Ek het nou noggals iets gesien wat my geskok het! Dis 'n bargain koop, maar net 50 skote in 35 jaar!: Nou my MENING is dat jy nie met gemoedsrus vir SD kan dra as jy minder as 500 rondtes deur die wapen het nie. Jy moet tog die tool leer ken?
Ek praat nou nie van toegewyde sport skiet nie (maar sit dit ook in die pol vir interesantheid), die twee verskil dag en nag. Tensy jy natuurlik met drawapen ook kompetisie skiet wat wonderlik is vir oefening.
Dié wapen in advertensie was beslis net 'n safequeen, want 'n dra wapen verniel, punt. Ek self oefen baie (te min volgens my) maar oefen met wat my begroting toelaat en dis 1000+ rondtes per jaar met sportskiet wapen en 200+ rondtes 'n jaar met EDC wapen, ek wil graag sien die wat dra, hoeveel oefen jy? Ek weet hier is 'n paar manne wat ook baie ernstig is oor handwapen sportskiet en oefen en dus baie, sal graag getalle wil sien. Ek vra mooi vir die stil lede ook almal kan stem asseblief
Groete
Alec


