Hornady Interlock vir .303
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Hornady Interlock vir .303
Ek twyfel nou oor my aankope van 174gr RN Hornady Interlock vir my 303.
Ek weet BC speel nie n groot rol nie... veral nie omdat die geweer my die vertroue gee om verder as 200m te jag nie.. maar dit het my laat wonder.
Op 200m sal dit minder as 0.7" verskil maak in vergelyking met ander beter BC opsies, maar ek het bietjie raad nodig oor die koeels in die algemeen asb. Ek skiet huidiglik 150gr speer Hot cor en kry net onder 2" groep op 100m.
Wat se julle van die interlock as n opsie vir jag? Help die feit dat hy .312 is eerder as .311 die akuraatheid noemenswaardig? Sou ek beter af gewees het met iets soos 180gr Claw(wat bonded is) of Sierra pro hunter? Sal graag julle opinies wil hoor... en as daar manne is wat wel die interlocks gebruik en ondervinding kan deel.
Ek weet BC speel nie n groot rol nie... veral nie omdat die geweer my die vertroue gee om verder as 200m te jag nie.. maar dit het my laat wonder.
Op 200m sal dit minder as 0.7" verskil maak in vergelyking met ander beter BC opsies, maar ek het bietjie raad nodig oor die koeels in die algemeen asb. Ek skiet huidiglik 150gr speer Hot cor en kry net onder 2" groep op 100m.
Wat se julle van die interlock as n opsie vir jag? Help die feit dat hy .312 is eerder as .311 die akuraatheid noemenswaardig? Sou ek beter af gewees het met iets soos 180gr Claw(wat bonded is) of Sierra pro hunter? Sal graag julle opinies wil hoor... en as daar manne is wat wel die interlocks gebruik en ondervinding kan deel.
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Koeëls met .312 deursnee, doen oor die algemeen beter in my 303 as die met .311 deursnee. Die 174gr RN werk mooi in my geweer. Dit is wel nie n baie harde koeël nie, maar teen 303 snelhede, behoort dit nie n probleem te wees nie. Ek skiet hulle teen net so duskant 2300fps. Groepeer mooi, maar die 303 moet nog bokbloed trek met hulle. Ek het wel darem al gesien dat hulle vir jakkie mooi op sy plek sit 
Groetnis
Philip
Philip
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Soos Phillip het ek baie goeie resultate met die interlocks gehad.
Baie rooibokke en varke laat val en selfsblesbok of 2 tot by 280m ook that ek net .303 gehad het.
Niks fout met .303 en interlocks nie.
Baie rooibokke en varke laat val en selfsblesbok of 2 tot by 280m ook that ek net .303 gehad het.
Niks fout met .303 en interlocks nie.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3073
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Pel van my het jare met sy 174gr Rondeneus Interlocks gejag en baie varke en koedoes laat sneuwel.
Ekself het hulle ook met groot sukses in 303 ook gebruik.
Hulle was net skaars op 'n stadium!
Sent from my D5803 using Tapatalk
Ekself het hulle ook met groot sukses in 303 ook gebruik.
Hulle was net skaars op 'n stadium!
Sent from my D5803 using Tapatalk
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Dankie vir die terugvoer so ver... Wat sal julle se van daai kombinasie vir BWB? Seker maar weereens skootplasing..
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Jip, bly weg van die groot bladbene.sPRINGHAAS wrote:Dankie vir die terugvoer so ver... Wat sal julle se van daai kombinasie vir BWB? Seker maar weereens skootplasing..
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Het in 'n ander post genoem dat 'n vriend van my 'n varkie daarmee op die skof geskiet het. 'n Gat so groot soos my vuis uitgeruk. Die verwysing na sagtheid sal my laat huiwer om hom op BWB te gebruik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Hornady Interlock vir .303
Ek het baie lank met hulle gejag baie varke, bos bokke. Rooibok en Koedoe bulle ook nog nooit probleme met hulle gehad nie. Veral met die 303 se spoed het hulle baie mooi saam gewerk. 39.5gr S335. Toe my loop begin probleme gee die kroonstad laat oor sny en oorgeskakel impalas toe. Maar die hornady het mooi geloop.
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Hulle maak nou baie mooi! Moes seker nog so 2 geskiet het om die groepering rêrig te bewys maar dis die 2de keer wat ek 3 skote op paier skiet en albei kere onder 1". Het 2 rooibokke ook nou met die kombinasie geskiet. 1 plank dwars op 80m en een skuins van voor op 150m.
Dit het heelwat gevat om hom tot hier te kry maar nou is ek baie gelukkig met die resultate

Dit het heelwat gevat om hom tot hier te kry maar nou is ek baie gelukkig met die resultate

Last edited by sPRINGHAAS on Sun Feb 23, 2020 7:23 am, edited 1 time in total.
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 663
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Ek was eenslag by toe my broer n koedoebul op sy boud inskiet met sy 303 en n 174gr Interlock. Agter op sy boud in en koeel gekry voor by sy kuiltjie onder die vel. Koedoe het gaan staan asof hy teen n muur vashardloop en omgeval.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Ek het n maat wat slegs 1 roer besit. P14 met n Armtec kolf en Recoil reaper kd. Hy skiet met daai 150gr Ilocks. Als val van duiker tot Eland
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Ek moet dalk die 150gr interlok probeer. Het 150gr speer Hotcor probeer maar hulle skiet 5" op 100m...
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Daar was destyds sprake dat die 150gr Ilocks nie meer in .312 gemmaak gaan word nie maar .311 soos ander fabrikate. Ons het toe maar opgestock. Ons het toe intussen bevestiging gekry dat dit vir eers so gelos gaan word. Ek glo die manne met die .driehonderd 0 dries het genoeg geraas gemaakandre007 wrote: Sun Feb 23, 2020 9:01 am Ek het n maat wat slegs 1 roer besit. P14 met n Armtec kolf en Recoil reaper kd. Hy skiet met daai 150gr Ilocks. Als val van duiker tot Eland
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Hornady Interlock vir .303
Soos my vorige ou post het ek het jare lank met die 174gr RN hornadys gejag jy sukkel om verby 2350fps te kom en glo my hulle breek nie op nie en werk mooi. Grootse wild wat ek daarmee gejag het was koedoe bulle en hulle is almal dood. Varke het ek almal kopskoot gegee naby en anders op langer aftsande 50m plus lyf skote en dit was seker naby 80 van hulle.
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Hornady Interlock vir .303
Ek kan maar ook net bevestig dat die 174gr Hornady Interlock koeëls in my .303Br goed werk.
Groete
Ferdi Bam
Groete
Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1350
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Hornady Interlock vir .303
Die Hornday 174gr Interlock RN koeëls het geweier om in my ou .303Br te groepeer. As ek 5" groepe op 100m gekry het, was ek gelukkig. Toe is ek en skoonpa op die baan eendag en hy sien my so sukkel en hy sê "probeer gou hierdie" en gee vir my 3 rondtes wat hy in sy 303 skiet. Sierra 180gr Pro Hunters, voor 40.5gr S335. En daar skiet my ou kettie 1.5" groepies op 100m. So dis waarmee ek gejag het vir 'n ruk. Ek het 'n boksie koeels gaan koop, die Hornadys weggegee vir mense wat dit kan gebruik en die lading nagemaak. Die Pro Hunters is ook maar 'n cup'n'core bullet, so bly weg van groot bene en hy sal doen wat hy moet.
- LeonS
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Tue Jul 03, 2012 12:59 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Het n vriend gehelp met sy 303.
Gawie was die man agter die rekenaar..... en met goeie aanbevelings soos altyd, kon ons die Interlocks
kry om darem n groep te skiet met Lovex 062 kruit.
Gawie was die man agter die rekenaar..... en met goeie aanbevelings soos altyd, kon ons die Interlocks
kry om darem n groep te skiet met Lovex 062 kruit.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hornady Interlock vir .303
Laat daai loop ordentlik afkoel dan sal daai 3de skoot beter lyk.
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: Hornady Interlock vir .303
Ek laai vir my pa se 303 ook 150gr Interlocks, as ek die syfers reg onthou is dit 41.5gr S335 agter dai 150gr punte vir 2540fps.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
J.A.N
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Wed Apr 15, 2020 8:38 pm
Re: Hornady Interlock vir .303
Ek kry so tussen 1" en 1.5" met 174gr Hornady's en spoed loop so teen 2315fps. Het laas jaar ñ Rooihartbees op so 200m geskiet. Die koeël is op die regterboud in en het gepenetreer tot onderlinker skouer. Die koeël het 142.6gr geweeg en het mooi om geklink.
Beretta 9mm
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win