338 Lapua lading hulp asb

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Arnold »

Wouter (en die ander manne wat teen die verstelling van die Wf is), die probleem met die standaard WF is die druk en spesifiek die drukkurwe. Omdat die drukkurwe nie reg is nie moet die ouens die heeltyd die Ba aanpas soos die lading verander. Hierdie is nie reg nie nie want die Ba waarde moet konstant bly en is 'n coefficient van 'n nie-linieere kurwe wat in ag neem dat die tempo van verbranding verander met druk.

So as jy nou mooi 'n spoed ladder geskiet het is dit moontlik om die WF te verstel saam met die Ba sodat jou voorspelde spoed baie naby ooreenstem vir elke lading wat geskiet is sonder dat jy konstant die Ba moet aanpas.

Om net die Ba aan te pas kan vir jou die regte resultaat of minstens baie naby aan die regte resultaat lewer as jy naby aan die node kalibreer. So om te se dat QL se WF reg is is verkeerd want al wat dit is is 'n verstekwaarde soos die Ba van die dryfmiddel. Ek kan dan ook vra hoekom word slegs die Ba aangepas en nie ook die ratio of specific heats nie want dit speel ook 'n groot rol in die berekeninge.

So ja, om die WF te verstel, as jy nie weet wat jy doen, is gevaarlik maar om te herlaai is elkgeval gevaarlik. Daarom as jy nie weet wat jy doen nie stem ek saam dat jy bly by die handleidings maar moenie se iets is verkeerd omdat dit nie jou manier van doen is nie. Dan vir so ou laaste ene en dit is dat jou WF ook verander met koeelgewig en dit is nie jou dryfmiddel se karakterestieke wat verander nie ;)


Dit sal interessant wees om te weet wat die ladings was wat geskiet was toe die TRGs kaboom gemaak het maar ek dink die voorbeeld is bietjie uit konteks want ons het nie die details nie. Net so weet ek ook van manne wat 'n 300gr teen 2750fps uit relatiewe kort lope geskiet het met s385 ... wat nie veilig haalbaar is nie maar met die ingevoerde poeiers is dit moontlik.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Andre308 »

Arnold, ek wou nou sê dit is seker n ding van die Kaap se mense en nou dat Francois Vogel hier bly, nou mik hy ook so.

Maar nee, die ding het sy ontstaan noord van die Oranje rivier deur oom Kassie en Pierre wat so bietjie meer huiswerk in die verband gedoen het.

Nou kom ek stel ding so in perspektief. Ek sal nie links en regs vir mense ladings uitwerk op QL of GRT nie. Die risiko bly altyd daar dat iemand met n klomp steke in sy grill by jou gaan opdaag en sê...jy het gese dit is reg. Mense weet dan nooit wat werklik gebeur het tydens die herlaai van die patrone of tydens die maak van die wapen wat moontlik dit kon veroorsaak het nie en ek wil nie sulke dinge in my gewete he nie. (Soos bv n paar swak vervaardigde Sako TRG gunne....met komplimente aan Cappie😂)

So vir die manne soos Dale en oom Driepoot wat help met ladings...ek dink dit is alles goed, braaf en riskant. Ek kan verstaan as hulle dan die veilige metode probeer volg deur nie sekere waardes aan te pas nie.

Nou dat ek verduidelik dat ek daardie aspek van versigtig verstaan...dit maak nie die berekening korrek nie. Hierdie is ongelukkig so naby aan Rocket Science soos wat ons kan kry, en ons verstaan nognie alles nie. Ek is iemand wat in die ingeneurs wereld werk en my geaartheid is om te strewe na beter en meer akurate berekeninge, kennis en begrip....dus my vrae en stellings ook oor hierdie onderwerp.

Hoop julle almal bly gesond deur hierdie 21 dae.
Groete
Andre
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Wouter Roets »

Arnold

Ek is glad nie daarteen om aan die WF te stel nie. Al wat ek se is dat jy net daaraan kan stel as jy die regte informasie het. Ek was bevoorreg genoeg om al informasie van gemete druktoetse van Somchem te ontvang waar dopkapasiteit, doplengte en sprong na die lande voorsien was en daarmee kon ek toe verstellings aan die WF doen om alles te korrelleer. Destyds met Ludwig se geweer kon ons ook suksesvol aan die WF stel deurdat dit te laat korrelleer met sy sorgvuldige ladder test uitslae tesame met sy spoedlesings. Probleem spesifiek hiermee was dat ek tot vandag toe nie weet of die drukvoorspellings akkuraat was nie. Die feit bly staan dat n mens spoed nodig het en dan een van die volgende twee goed nl druk of groepering nodes alvorens jy aan die WF kan stel. Daarna kan n mens vir daai spesifieke wapen die nuwe WF gebruik vir jou volgende berekeninge. So terloops in nie een van die gevalle waarmee ek te doen gehad het het die WF noemenswaardig verskil van die default waarde nie. As ek reg onthou was dit in die ergste geval 0.07.

Andre die tabel wat Pierre opgetrek het en wat Cassie ook nou gebruik is gebasseer op n 308 Win wat dien as basis (0,5)en dan overbore rondtes wat se WF waardes verminder en underbore rondtes wat dan vermeerder. Ek stem met dit glad nie saam nie, want dit is nie gebasseer op werklik gemete data nie. Verder besef mense weereens nie wat WF werklik is nie en dat die ontwerpers van QL in n mate verkeerdelike woorde gebruik het. WF is n effieciency skaal daar vir kalibrasie doeleindes en hierdie is teenstrydig met wat in die praktyk gebeur met veral rondtes wat overbore is. Hulle is verseker nie meer efficient nie, in teendeel is dit die teenoorgestelde. So om hierdie waardes willy nilly te wil gebruik aan die begin omdat dit vir sekere mense meer sin maak maak dit verseker nie meer korrek nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Arnold »

Uit die QL manual ...
Weighing factor:
# Input, represents energy losses from friction, heating and gas leakage;
(Default is an estimated value based upon consideration of various cartridge parameters.)
Most data records contain a 0.5. This means that 50% of the propellant mass is considered to move with the bullet. For typical cartridges, this is a good figure with which to work, so long as nothing better is available. Refer to the associated Bubble-help (tool tip) window for more information.
Wouter, soos jy Weighting factor verduidelik en dit wat in die manual staan lees ek dat jy dit bietjie anders verstaan/intrepeteur as voorgestel?

Net soos jy voorstel dat om die waardes willy nilly gebruik minder korrek is kan ons seker dieselfde kommentaar lewer dat as jy weet wat aangaan en die waarde ignoreer maak jy 'n fout?

Groete van die Rasper Image
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by tripodmvr »

Hier is die raad van Chris Long en dit volg die aanbevelings van die skepper van QL. Prakties het ons bewys dat die aanpassing van die BRF werk. Ek breek nie my kop daaroor om dit verkeerd te bewys nie en dinge soos die WF en andere te verander nie. Jy kan of die BRF of die RoSH verander - jou keuse, maar beide gee ook iets naby aan dieselfde met slegs die BRF verstelling. Cassie se formules het dit getoon. Ek soek die maklikste en VEILIGSTE roete na 'n oplossing vir ladingontwikkeling.

Read the Summary below and the original paper before trying this technique

Barrel lengths are measured from the bolt face to the muzzle crown
For best accuracy with QuickLoad, measure your fired case volume in grains of H2O and use this value in QuickLoad
For best accuracy with QuickLoad, use the actual load round overall length in QuickLoad
Calibrate QuickLoad to match your range measured velocity data by changing the burning rate factor (Ba) and the bullet weight
Adjust load until QuickLoad velocity for desired OBT is reached
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Pinkes »

So...het die man al reggekom..??? :police:
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Alwin »

My bendering tot die gebruik van QL vir die 338LM is as volg:

Kry gepubliseerde laadata wat in 'n loop met drukmeet-apparaat ontwikkel is. Somchem/Rm se data is 'n tipiese voorbeeld.
Modelleer Somchem se toetsladings op QL met al die Somchem data.
Kyk watse druk voorspel QL. Ek wed jou die maks lading se druk word iewers tussen 75000 en 80000PSI geskat.
Indien dit die korrekte druk is, is Somchem se toesapparaat gevaarlik defektief. Ek dink ons kan met redelike sekerheid aanvaar dat die druk wel binne veilige perke is. Die afwyking is dus te wyte aan die QL model se opstelling en aannames wat daarin gemaak word.
Hoe jy jou QL parameters gaan manipuleer om by die korrekte drukvoorspelling uit te kom is waarskynlik iets wat nog lank bespreek gaan word. (Sien hierbo.) Ongeag wat jy gaan doen om die voorspelde druk reg te stel, hou in gedagte dat die parameters gaan verander sodra jy enige van jou komponente gaan verander. Jy is dus besig om die QL voorspelling te ekstrapoleer en daar is geen manier om die akkuraatheid te verifieer nie. Dit kan gevaarlik raak.
Doen dus wat nodig is om jou QL model aan te pas sodat hy beter werk, maar bly steeds binne die gepubliseerde laaidata spoedgrense, soos aangepas vir jou looplengte.

Nodespoed is baie belangrik vir dun lope wat baie "flex" het. Hoe dikker die loop, hoe minder effek het akkurate nodes en nodespoed op presisie. Gewoonlik het 338LM gewere dikkerige lope. Ek stem dus saam met Arnold dat jy beter gaan doen met 'n "ladder test" as met QL se teoretiese voorspellings, al is die model aangepas.

QL is 'n uiters nuttige hulpmiddel, maar die model kan nooit al die moontlike veranderlikes in die korrekte verhoudings in ag neem vir elke liewe kaliber en geweer onder die son nie. Wees dus maar versigtig en moenie die program met die Bybel verwar nie. Lees die waarskuwings op elke bladsy.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by tripodmvr »

LM 338 300 Scenar Node 6.png
LM 338 300 Scenar S385 Node 6.png
Twee berekeninge op QL met data vanaf Lapua, Vihtavuori en Somchem.

Lapua - 680mm loop en 820m/s (2690vps) met 300gr Lap Sc (Hier ook N570 gebruik)
Vihta - 700mm loop (27,5dm) en 837m/s maks met 300gr LapSc en N570 (92,4gr)
Somchem - 26 duim loop en 2599vps op maks van 84gr S385

Die drukke bo bereken, kom verbasend naby aan die getoetste ladings !!!!!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Eight »

Dankie almal, baie interessant al die insette van almal aagnaande quickload etc. Sodra ons weer kan gaan skiet sal ek weer terugvoer gee. Een van d goed wat my vriend verkeerd gedoen het was om die chrony slegs 2.5m weg te sit. Hy het egter ook ladings met Vihtavouri N570 geskiet en daai ladings se spoed het ooreengesten met wat quickload gee. Dus die rede hoekom ek nie gedink het dat die chrony die probleem is nie.

Verder wil ek ook by jul hoor wat dink jul t.o.v GRT teenoor quickload. Ek het dieselfde ladings etc op GRT ingevoer v d geweer met N570 en die nodes en druk verskil heelwat teenoor quickload. Met 93.5gr N570 en n spoed van 2740fps. Met quickload pas ek slegs die BA aan om by die spoed uit te kom. GRT het n OBT funksie wat jy jou spoed en bc in sit, hy werk dan spoed uit by die chrony en komputeer dan als om jou die hoeveelheid kruit aan te gee vir die naaste node. Dit wil my voorkom GRT verander noe net die BA om by die werklike spoed uit te kom nie.

GRT maak ook gebruik van half nodes. Wat is jul siening en ervaring aangaande dit?
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Apie »

Eight wrote:Dankie almal, baie interessant al die insette van almal aagnaande quickload etc. Sodra ons weer kan gaan skiet sal ek weer terugvoer gee. Een van d goed wat my vriend verkeerd gedoen het was om die chrony slegs 2.5m weg te sit. Hy het egter ook ladings met Vihtavouri N570 geskiet en daai ladings se spoed het ooreengesten met wat quickload gee. Dus die rede hoekom ek nie gedink het dat die chrony die probleem is nie.

Verder wil ek ook by jul hoor wat dink jul t.o.v GRT teenoor quickload. Ek het dieselfde ladings etc op GRT ingevoer v d geweer met N570 en die nodes en druk verskil heelwat teenoor quickload. Met 93.5gr N570 en n spoed van 2740fps. Met quickload pas ek slegs die BA aan om by die spoed uit te kom. GRT het n OBT funksie wat jy jou spoed en bc in sit, hy werk dan spoed uit by die chrony en komputeer dan als om jou die hoeveelheid kruit aan te gee vir die naaste node. Dit wil my voorkom GRT verander noe net die BA om by die werklike spoed uit te kom nie.

GRT maak ook gebruik van half nodes. Wat is jul siening en ervaring aangaande dit?

Ek nou besig om te laai.

Gaan bietjie my QL met GRT vergelyk in my 6.5x47 wat baie akkuraat is en hopelik die verskille (indien enige sal wys)


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Smitstertjies »

Hierdie is n baie interessante gesprek. Ek is meer in die kamp van moenie aan jou weighting faktor verstel nie. Vir 90% van die gewere waarvoor ek ladings ontwikkel het, moes ek die brandspoed minimaal aanpas om by die werklike gemete spoed uit te kom,............... behalwe met my 338LM.

Daar moes ek N570 se brf vanaf 0.2770 na .3100 aanpas, n hele 12%. En dis gemeet met n labradar. Dis n TRG en hy skiet 300gr Bergers teen 2760fps. Ek gooi 91gr poeier. Volgens QL is ek mooi op die limiet, en hou ek dit maar so. So by die 338's kan die verstelling van die WF moontlik gewig dra, ek weet nie.

Gelukkig weet ek nog nie van n TRG wat opgeblaas het met 300greiners en N570 teen daardie spoed nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Eight »

Smitsterties, ja baie interessant. Ek het dieselfde ervaring met my 338 winmag. Ek skiet n 300gr Berger Elite hunter teen 2617fps op n node met N570. Moes brf na 0.299 verander.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by tripodmvr »

Manne, jul syfers beteken niks as julle nie looplengtes bysit nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Smitstertjies »

27 duim (687mm)
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Francoisv »

tripodmvr wrote:
LM 338 300 Scenar Node 6.png
LM 338 300 Scenar S385 Node 6.png
Twee berekeninge op QL met data vanaf Lapua, Vihtavuori en Somchem.

Lapua - 680mm loop en 820m/s (2690vps) met 300gr Lap Sc (Hier ook N570 gebruik)
Vihta - 700mm loop (27,5dm) en 837m/s maks met 300gr LapSc en N570 (92,4gr)
Somchem - 26 duim loop en 2599vps op maks van 84gr S385

Die drukke bo bereken, kom verbasend naby aan die getoetste ladings !!!!!!
Oom Tripod, ek sien jy gebruik 108gr H2O as dop volume vir die 338LM. Hoe sal dit die eindsyfer beinvloed op die spesifieke berekeninge?

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by tripodmvr »

Daardie is die verstekwaarde - kamergroottes verskil en is gewoonlik groter. Die ladings sal dan net verhoog moet word om dieselfde spoed en druk te kry. N570 se maks met die 300 LapSc is 92,4gr. Ek het 90.6gr gebruik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 338 Lapua lading hulp asb

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Jammer dat ek nou eers iets kom skryf maar met die nuwe dinge in n mens se ewe soos huis skoon maak gaan dinge maar rof en is tyd verseker nie jou eie nie.

Destyds toe Cassie Pierre se WF skaal hier geplaas het het my foon en PM boks gekreun onder die oproepe en boodskappe. Die eerste en grootste probleem was dat ek vir die meeste mense moes verduidelik wat WF nou eintlik doen as jy aan hom verstel. So verskoon my effieciency tool naampie wat ek hom self gegee het, maar dit was en is nog steeds in my oe die beste manier om die funksie te beskryf, veral vir die leuk. Hoe die funksie fisies werk kan ons met die grootste liefde bespreek, maar met die resutaat spesifiek ingedagte dink ek die beskrywing bly nog steeds gepas. Hierdie gesprek het ook al veroorsaak dat die oproepe en boodskappe instroom so ek voel genoodsaak om hier iets verder te kom se.

Ek sal dit weer se en dit is dat n mens deeglik bewus wees wat jy doen alvorens jy aan die WF stel vir die eenvoudige rede dat dit virjou valse druklesings kan geeveral as jy hom afwaarts aanpas. Spoed verhoog en druk verlaag. Dit gaan teen die rule of thumb van interne balistiek. Nou bly die vraag wanneer kan n mens aan die WF verstel, so kom ons praat daaroor.

Die idiaal sal wees as jy al die volgende dinge tot jou beskikking het nl spoed, druk en of n ladder test of OCW test groeperings uitslae. In realitiet sal bitter min van ons ooit al drie hierdie tot ons beskikking he en ek kan jou brief ook gee dat dit bitter moeilik gaan wees om QL te kalibreer om drie hierdie aspekte te slaan op die nommer. Die realistiese uitdaging vir ons is dat jy net twee van drie tot jou beskikking gaan he nl spoed en druk of spoed en groepering. Nou kom ek bieg die kalibrering is nog steeds moeilik want jy moet aan n hele paar aspekte stel en nie net aan jou WF om die somme te laat klop nie. Wat verder gebeur is dat die WF net van toepassing is op daai spesifieke uitslae. Met die uitslae wat ek terug gekry het van Somchem was daar elke keer n bekende koeel met dieselfde komponte geskiet as basis en dan is die nuwe koeel geskiet. Nie n enkele WF was dieselfde vir n kaliber nie, toegegee die verskille was wel baie klein maar nie een keer dieselfde nie.

Nou met spoed en groepering uitslae is waar WF seker vir die meeste mense van toepassing gaan wees. Nou ek wil net iets verder hier noem en dit is spesifiek custom barrels, want dit wat ek en Ludwig se kop laat krap het destyds. Sy Brougton Canred Groofe loop het konstand beter groepering gegee op n spoed wat hoer was as die voorgestelde nodespoed. Ons het toe begin stel aan die WF en kon toe so QL en sy nodespoed uitbring wat hy op die teiken gekry het. Toe hy van koeel verander het het sy WF weer verander, maar weereens nie met baie nie. Die probleem weereens was dat ons ontseker was oor die drukvoorspellings want ons het fisiese druktekens gekry maar QL se drukvoorspelling was nog in die groen.

Nou die vraag hier op die draad was vir hulp en toe het die WF gesprek opgekom. Dale het oorspronklik die spoedlesings bevraagteken en na dese is daar terug gekom en gese dat die kronograaf was op 2,5m opgestel wat verseker met veral iets soos n 338 Lapua en sy muzzleblast lelik kan rondfoeter met jou spoedlesings. Verder het Oom Driepoot n paar berekening met die default WF van QL gedoen van gepubliseerde herlaai data en die uitslae is heel in lyn, so dit dui nie op hierdie staduim dat daar n n wesentlike probleem is nie. Soos ek noem het ek ook al n hele klomp berekeninge vir die 338 Lapua gedoen en tot dusver was die resultate heel goed, bygese die lot van hulle het standaard lope gehad en nie custom lope nie.

So ja WF is daar om gebruik te word met kalibrasie en ek skiet niemand af om dit te doen nie, al wat ek nog die hele tyd se wees net ten volle ingelig en bewus van wat jy doen as jy dit wel wil doen. Verder vra ek ook net dat jy asb moet besin wat jy se en aan beveel hier want dit kan en het n wesentlike inpak op persone wat dalk nie op dieselfde vlak is as jy self nie. Ek kan ook nie anders as om wel mense te vermaan om nie net enige tabelle daarbuite net goedsmoeds te gebruik as vertrekpunt nie.

Soos altyd laai veilig en verder wees veilig in hierdie moeilike tye.

Mooiloop
Wouter
Post Reply