Hoop almal is nog gevrywaar van die Corona virus en bly gesond!!
Hier teen die Weskus op is die Ratels redelik volop, man hoor gereeld van manne wat probleme met hulle optel.
Volgens wat ek verstaan is dit die borsbeen en vet daarom asook die kakebeen saam met die uiers en ongebore lammers wat gevreet word.
Die manne stel maar diep sterk hokke en self ysters om hulle te bekamp. Een man hier by ons praat nou van omtrent 20 ooie wat net die afgelope twee maande by hom op die manier van kant gemaak is!!
Dit bring my by die vraag die manne kan redelik in die sand spoor sny en kry gereeld die leplekke meestal gate soos ek verstaan en stel dan hokke en ysters.
Die man wat so baie ooie al verloor het het nou met een te doen wat rondom ysters en hokke beweeg, het een van julle dalk 'n plan wat man kan maak om 'n ander metode te probeer om van hulle ontslae te raak?
Sal bly wees as iemand raad het, sodat ek dit aan hom kan oorhaal. Met die droogte, het die arme veeboere hier rond nie nog sulke moeilikheid ook nog nodig nie!!!
Groete uit die Namakwaland!!
Dankie
Francois Hugo
