Varkie met .44magnum

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Varkie met .44magnum

Post by Biltong »

Dag almal, hiers bietjie iets anders.
Ek het laasweek die varkie geskiet met die .44 magnum -omtrent 25 tree. Skoot was reg agter die oor.
Ek jag met 265gr monolitiese soliede koper punt teen 1310 fps uit 8" Dan Wesson.

[img width=560 height=420]http://i1230.photobucket.com/albums/ee4 ... 38/071.jpg[/img]
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Varkie met .44magnum

Post by PITSMIT »

biltong jy het nie daai vark geskiet nie jy het hom agter die oor gem@#r met n stuk koper hehehe ;D

pragtig man ek het 357mag met 6" loop en wil nou ook sulke goed doen het nou net my lisensie gekry

vertel bietjie van die walk en stalk om so lekker naby te kom
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Varkie met .44magnum

Post by Hugov »

Baie mooi. Die handwapen jag is iets my nog altyd ge intereseer het.
Tot op watse afstand sal u gemaklik jag?
Groete Hugo
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Gerhard »

Baie netjies...

Soos ek nou verstaan wil hulle hand wapen jag heeltemal onwettig maak....  ???
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Biltong »

pitsmit,

Hiers 'n paar beter fotos.

Die gras was lank en die wind het redelik sterk gewaai. Ek sorg maar net dat ek teen die wind jag anders hoor en ruik die vark jou maklik. Loop stadig en kyk mooi.

Dit was in die middel van die dag en het 'n paar minute voor die sog geskiet is amper bo-op 'n groot beer getrap. Was seker aan die slaap in sy sekelbosnes.

Ek het sover moontlik die blink revolwer probeer toemaak met camo tape.

Hugo, die afstand hang baie af van die omstandighede, maar veral hoe vertroud jy met jou wapen is. As ek kan plat le en skiet (soos in die pad of oop veld) met my dooierus plankie dan is ek gemaklik tot op 100m. Sittend op 'n skietstok sal ek tot op 80 meter skiet en staande op skietstok tot 60m. Uit die hand uit nie verder as 30-40 meter.

[img width=560 height=420]http://i1230.photobucket.com/albums/ee4 ... k44mag.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1230.photobucket.com/albums/ee4 ... 44mag2.jpg[/img]
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by DawieKotze »

Baie netjies en geluk!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Biltong »

Gerhard, tensy ek nie op datum is nie laat die nuwe wetgewing (Norms and Standards) juis toe vir handwapenjag. Volgens hierdie wetgewing mag ek met my huidige kombinasie van 265gr punt tot buffels jag. As ek my 325gr loodpunte laai mag ek wettiglik olifante jag.

Ek mag egter nie met 225gr punte (monolithic solids) teen 2800fps uit my .338wm buffels jag nie. Die 250gr punt teen 2700fps sal toelaatbaar wees vir buffels.

Die norme en standaards laat ook toe dat ek met 'n 255gr punt uit my .45 ACP mag buffels jag -nie dat ek dit sal probeer nie. :o
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Gerhard »

Biltong wrote: Gerhard, tensy ek nie op datum is nie laat die nuwe wetgewing (Norms and Standards) juis toe vir handwapenjag. Volgens hierdie wetgewing mag ek met my huidige kombinasie van 265gr punt tot buffels jag. As ek my 325gr loodpunte laai mag ek wettiglik olifante jag.

Ek mag egter nie met 225gr punte (monolithic solids) teen 2800fps uit my .338wm buffels jag nie. Die 250gr punt teen 2700fps sal toelaatbaar wees vir buffels.

Die norme en standaards laat ook toe dat ek met 'n 255gr punt uit my .45 ACP mag buffels jag -nie dat ek dit sal probeer nie. :o
Hier is die artikel..

http://www.pacificbreeze353.com/newslet ... 52&langu=2
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by BLOUVALKIE »

jho oom dis n potshot daai. 

ek is nog bang vir my pa se 357 maar ek skiet al met sy 9mm CZ  daar is n post by die jongmanne waar ek nog leer skiet

groete
BLOUVALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Biltong »

Hi Gerhard, dankie, ek het die artikel nie voorheen gesien nie - ek dink die opskrif van die artikel skep dalk verwarring.

Dit leemte wat SA Jagters will aanspreek gaan oor die beperkte aanwending van geweerkalikbers/patrone in handwapens in vergelyking met die gewere. Hulle wil die regulasies volgens koelgewingte vir handwapens (veral ligter koelgewigte is daar 'n groot gaping) in lyn bring met die van gewere.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Gerhard »

Biltong wrote: Hi Gerhard, dankie, ek het die artikel nie voorheen gesien nie - ek dink die opskrif van die artikel skep dalk verwarring.

Dit leemte wat SA Jagters will aanspreek gaan oor die beperkte aanwending van geweerkalikbers/patrone in handwapens in vergelyking met die gewere. Hulle wil die regulasies volgens koelgewingte vir handwapens (veral ligter koelgewigte is daar 'n groot gaping) in lyn bring met die van gewere.
Ek weet nie waar hulle aan die norme en standaarde gekom het nie...

Dalk iets gerook voor hulle besluit het wat dit gaan wees.

Jag met n hand wapen is n baie groot uit daaging.

Weereens geluk met die otterjasie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Biltong »

Dankie, Gerhard.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Geno »

Mooi man!
Ek het eendag 'n klient gevat om met sy .44 Taurus (ek dink dis die Raging Bull) te jag. Hy het 2 rooibok ramme  langs mekaar op 15m geskiet, dis bitter lekker!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Dewie
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Dewie »

Halo oom Biltong
Mooi gedoen
Oom het 'n mooi rollie da!!! :o

Dewie
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: Varkie met .44magnum

Post by SmitH »

Mooi gedoen ek het eenkeer ystervark gejag met my 357 mag dit was nogal lekker
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Rasmus »

Lekkerrr man ek moet nog my Rewolwer afstof.....

Kan jy dalk meer oor jou ladings ens. gee asb. Ek het n ruger redhawk met n 7.5" loop met n teleskoop op het ook al twee varke geskiet. Wil nog die jag ding doen.

Fotos van my rewolwer.

[img width=560 height=420]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... 010148.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... 009138.jpg[/img]

Groete

Rasmus
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Biltong »

Rasmus,

My huidige jaglading is die 265gr Cronel soliede monolitiese punt. Ek gerbuik 21gr S265 -dis die maksimum wat ek in die dop kan kry met die lang punt. Die totale patroonlengte is ook baie langer as normaal (45.5mm as ek nou reg onthou) en pas net-net in die kamer/rol van die revolwer. Hierdie lading van my sal slegs werk in die Ruger, Dan Wesson en Freedom arms met ekstra lang kamers.

Ek vind die lading baie akkuraad. Soos jy seker self weet is handwapenjag tien keer moeliker as geweerjag. Ek vind ek moet gereeld oefen, maar ook nie te veel skiet op een dag met swaar ladings nie -dit kou die gewrig van jou skiethand en ook jou selfvertoue.

Ek het op 'n stadium S221 probeer maar die lading het skielik kwaai druktekens gewys hier by 13.5 gr. Met S221 kan jy natuurlik die patroonlengte verminder want die dryfmiddel se digtheid is baie groter.

Ek wil nog Mp200 probeer met die punt.

Watter ladings en punte het jy gebruik vir die jag. 
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Rasmus »

Op die stadium skiet ek nog 245gr SWC loodpunte en Hornady XTP's 240 gr. Hulle loop so in die omgewing van 1400vt/s ek gebruik ook S 265 ook 21gr. Het aanvanklik MP 200 gebruik maar dit is n vuil kruit wat kwaai recoil as jy hom styf laai.

S265 gemaklik op die gewrig.

Ek het ook 160gr Impalas gekry maar nog nie kans gehad om hulle te laai nie. Hulle behoort teen so 1600vt/s te hardloop.

Waar kry jy die Cronel ko?ls?

Ek sal ook nog die Hornady FTX'e wil probeer

http://www.hornady.com/store/44-Cal-.430-225-gr-FTX/

Hierdie een is eintlik vir die .444 Marlin

http://www.hornady.com/store/44-Cal-.43 ... 44-Marlin/

Groete
Last edited by Rasmus on Fri Jul 15, 2011 9:40 am, edited 1 time in total.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Biltong »

Rasmus,

Kyk na www.sashooting.co.za. Ek het 'n paar foutiewe punte gekry in die lotte wat ek bestel het en die afwerking is grof. 'n Vriend van my met 'n ruger redhawk soos joune kon nie regkom met die punte nie -dit was nie akkuraat vir hom nie.

"n Ander opsie is om Kobus van Impala te vra om 'n spesiale lot punte te maak volgens jou ontwerp. Hy behoort maklik 'n 240gr SWC te kan maak. Dit sal egter ook 'n lang punt wees, en die krimp groef sal ver genoeg agter moet wees om genoeg spasie in die dop te los vir die dryfmiddel.

Ek glo natuurlik in soliede swaar punte vir maks penetrasie, eerder as 'n punt wat gaan mushroom. Die kaliber grootte maak reeds 'n groot gat en solank die meplat (voorste plat punt van die koel) groot genoeg is doen dit baie skade. Die meeste SWC ontwerpe is ideaal. Ek het al die 320gr JDJ loodpunt gelaai en as ek eendag my Eland met die .44 aandurf sal ek hom gebruik. Kry ook 1320 fps met 19.5gr S265. Dis egter nie 'n oefenlading vir elke dag gebruik nie.

Ek het al 'n rooibok ram op 55m voor op die bors geskiet met die 265gr punt teen 'n spoed van 1220fps en dit het regdeur gepenetreer, deur die groot maag en agter onder die boudvel vasgesit. Omtrent 1 meter penetrasie.

Groete
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Rasmus »

Hallo Biltong

Ek het toe so paar van daai Impalas gaan laai....... Met 13gr MP 200 hardloop hulle so 1700vt/s recoil heel hanteer baar maar ek sien die primers is ietwat plat....

Sit bietjie n foto op van jou dooierus plankie asb.

Kan jy ook bietjie raad deel met die instel van scope ens. Ek wil myne van voor af instel... Bore sight is ietwat moeilik... ;)

Het ook ladings getoets met S 265 maar die dop raak bietjie vol en die lading sal kwaai kompressed wees. OOrweeg dit om dalk S 221 te probeer.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Biltong »

Rasmus,

Gee bietjie meer inligitng -fotos- van jou jag. Dit klink baie lekker. Hoe ver het jy geskiet en hoe het die skade op die bok gelyk?

1700fps klink baie hoog vir 245gr punt -die Ruger sal dit hanteer -tot op 'n stadium....

Hiers die fotos van my skietplankie -dis maar 'n eenvoudige prinsiep. Jy moet net jou skiethand of revolver greep op die grond ondersteun en die hoogte dan aanpas deur vorentoe of agtertoe te skuif. Hoop dit help. Ek vind om akkuraat te skiet moet jy die revolver elke keer dieslfde vashou -anders skiet jy op 'n ander plek.

Ek het geen nuwe idees oor teleskoop instel nie -ek het weaver mounts maar sien jy het beter mounts waarvan jy die ringe bietjie kan verstel sodat jy die eerste skote op die teiken kan kry.

Wees maar baie versigtig vir S221 -ek was aanvanklik baie optimisties daaroor maar die druk het skielik baie hoog geraak sonder verbetering in die spoed van die projektiel. die dopvulling is nie goed met gewone loodpunte nie. Dis mos eintlik 'n dryfmiddel vir die 38 super of 10mm auto.

Groete

[img width=560 height=420]http://i1230.photobucket.com/albums/ee4 ... lankie.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1230.photobucket.com/albums/ee4 ... ankie2.jpg[/img]
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Rasmus »

Ongelukkig nog nie by jag uitgekom nie..... Net lading ontwikkeling.

Daai lading is met 160gr Impalas geskiet gelukkig nie 245greiners nie. Tans skiet ek so drie duim hoog en regs dis op 25m. Ek wil oor instel en seker maak die scope en bore is mooi gecenter sodat die verstelling op die scope nie heel in n rigting neek nie.

Moet s? daai plankie lyk gaaf!! Dit wil vir my ook voorkom dat ek beter skiet as die onderkant van die rewolwer greep op die grond rus en nie in die lug rondhang nie.

Jy het nie iewers n foto van hoe jy dit doen oor tripod nie?

Ek sal more bietjie fotos van die impalas opsit.

Groete en dankie vir jou raad.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Biltong »

:-[ Ha-ha Rasmus,

Wys jou net hoe vinnig 'n misverstand kan onstaan. Ek dog jy het rooibokke (Impalas) op die bakkie gelaai!! ;D

Dan klink daai lading met die 160greiners nie te erg nie -sal seker lekker plat skiet. Ek sal by die MP200 hou.

As jy jou agterste scope ring regs onder op die basis losdraai en links stywer draai gaan die scope se kruishaar mos na links beweeg sonder om die scope self te verstel.

Ek het 'n kort driepoot vir sit en skiet- ek skiet dan met altwee arms reguit en rug en skouer spiere styf gespan vir stabilityd -moet se ek het baie jare praktiese pistoolskiet gedoen met die .45ACP. Ek het al 'n skietstok gesien wat op die derde poot naaste aan die skut 'n steunpunt het vir die hand of revolwergreep -moet dit nog self probeer.

Rasmus, jy moet oorweeg om aan te sluit by die Handwapenjagtersvereniging -sal baie daar leer- daar is manne wat met handwapens beter skiet as baie manne met gewere. Ongelooflik maar waar. www.handgunhuntersa.com .

Groete
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Varkie met .44magnum

Post by Rasmus »

Biltong

Weereens dankie vir jou antwoorde ek gaan dit bietjie probeer. Ding is net ek vermoed ek is reeds aan die einde van my horisontale verstelling agv van onkunde......... Wil nou weer die scope se verstellings so na as moontlik aan die middelpunt kry en dan divan voor af boresight.

Ek oorweeg dit maar al die verenigings raak maar duur..........
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
Post Reply