Ek het n nuwe 243 Howa varmint gekoop. By die huis het ek met my teslong bore scope in die loop gekyk en tot my verassing was di e loop erg vuil. Carbon en koper stroke! Ek het al gehoor die gewere word ge toets vuur by die fabriek maar was nie heeltemal oortuig nie. Weet enige iemand of dit wel so is.
Ek het die loop baie goed skoongemaak met carbon en koper middels asook forrest bore foam wat soos swart teer uitgekom het. N hele paar ure later het ek weer die skoon loop ondersoek en ek kan sien die loop is nuut. Geen firecraking en hier en daar bietjie tooling merke maar loop lyk heel goed vir n fabrieksloop. Enige iemand wat al dieselfde ondervind het?
Nuwe Howa 243 vuil loop
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Nuwe Howa 243 vuil loop
Ek het jaaare terug presies dieselfde met my dukloop Howa 243 ondervind.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Nuwe Howa 243 vuil loop
Was die geweer nog in sy plastieksak binne-in die boks toegedraai?
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Nuwe Howa 243 vuil loop
Selfs Victrix kompetiesie Gewere kom met vuil loop hier aan.
Hulle word getoets vuur, my tikka sporter was dieselfde.
Hulle word getoets vuur, my tikka sporter was dieselfde.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Nuwe Howa 243 vuil loop
Daar is n groot verskil tussen n toetsskoot in die fabriek en n handelaar wat met nuwe gewere skiet, en hulle dan verkoop. Ek dink nie dit is billik nie.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Nuwe Howa 243 vuil loop
As jy 'n CZ koop dan is die fabriek se toetsvuur teiken van 3 skote saam in die geweer se boks.Eight wrote:Ek het al gehoor die gewere word ge toets vuur by die fabriek maar was nie heeltemal oortuig nie. Weet enige iemand of dit wel so is.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Nuwe Howa 243 vuil loop
Ek het al die vraag hier gevra, wat word van die gewere wat so in tydskrifte getoets word. Van die toetsers skryf dat die geweer nog mooi skiet selfs nadat die loop vuurwarm geskiet is. Nou ek sien nerens "demo" gewere te koop nie.
- RabieL
- Full Member

- Posts: 161
- Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am
Re: Nuwe Howa 243 vuil loop
Sover ek verstaan, die handelaars sal ook beter kan bydrae, maarbelke geweer wat land in kom moet ook eers by die proefhuis geskiet word voordat dit nog op n handelaar se rak beland. Daardie lading is ook nogal vuurwarm ook. So die kanse dat elke nuwe geweer reeds ten minste 6 skote deur hom het is bitter goed.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Nuwe Howa 243 vuil loop
Word elke vuurwapen wat inkom getoets skiet, hoe word ammunisie verkry vir die meer eksotiese kalibers en waar word dit gedoen en deur wie?RabieL wrote: Sun May 17, 2020 6:51 pm Sover ek verstaan, die handelaars sal ook beter kan bydrae, maarbelke geweer wat land in kom moet ook eers by die proefhuis geskiet word voordat dit nog op n handelaar se rak beland. Daardie lading is ook nogal vuurwarm ook. So die kanse dat elke nuwe geweer reeds ten minste 6 skote deur hom het is bitter goed.
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Nuwe Howa 243 vuil loop
Die sabs toets lank nie meer alle wapens nie. Totale verval daai kant