Bokke wat hardloop??

henti
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon May 10, 2010 9:59 pm

Bokke wat hardloop??

Post by henti »

More manne
Ek wil graag n vraag vra aan die SNIPERS van die forum. Ek lees nerens op jaracal hiervan nie . As n Bok of Bobbejaan in die hardloop geskiet word waar mik julle vanne voor die bok of op die bok ek het nou al n paar YOU tube videos gesien waar die manne so in die hardloop dood val toe wonder ek maar net.

Ek sien uit na die kommentaar van die manne wat kan

Groete Henti
.22 Voere , .22 Hornet Brno , Sako 308 , Baikal 12ga , 1838 hollace and sons voorlaaier , Glock 19 , Winchester 1300
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by .::Alwyn-U::. »

Henti

Ek is nie 'n groot van van hardloop skote nie, ek het dit al slegs gedoen toe die bokke reeds gekwes was.

Wat ek wel vir jou kan se om jou vraag te beantwoord is dat dit is meer 'n geval van instink as wat dit is van beplannig..
Op daai oomblik doen mens se brein al die bewerkings automaties en skoot val waar hy moet.
Let wel mens moet oefen.. is maar so met enige iets..

As ek sou dink, sal ek se daar hang vele goed af van die skoot. Hoe ver? Hoe vinnig hardloop die dier? Watse kaliber?
Jy moet eerstens jou geweer baie goed ken en ook goed afstand kan skat.

Dit is my 2 cent...

Groete
Danie Lombard .243

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Danie Lombard .243 »

Dit kan gedoen word maar daar is baie foute wat verkeerd kan gaan met die een, skiet in die hardloop.

Op bokke jag is dit 'n NO GO!  Moet dit nooit oorweeg nie. Maak nie saak wie of wat jy is of wat jou kennis of ervring is nie, om 'n bok te kwes a.g.v. hastige besluit en in die hardloop te skiet is dom. Tog as die bok naby is en ek praat van baie naby kan dit seker gedoen word. Ek het al 'n gekweste blesbok reg voor my bakkie dood geskiet terwyl hy vol spoed gehardloop het, maar dit was baie-baie naby gewees.

Ek het ook al jakkalse in die hardloop hardloop raak geskiet en al vele op die manier ook mis geskiet. Vra maar vir Jacques Botha, hy sal jou mooi met smaak en detail vertel hoe ek 'n jak in die hardloop kan mis skiet. Sommer so 3 tot 4 op 'n aand.

Ek sal niemand aanraai om dit te oorweeg nie, wat nog te doen.

Danie
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by .::Alwyn-U::. »

Danie ek stem saam met jou! Alle jagters moet so wees..  maar ek dink die man wil weet hoe hulle dit doen en nie hoekom nie

Groete
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Cobus(Cobb) »

.::Alwyn-U::. wrote: Danie ek stem saam met jou! Alle jagters moet so wees..  maar ek dink die man wil weet hoe hulle dit doen en nie hoekom nie
Groete
Kom on s? vark hol 50km/uur dwars voor jou verby so 100m weg...= 0,072 sek per meter wat hy hardloop(moer vinnig ek weet, maar hy't groot geskrik)
Kom ons s? jy skiet 2800ft/sek of 850m/sek ..= .001172 sek vir 1m en 0,1172sek vir 100m
Dit is duidelik dat jy die vark se blad sal mis as jy op die blad mik en skiet...met 0,045 sek...dus moet jy hom "lead" met daai 0,045 sek
Dit is dan met 0,6m.....Dan moet jy ook bietjie in ag neem die windjie, bosse waarby hy verbyhol, punt wat stadiger raak oor afstand, etc etc

Sterkte  ;D ;D
(ps, moet my nie uitk@k oor my wisk  verkeerd is nie....julle kry die idee)
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by .::Alwyn-U::. »

sterkte met daai skoot!!  ;D
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Jaco Swart »

Alwyn

Vergeet daai skoot worry oor sy kinders se wiskunde punt :o :o
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by .::Alwyn-U::. »

hahaha! ;D ;D
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Chris101 »

Henti
Soos Cobb se dit hang af van die hoek waarteen die dier beweeg die afstand en spoed.
ek is nie n wiskundige nie maar so 30 jaar se ondervinding help dam.
Swapo het ook maar selde stilgestaan.
Ek skiet baie op kwesbokke en volstruise wat hardloop of moet eerder se vlug.
Ek probeer uit die staanhouding skiet want jou leed en deurvolg reken ek is n deel van
die sukses.
Ek weier egter om op n jakkie wat beweeg te skiet.

101 groete
Knou die gediertes AF.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Beyers »

Ek is geensins daarvoor dat diere(bokke) wat beweeg geskiet word met jaggewere nie. Maar van haelgweerskiet ondervinding - die geweer moet aanhou beweeg
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by tripodmvr »

Ons het by ons skietdae 'n vlakvark wat op spore loop waarop 3 skote binne 'n sekere skootvak gevuur moet word. Dit leer mens nogal om die bewegende teiken te kan raakskiet. Sekere manne skiet verstommend goed op die oefening. Dit is 'n baie gewilde oefening.

Ek sal gewoonlik slegs sulke skote op lewende diere skiet as die dier reeds gekwes is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Louis Kriel »

Toe ek nou die dag terug kom by die bakkie na ons voorgesit het vir koedoes naby Willomore vra die "man in charge" vir my ewe "Was jy nie lus om 'n koei te skiet nie of wat?" Ek se toe nee ek was lus, maar ek gaan nie skiet as sy nie gaan staan nie. Ek vra hom toe of hy sou geskiet het. "Ja, se hy, as dit 'n bul was beslis!."

Ek los maar die bokke wat hardloop. As hy gaan staan is ek gereed, maar as hy aanhou hardloop, spaar jouself 'n moontlike kwesbok. :angel:

Probleem diere is na myns insiens 'n ander saak. Gooi!
Last edited by Louis Kriel on Mon Jul 25, 2011 10:46 am, edited 1 time in total.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Coenie (Swift) »

Manne ek dink dis deel van eties jagter wees.

Vir myself dit al gedoen op gekweste diere, ongediertes omtrent altyd en goed wat storm, maar vir jag wag maar vir daai mooi skoot
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by BLOK »

+1 Swift

Old trix

Ongelukkig as jy dan daai bul kwes smile hy nog steeds want as die skoot klap moet jy betaal of jy hom laai of nie. Een jaar n klomp jagters uitgevat wat my vertel het hulle het by n plek gejag waar hulle n bok gekwes het, Die plaas eienaar se toe hy soek net n half uur na n bok as hulle hom nie kry nie dan is dit maar verder jag en betaal. Lang storie kort te maak het hulle per toeval die middag na die jag na die ou se huis gery vir iets. Daar aangekom is hulle besig om die kwesbok af te slag. Maw die boer het al die tyd beplan hy sal hom later gaan kry en die ekstra rante mak.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Ponkie »

DirtyOldsix wrote: Toe ek nou die dag terug kom by die bakkie na ons voorgesit het vir koedoes naby Willomore vra die "man in charge" vir my ewe "Was jy nie lus om 'n koei te skiet nie of wat?" Ek se toe nee ek was lus, maar ek gaan nie skiet as sy nie gaan staan nie. Ek vra hom toe of hy sou geskiet het. "Ja, se hy, as dit 'n bul was beslis!."
Dirty

By wie het Oom gejag? Dis mos so in my valley!

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Flip Groenewald
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 313
Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Flip Groenewald »

Die 3 keer wat ek gehelp oes (25-40 bokke) het aan springbokke op sutherland was meestal aan die hol as die eerste een geskiet is dan skiet ons meeste in die hardloop,

Maar ons word half geleer of ingestel deur om n tyre met n wit kol op teen n taamlikke lang koppie af te rol na toe te skiet en dit leer n man nogal taamlik baie van voor die kol mik en wanneer die kol waar gaan wees as jy die sneller trek en dit word als tussen 50-100m gedoen.

Groete
Flippie
308 Howa SS HB
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Bokke wat hardloop??

Post by James Wilson »

ek het ook al bokke in die hardloop probeer skiet, maar ek is heeltemal te onfiks daarvoor ;D

nee ernstig soos Danie243 se los dit maar op die bokke.  ek moet se ek was al baie lus as ek blesbokke skiet en daai simpel ooi begin hardloop voor enige ander bok dit nog oorweeg, dan kom daar so n groot kwaad oor my en kry ek baie lus en skiet haar uit die pad uit.

ek het in 2009 22 of 23 varke op die plaaslikke vee-arts se plaas geskiet. ek het van elke vark n foto geneem die vark geweeg die tyd van die dag maand en so aan om bietjie net n basis van inligting van die varke te probeer kry. ek het dan so elke paar weke die fotos en info vir die vee-arts gevat en dan het ons dit bespreek. aan die einde van die jaar het ek heel toevallig agtergekom dat net een minder as die helfte van die varke maw 10 varke, het ek geskiet terwyl hulle hardloop.  nou as ek jou moet se hoe om dit te doen sal ek nie weet nie. dit verskil van hoe ver die vark is, teen watse hoek hardloop hy en hoe vinnig.  die beste wat ek jou kan se is,  ek kry n gevoel van waar ek moet mik en dan laat waai ek maar.  onthou, ek se nie hier vir jou op hoeveel hardlopende varke het ek geskiet wat heel mis was nie.

hardloop en skiet moet jy maar beperk tot plaagdiere  
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Louis Kriel »

Ponkie wrote:
DirtyOldsix wrote: Toe ek nou die dag terug kom by die bakkie na ons voorgesit het vir koedoes naby Willomore vra die "man in charge" vir my ewe "Was jy nie lus om 'n koei te skiet nie of wat?" Ek se toe nee ek was lus, maar ek gaan nie skiet as sy nie gaan staan nie. Ek vra hom toe of hy sou geskiet het. "Ja, se hy, as dit 'n bul was beslis!."
Dirty

By wie het Oom gejag? Dis mos so in my valley!

Groetnis
Ponkie
Nooitgedacht, Jerrie!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Bokke wat hardloop??

Post by theedge »

My 1c hou ook nie daarvan om ding in die hardloop te skiet nie - amper die nie afrikaanse weergawe van hardloop gebruik.  Klink nie te leker nie.  Elke geleentheid gaan anders wees as jy in die hardloop skiet. Soos reeds genoem ek wil net baie klem le op die volgende as die skoot gaan stop die geweer nie jy volg steeds - soos n golf hou swaai end uit. 
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by DawieKotze »

Jagbehep! wrote: ek het ook al bokke in die hardloop probeer skiet, maar ek is heeltemal te onfiks daarvoor ;D
LOLOL Jagbehep!! ;D ;D Goeie een!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Tiny »

Oom Dirty
Ek het laas jaar by oom Jerrie 'n koei geskiet.. Sy't by my verby gehol (ek het gehelp aanjaag) en ek het net gaan sit, gefluit en sy't gaan staan.. Op 25m!.! En daar was nie 'n bos naby my nie.. Wys jou net.. Koedoes staan nog soms stil.. Hehe..
Groete
Tiny
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Louis Kriel »

Tiny wrote: Oom Dirty
Ek het laas jaar by oom Jerrie 'n koei geskiet.. Sy't by my verby gehol (ek het gehelp aanjaag) en ek het net gaan sit, gefluit en sy't gaan staan.. Op 25m!.! En daar was nie 'n bos naby my nie.. Wys jou net.. Koedoes staan nog soms stil.. Hehe..
Groete
Tiny
Ek glo nie meer daai storie van fluit dan gaan staan die bok nie. Elke keer wat ek dit nog getry het, het die bok nog vinniger gehol! :laugh:
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Beretta »

DirtyOldsix
Het jy mat al twee hande gestaan en fluit of net met die een hand ;D ;D ;D ;D ;D
Beretta
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by .::Alwyn-U::. »

Beretta wrote: DirtyOldsix
Het jy mat al twee hande gestaan en fluit of net met die een hand ;D ;D ;D ;D ;D
Beretta
Haha wat is die verskil?
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Bokke wat hardloop??

Post by Spanner »

As jy 'n laaang man is, gebruik jy altwee hande om te fluit, en as dit vreeslik koud is het jy net een hand nodig ... ;D
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Post Reply