Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het nooit gedink ek sal nog 'n Manchester Orchestra aanhanger hier raakloop nie, van alle plekke. Ek geniet hulle musiek verskriklik baie, Simple Math is een van my "all-time favourites".
Edit: Simple Man is een van daai liedjies wat met my siel gesels, en SHINEDOWN se weergawe is genuinely baie goed!
Ekt eenvoudige smaak, maar hierdie draad het my laat besef hoe uiteenlopende smaak ons almal het (selfs met kalibers) en hoe klein verskeidenheid ek persoonlik eintlik na luister. Hiers so baie (wat julle al geplaas het) wat ek glad nie eens van weet nie. DD se smaak het my laat regop (LOL) sit en oom PWV se Alan Jackson song is vir my ook mooi.
Jan Blohm se Groen Trui, Breyten se Brief, Ruby, Jenny
Gian Groen se Vier Seisoene Kind
Theuns se Sal Jy Bly, Net Voor Die Storms Kom, Namibsroos, Roeper van my Hart
As jy n oor het vir doedelsak musiek is Highland Cathedral een van die mooiste musiekstukke om na te luister!
Hierdie uitvoering tydens n militêre Tatoo is indrukwekkend - luister die hele video. https://youtu.be/Yj_3scEyVoI
Viking wrote: Sun May 17, 2020 8:41 am
As jy n oor het vir doedelsak musiek is Highland Cathedral een van die mooiste musiekstukke om na te luister!
Hierdie uitvoering tydens n militêre Tatoo is indrukwekkend - luister die hele video. https://youtu.be/Yj_3scEyVoI
Het die voorreg gehad om sedert 1977 deel te wees van n burgermag eenheid met n doedelsak orkes - nou nog met jaarlikse herdenking parade speel die manne vir jou n knop in die keel.
https://www.youtube.com/watch?v=eke3l8Tmqdc
Jis manne, wie van julle het al die vid gekyk en liedjie geluister...?
Hel amper verlang ek terug, beste 2 jaar wat ek nie oor wil he nie...
Ek dink bok het die herinneringe goed gestand gedoen met die lied en vid.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD