Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek deel graag hierdie baie besonderse gebed met julle almal, wat vandag vanaf 'n onbekende skrywer by my uitkom, juis in hierdie tyd wat die Coranavirus dreig om ons almal op moedeloos se vlakte aan onsself oor te laat.
Gebed:
Vader God in die Almagtige Naam van Jesus.
Ek vra en verklaar genesing regoor die land en wêreld.
Ons staan en vertrou op U beloftes.
Deur U wonde het daar vir ons genesing gekom.
Raak die gedagtes en harte van ons leiers aan.
Ek vra nederig dat U wil geskied.
Ek bid 'n spesiale seën oor diegene wat hierdie gebed lees.
Ek verkaar oorwinning in Jesus Naam.
Alles sodat U naam verheerlik sal word want U is ons Almagtige God!
Amen.
Let op die volgende sinne se baie sterk bewoording:
Ek vra en verklaar genesing ...
Ons staan en vertrou op U beloftes.
Deur U wonde ...
Ek verklaar oorwinning ...
Ek vra nederig dat U wil geskied.
Dít alles omdat ons weet dat God ons nooit sal verlaat of in die steek laat nie. (Hebr. 13:5)
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams. We are honest, trustworthy and reliable.