S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Die van julle wat ook op Gunsite is het moontlik my repliek op die post http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... ents/page4 gesien.
Ek wil graag jul menings hoor oor die stand van jou S15 wapens wat jy voor die verkryging van jou toegewyde status gekry het. Kan jy nog aansoek doen vir 'n vuurwapen i.t.v. S15 wanneer jy toegewyde status het en besit jy nou almal as S16 klassifikasie.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Gellukig is ek nie op Gunsite nie ,maar as Cockroach so met my praat dan" exterminate" ek hom.

DD
DD
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Oom Driepoot, sover ek verstaan is S15 en S16 onafhanklik van mekaar.
Ek het S15 en S16 lisensies ten spyte van toegewyde status.
Die SAP behoort dit nie makliker te maak nie. Ek kan nie dink dat hulle graag S15 na S16 sal oorskryf of "opgradeer" nie.
Ek het S15 en S16 lisensies ten spyte van toegewyde status.
Die SAP behoort dit nie makliker te maak nie. Ek kan nie dink dat hulle graag S15 na S16 sal oorskryf of "opgradeer" nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Artikel 15.3 noem spesifiek dat jy slegs 4 vuurwapens i.t.v. Artikel 15 mag besit. Sodra jy meer wil verkry moet jy Artikel 16 status verkry = toegewyde status.
Logika seg vir my dat sodra ek my eerste vuurwapen onder Artikel 16 verkry dat Artikel 15 (S15) nie meer van toepassing is nie. Die limiet van 4 geld nie meer nie. Ook nie die beperking op slagdoppe en hoeveelheid ammunisie nie. Nou dat Artikel 15 verval het, hoe kan my wapens dan nog as S15 geklassifiseer word. Ek kan ook meer handwapens koop wat in nood vir self verdeiging gebruik kan word. Die S13 bepaling geld dus ook nie meer nie. Daarom my redenasie dat jy nie meer wapens volgens ander artikels besit nie.
Met hernuwing of nuwe aansoeke moet dit i.t.v. S16 geskied omdat jy as persoon nou die status het en die ander gediskwalifiseer is. Ek moet die week by my DFO gaan 'n draai maak en ek wil hul koppe ook laat zoem met hierdie vraag.
Logika seg vir my dat sodra ek my eerste vuurwapen onder Artikel 16 verkry dat Artikel 15 (S15) nie meer van toepassing is nie. Die limiet van 4 geld nie meer nie. Ook nie die beperking op slagdoppe en hoeveelheid ammunisie nie. Nou dat Artikel 15 verval het, hoe kan my wapens dan nog as S15 geklassifiseer word. Ek kan ook meer handwapens koop wat in nood vir self verdeiging gebruik kan word. Die S13 bepaling geld dus ook nie meer nie. Daarom my redenasie dat jy nie meer wapens volgens ander artikels besit nie.
Met hernuwing of nuwe aansoeke moet dit i.t.v. S16 geskied omdat jy as persoon nou die status het en die ander gediskwalifiseer is. Ek moet die week by my DFO gaan 'n draai maak en ek wil hul koppe ook laat zoem met hierdie vraag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 502
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Goeie dag almal.
Artikel 15 wapens bly Artikel 15 met hernuwing, behawe as jy dit verkies om wapen op artikel 16 te sit.
Groete
Artikel 15 wapens bly Artikel 15 met hernuwing, behawe as jy dit verkies om wapen op artikel 16 te sit.
Groete
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Toegewyde status het nie met die SAP te doen nie. Hulle gee n S.16 lisensie uit wanneer iemand wat daarvoor kwalifiseer, aansoek doen.
Daarom kan ek S.15 of S.16 aansoeke doen, al het ek toegewyde status.
As ek n S.15 aansoek wil doen, laat ek die toegewyde papiere weg of noem dit net terloops.
As ek n S.16 aansoek wil doen kry die SAP die groter pakkie papiere.
S.16 is spesifiek as iemand meer as vier vuurwapens wil besit.
Toegewyde skuts mag nog steeds S.15-vuurwapens hê.
Daarom kan ek S.15 of S.16 aansoeke doen, al het ek toegewyde status.
As ek n S.15 aansoek wil doen, laat ek die toegewyde papiere weg of noem dit net terloops.
As ek n S.16 aansoek wil doen kry die SAP die groter pakkie papiere.
S.16 is spesifiek as iemand meer as vier vuurwapens wil besit.
Toegewyde skuts mag nog steeds S.15-vuurwapens hê.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Artikel 15.3 stipuleer die getal vuurwapens. Het jy meer as dit moet jy toegewyde status hê. Die' status het wel met SAPS en 'n organisasie te doen. S15 is vir maks 4 vuurwapens. Kry jy meer moet jy dit volgens S16 doen.
Indien die SAPS 'n nuwe lisensie vir S15 aan 'n toegewyde persoon met 4 vuurwapens toeken tree hulle volgens my wederregtelik op. Hulle kom nie Artikel 15.3 na nie.
Indien die SAPS 'n nuwe lisensie vir S15 aan 'n toegewyde persoon met 4 vuurwapens toeken tree hulle volgens my wederregtelik op. Hulle kom nie Artikel 15.3 na nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 902
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Ek verstaan die storie so:
Ek het toegewyde status as sport skut. As ek wapens koop met die motiveering vir sport skiet, dan sal ek dit met my toegewyde status doen onder S16.
Ek het nie toegewyde jagter status nie. Sou ek n wapen hernu wat ek slegs gebruik vir jag, dan sou ek hom motiveer slegs vir jag en dus onder S15 hernu.
Die selfde gaan geld vir my hand wapen. Ek weet nie wat n hof gaan beslis, sou dit uikom in n self verdedeging saak dat ek n S16 wapen elke dag saam gedra het vir self verdedeging nie.
So vir my is dit taamlik eenvoudig. Elke wapen in my kluis het n doel. Daardie wapen se motiveering vir sy plek in my kluis en die tipe toegewyde status wat ek het sal bepaal of hy S15/S16 gaan wees.

- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Kerels die wet is duidelik (en dubbelsinnig). As iemand geen toegewyde status het nie is dit 1 Art 13 wapen en 3 Art 15 (Art 15(3)(a)). Of 4 Art 15 wapens (Art 15(3)(b)).
As jy daarna toegewyde status kry verander jou Art 15 lisensies nie na Art 16 toe nie. Daar is geen melding daarvan in die wet nie. Intendeel die wet is baie duidelik en bepaal dat die tipe lisensie gepaard gaan met die vuurwapen, nie al jou vuurwapens nie.
Maar dan die dubbelsinningheid - regulasie 74 van die Vuurwapenwet lees "The holder of a licence to possess a firearm, other than a dedicated hunter or dedicated sports person, who wishes to possess an excess of 2400 primers or, for a firearm of which he or she holds a licence in excess of 200 cartridges...res gaan oor aansoek vir meer as 200+ as jy nie Dedicate is nie".
Ek weet van handelaars wat aan jou 200+ sal verkoop op 'n Art 15 lisensie as jy 'n ander Art 16 lisensie kan toon "want dit is mos aan die persoon toegeken die toegwyde status" . Maar in my opinie is die korrekte interpretasie van Reg 74 dat dit eintlik op lisensie moet wees en nie persoon nie want as jy deduicated status verloor, verloor jy ook eintlik jou lisensie daarvolgens.
Maar dit (die wet) behoort in my opinie eintlik andersom te wees dat as hy toegewyd is dat dit jy al die voordele het van toegewyd self op ander soos wat party wapen handelaars dit doen.
As iemand net lisensies het onder Art 16 en dan aansoek doen onder Art 15 sou ek nie se die Polisie tree verkeerd op nie. Die wet maak voorsiening daarvoor, maar ek weet nie rerig wat die voordeel sou wees om Art 15 te doen as jy reeds dedicated is nie, behalwe vir risiko om dedicated status te verloor en dan jou lisensie. Art 15 het geen so bepaling nie

Last edited by saswart on Mon Mar 02, 2020 10:26 am, edited 1 time in total.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Kan ek dalk vra waarom mens 'n lisensie itv Art 15 wil hê as jy wel oor toegewyde status beskik? Want ek sukkel om enige voordele daarvan te sien?
Aim small, miss small
- Xplicitly
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Ek weet wat die tendens is by die DFO's, maar ek verstaan ook wat Oom Tripod probeer uitwys.
Indien ek S16 Toegewyde Jagter Status verkry, hoe kan ek met die een roer dan nou toegewyde jagter wees, maar met die ander roer is ek net 'n geleentheidsjagter? Jy is óf die een óf die ander, is dit nie?
Sent from my SM-G965F using Tapatalk

.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Ek dink dit gaan dalk oor die risiko wat jy loop as jy om een of ander rede nie nou toegewyde status behou nie. Indien jy nie meer kwalifiseer vir jou Art 16 wapens nie wat dan? Hoe gemaak met jou wapens as almal wys Art 16? Sou ek n paar kies om op Art 15 te hou en die res op Art 16 voel dit vir my dat die wat volgens Art 15 aansoek voor gedoen is dan veilig is maar die wat volgens Art 16 is nie so veilig is nie?...Eugene wrote: Mon Mar 02, 2020 10:19 am Kan ek dalk vra waarom mens 'n lisensie itv Art 15 wil hê as jy wel oor toegewyde status beskik? Want ek sukkel om enige voordele daarvan te sien?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Indien jy jou status verloor moet jy verminder tot 4 vuurwapens. Nou hier is waar dit interessant raak. Gestel jy het al jou ou S15 wapens verkoop. Nou moet jy S16 verkoop om by 4 uit te kom. Daardie wapens kan nie bly by S16 nie en moet terugval na S15. Dit is waaroor my betoog nog die heeltyd gaan. Logiese afleiding dat S15 verval as jy S16 status verwerf en dieselfde as jy dit verloor. Die wet bepaal dit volgens my in die 2 artikels.sPRINGHAAS wrote: Tue Mar 03, 2020 9:54 amEk dink dit gaan dalk oor die risiko wat jy loop as jy om een of ander rede nie nou toegewyde status behou nie. Indien jy nie meer kwalifiseer vir jou Art 16 wapens nie wat dan? Hoe gemaak met jou wapens as almal wys Art 16? Sou ek n paar kies om op Art 15 te hou en die res op Art 16 voel dit vir my dat die wat volgens Art 15 aansoek voor gedoen is dan veilig is maar die wat volgens Art 16 is nie so veilig is nie?...Eugene wrote: Mon Mar 02, 2020 10:19 am Kan ek dalk vra waarom mens 'n lisensie itv Art 15 wil hê as jy wel oor toegewyde status beskik? Want ek sukkel om enige voordele daarvan te sien?![]()
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Oom Marius, ek verstaan wat oom bedoel. Hierdie is maar net nog een van die gevalle waar die wet swak omskryf en nog swakker toegepas word. Inderwaarheid, word die persoon se status verander na Toegewyd en nie die lisensie nie, maar die lisensie word nou in terme van Art 16 toegestaan en nie meer in terme van Artikel 15 nie, aangesien die aansoeker oor toegewyde status beskik. Die probleem wat ek voorsien, is dat in terme van Artikel 15, mag jy net oor 4 wapens beskik. As jy dus reeds oor bv 12 wapens beskik, gaan die CFR jou nie toelaat om 'n 13de wapen in terme van Artikel 15 te lisensieer nie.... Hulle houding gaan waarskynlik wees dat as jy oor toegewyde status beskik, jy in terme van Art 16 MOET aansoek doen, aangesien jy reeds meer as 4 wapens het en ek glo hulle gaan bloot die aantal wapens "tel" en nie hoeveel in terme van art 15 of 16 toegestaan is nie...tripodmvr wrote: Tue Mar 03, 2020 11:57 am Indien jy jou status verloor moet jy verminder tot 4 vuurwapens. Nou hier is waar dit interessant raak. Gestel jy het al jou ou S15 wapens verkoop. Nou moet jy S16 verkoop om by 4 uit te kom. Daardie wapens kan nie bly by S16 nie en moet terugval na S15. Dit is waaroor my betoog nog die heeltyd gaan. Logiese afleiding dat S15 verval as jy S16 status verwerf en dieselfde as jy dit verloor. Die wet bepaal dit volgens my in die 2 artikels.
Ek wil ook darem net noem dat dit maklik is om toegewyde status te behou. Jy moet basies net 3 keer per jaar aan 'n skietverwante aktiwiteit deelneem en as daar 'n goeie rede is, soos oorsee gewerk of siekte, kan jy vir 'n jaar oorgesien word. Deesdae, met SA JAgters en CHASA wat ook ander liggame se aktiwiteite erken, is dit regtig nie moeilik nie.
Aim small, miss small
-
Fano
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
'n Bykomde factor om in ag te neem is dat nuwe aansoeke Pretoria toe gaan en hernuwings in die provinsies gedoen word. Ek het intussen agtergekom dat nie alle provinsies dieselfde reels/standaarde volg nie.
In die Vrystaat word dit vereis dat mens jou competency hernu elke keer as jy 'n S13 lisensie hernu al het jy ander lisensies wat nog vir jare geldig is.
Ek het in 2015 aansoeke vir nuwe S16 pistool en hernuwing van S13 pistool gelyktydig ingedien. Die S16 is goedgekeur (Pta) en 'n week later is die S13 afgekeur (Bfn) en ek moes my competency hernu voordat dit goedgekeur is.
Ek is toegewyde sportskut by Sapsa vir IPSC (pistool) skiet. Ek het 8 jaar gelede 'n 243 gekoop en reggekry om onder S16 te lisensieer basies net met motivering dat ek aan groepering skiet kompetisies (gaan) deelneem en brief van my klub aangeheg dat ons klub dit aanbied.
Intussen het ek nog 'n paar S16 pistole aangeskaf en met nuwe aansoeke word nou vereis dat jy bewys van sport liggaam aanheg dat jy opbetaalde lid is, dat jy toegewyde status het en dat die vuurwapen geskik is vir die tipe skiet wat deur die sportliggaam onderskryf word.
Ek moet volgende jaar die 243 se lisensie hernu en kan nie sien hoe ek dit gaan regkry met Sapsa/IPSC toegewyde status nie. Het Bfn gebel en aanbeveling was dat ek dit herlisensieer na S15 toe (ek het 2 ander S15 lisensies ook) - klink dit of dit sin maak?
een wat ek einde van die jaar moet hernu

Quicker
- Jr. Member

- Posts: 93
- Joined: Tue Jul 16, 2019 11:23 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Natshoot! Dis wat jy moet doen…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S15 en S16 : Verander S15 wapens wanneer jy toegewyde status kry
Natshoot is nie die enigste organisasie wat soiets bied nie. Daar is baie ander.
SA Jagters het afgeskop met toegewyde status en is gevolg deur die ander.
Ek het beide statusse deur SA jagters en was reeds "legit" alvorens die voetklampe aangesit is. Tradisie is belangrink en in September vanjaar is ek 25 jaar al 'n lid. Ek mis nou ons skiete waar ons as vriende saamgesels en deelneem aan die aktiwiteite. Jag saam met jou pelle is grootliks sosiaal en net so met ons byeenkomste.
Ek is bly dat ek vrywilliglik aangesluit het en vir wat ek geleer het oor die natuur en vuurwapens uit formele sowel as praktiese kennis wat SA Jagters bied.
Hierdie S15/S16 bespreking volg juis uit dit wat ek al ervaar en geleer het.