kluis. Ek gaan die Mk V by iemand oorkoop wat ek ken waarvan die loop uitgeskiet is. Hy is tans gekamer in 300 weatherby
Ek beplan om 'n magnum te bou so die rim dia gaan nie 'n probleem wees nie.
André en oom tripod dankie vir die raad. Ek het ook gedink om hom te true gaan 'n gesukkel wees maar dis ook nie die einde van die wêreld nie. Hy moet maar werk net so. Die aksie is ongelooflik sterk ja alhoewel dit nie my enigste rede is nie maar ook omdat ek nie te veel gaan betaal vir die aksie nie.
Oom PW ek sal daar loop draai. Ken vir Geoffrey goed. Dalk doen hy nog die werk
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Ek beplan om 'n magnum te bou so die rim dia gaan nie 'n probleem wees nie.
André en oom tripod dankie vir die raad. Ek het ook gedink om hom te true gaan 'n gesukkel wees maar dis ook nie die einde van die wêreld nie. Hy moet maar werk net so. Die aksie is ongelooflik sterk ja alhoewel dit nie my enigste rede is nie maar ook omdat ek nie te veel gaan betaal vir die aksie nie.
Oom PW ek sal daar loop draai. Ken vir Geoffrey goed. Dalk doen hy nog die werk
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Geweer bou op 'n Wby MkV aksie
Ek hou nogal van die Mk V aksie. Die aksie is besonders glad en die grendel lig net 54 grade. Vir die interessantheid, die wat ek gesien het is almal in Japan vervaardig. Raai wie het hulle gemaak?
Behalwe vir die gestoei om al 9 sluitnokke ge "lap" te kry, is daar nie veel fout met die aksie nie. Al wat my pla, is dat die aksie wande nie baie rigied is nie. Dit beteken dat 'n swaar loop die aksie dalk kan laat skeef trek, as die loop vry hang. Daar is natuurlik oplossings daarvoor ook.
Die magasyn vloerplaat kan oopmaak en die knip sit voor die snellerbeul. Dit is maklik om die knip per ongeluk te druk in die veld en dan kletter al 3 jou patrone op die grond neer. 'n Kort stukkie draad in die knip se veer blokkeer hom en kan maklik weer verwyder word.
Niks hiervan behoort jou te keer om 'n akkurate jaggeweer te bou nie. Al wat regtig vir my pla is die lang vryboor wat die tipiese Weatherby kamers het. Dit beteken jou nuwe geweer se vryboor is so lank soos 'n gewone geweer met uitgeskiete loop s'n. Dis 'n eienskap van die Weatherby kamerspesifikasie, nie die aksie nie. Kies dus jou kaliber en ruimer oordeelkundig.

Alwin dankie vir die raad. Ek stem heeltemal saam met jou. Die kort bolt throw en die feit dat die askie so glad is trek my net meer aan
Ek beplan om 'n jag/veldskiet geweer te bou met die aksie. Sal nie langer as 26 duim wees nie met 'n light palma loop
Die plan is nie om 'n Weatherby kaliber weer te bou nie maar eerder iets soos 'n 300WM of iets in dai lyn
Groete
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Ek beplan om 'n jag/veldskiet geweer te bou met die aksie. Sal nie langer as 26 duim wees nie met 'n light palma loop
Die plan is nie om 'n Weatherby kaliber weer te bou nie maar eerder iets soos 'n 300WM of iets in dai lyn
Groete
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: Geweer bou op 'n Wby MkV aksie
Ek besit gewere op verskeie aksies en 'n paar Weatherby Mk V gewere en die aksie is vir n "push feed" waarskynlik een van my gunstelling aksies.
Omdat die sluitnokke so baie is en die slot se deursnee dieselfde is as die sluitnokke is die aksies ongelooflik glad - dit is 'n staaf wat in 'n noupassende pyp beweeg. Dit is ook die rede vir die 54 grade ontsluiting ("bolt lift"). Dit help onder andere ook om teleskope met groot agterste lense steeds laag te kan monteer. Die aksies is ook baie sterk en baie is geskryf oor die toetse wat met die aksies gedoen is; jy kan dit sommer op die internet soek. Hulle voer puik en die magasyn lippe is per kaliber aangepas. Die groot kalibers op die 378 dop (30-378 / 33-378 / 378 / 416 / 460) is "centre feed" magasyne.
Die MkV 9-sluitnok aksie is onnodiglik groot en swaar vir 'n nie-magnumkaliber en selfs vir die kleiner magnums. Ek het nog van die nie-magnum kalibers wat op die groot aksie gebou is. Die 6-sluitnok aksie is puik vir nie-magnum kalibers en die klein "Varmintmaster" aksie uitsonderlik en die geweertjies was eintlik seker die eerste werklike "ultralights" al was hulle met houtkolwe en slegs in 224 Weatherby Magnum en 22-250 beskikbaar. Die gewere is in die VSA, Duitsland (deur Sauer), Japan (deur Howa) en tans weer in die VSA vervaardig.
Daar is Timney snellers beskikbaar vir die MkV, maar my fabriekssnellers is almal aanvaarbaar en is verstelbaar. Kolwe is beskikbaar deur Bell en Carlson en Mc Millan maar is moeilik om in te voer. Verskeie "rails" met 20 MOA taps is beskikbaar. Van die lope is Krieger en Criterion wat deel van die Krieger groep is. Baie van die fabriekslope, uitgelsuit die Accumark, is van baie ligte kontoere a.g.v. die swaar aksie en dit kan die gewere temperamenteel maak vir groepe skiet as hulle nie tussen skote afkoel nie en die kolwe is gepas met opwaarste druk op die punt.
Die Weatherby MkV was een van die eerste gewere om met 'n fabriekswaarborg te kom, aanvanklik van 1.25 MOA met fabrieksammunisie en deesdae 1 MOA.
Die aksie is 'n puik keuse vir 'n baie groot kaliber en is ontwerp om die groot deursnee doppe te hanteer - aanvanklik omdat die 378 Weatherby Magnum 'n huis moes kry. Die eerstes is terloops op die Schultz en Larsen aksies gebou en 'n mens kan ook van die ontwerp eienskappe van die S&L in die MkV raaksien. Die ander magnums is aanvanklik op FN-Mauser aksies gebou. Die MkV is in 1957 vrygestel en bly tot vandag toe 'n uitsonderlike ontwerp.
Lees gerus van die "posts" van J E Custom op Longrangehunting.com as jy meer wil weet van akkurate gewere bou op die MkV. Hier is net 'n voorbeeld van 'n draad daar - https://www.longrangehunting.com/thread ... st-1687239 . Die aksie hanteer die 3-kontoer lope op die Accumark en die 4-kontoer op die 460 sonder probleme. My Accumark in 270 op die 6-sluitnok aksie skiet 0.5 MOA. Die beskikbaarheid van "after market accessories" is nie soos die Rem 700 bv. nie maar ek sou nie huiwer om 'n geweer op 'n MkV te bou nie.