Bees jag

Post Reply
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Bees jag

Post by knipmes »

Noudat ek baie tyd het om oor jag dinge te dink:
Sal graag wil hoor oor ander se ondervindinge waar beeste wat wild geword het gejag is
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Bees jag

Post by DWB »

Hulle was nou nie wild nie, maar ek het op ñ stadium gehelp om ñ paar te skiet wat by ñ abbatoir uitgebreek het. Paar van hulle was in vol charge en een op my pel se agterent soos hy hom jaag, was pret! So knorrige bees vat nie nonsens nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Bees jag

Post by OosKaapJagter »

Ongelukkig kon ek nie deel in hierdie pret nie, maar moet staatmaak op oorlewering. My oorlede skoonpa het vertel van 'n buurplaas met Brahmane wat deur 'n swart buurvrou gekoop is. Die dag toe sy die Brahmane wou verkoop, vind hulle toe die Brahmane het vas geglo hulle is elande. Die plaas is ook bergagtig, so die boere wat gaan help jag het, het 'n behoorlike jagondervinding gehad.
Die snaaksste deel was die een ou wat sy 375 wou toets, want hy wou nog 'n buffel gaan skiet. Swak skootplasing by so wilde bees het dieselfde effek as op 'n wilde dier. Soos ek verstaan het, het die bees nie eintlik gehardloop na die eerste skoot nie, maar telkemale opgestaan na elke skoot. Die man was so ontnugter dat hy toe nooit sy buffel gaan skiet het nie.
User avatar
Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Fri Jul 13, 2018 8:17 am

Re: Bees jag

Post by Alberts »

Toe ek nou Bees jag lees het daar goeie herineringe by my op gekom.

Ek het al twee gejag, as daai Bees eers mooi wild geword het is hy wilder as 'n wildsbok.

Dit was van my beste stap jagte gewees. Een moes ek die boer se. 303 gebruik. En die ander een kon ek met my Pa se 9,3X62 uithaal. Ek onthou nog daai ewig durende tydperk van dat die skoot geklap het tot hy sy teiken tref op sy kop..

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Bees jag

Post by knipmes »

Ja! Beeste soos ander diere byv honde, openbaar soms eienaardige gedrag. Ons het eenkeer moes help om beeste van een kamp na n ander te skuif. Ons het ente uitmekaar in n ry gestaan naby n hek waar die beeste ingejaag moes word. Dit was veld beeste wat nie aldag hanteer is nie en die een koei het een van die manne Louis, elke keer uitgesoek en hom gejaag Sy het haar nie aan die ander manne gesteur nie. Behalwe van n paar keer oor bosse val ens, is Louis darem nie beseer nie. Ook lekker gelag oor hoe rats n man kan word as hy moet!
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: Bees jag

Post by RevA »

As jou skoot plasing nie baie goed op 'n kopskoot is, of jou punte nie genoeg penetreer nie, kan hulle nogal kwaai raak...

Hanteer dit soos buffel jag.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Bees jag

Post by Pvdw »

knipmes wrote: Sun Apr 05, 2020 5:47 am Noudat ek baie tyd het om oor jag dinge te dink:
Sal graag wil hoor oor ander se ondervindinge waar beeste wat wild geword het gejag is
Knipmes op die einste forum was daar so paar jaar terug groot beesjag in die Vrystaat gewees. Die manne het groot gegaan en sommige het dit baie geniet maar ander manne het bietjie sleg daarvan afgekom a.g.v logistieke wat nie reg was nie.

Kort antwoord is ja, jy kan bees jag. Hulle word wilder as wat enige bok kan word.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Bees jag

Post by JPS »

soos Peet se het paar manne paar jaar terug hoer op forum dit gedoen.

dink amper Junglejulian het dit frreel daai tyd. kan dalk verkeerd wees.

almal wat dit gedoen het sover ek kan onthou het dit geniet soos jag van bokke.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bees jag

Post by Geno »

Stan Man het dit gereel destyds

viewtopic.php?f=93&t=30159
Goed, beter, 6millimeter!
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Bees jag

Post by Dewitt »

Ons het hier in Williston op 'n plaas vir so 2 jaar agter mekaar Nguni's gejag wat wild geword het in die berge. Dit was maar voorsit met werkers wat hul in ons rigting druk. Hulle het nooit gestaan en moes maar in die hardloop geskiet word. Die grootste probleem was om hul uit daai klippe te dra na die skiet. Daar het seker so 2 of 3 oorgebly, maar hul het nou tydens die droogte gevrek, so ons beesjag is ook toe op 'n end.
Post Reply