Ek is 'n voorstaander van QL omrede dit my tyd en geld spaar en ek tot nut kan wees vir my mede skuts. Baie manne is maar bra skepties as Oom Tripod of Dale raad gee en dit lei gewoonlik tot 'n oor en weer debat oor waar wie wat gedoen het.
So hier is die uitdaging wat ek aan myself gestel het.
Tot op hede het ek net 85 grein Sierra Game Kings in my .243 AI geskiet teen 'n matige 3120vps uit 'n 24 duim loop.
Ek moet met 'n nuwe lot S365 begin laai, want soos die maagde van ouds het ek opgegaar vir die uur van nood.
Gestel ek begin dus met 'n nuwe lot S365 en Hornady 87 grein V-maxe, hoe lank sal die lading ontwikkelling my neem tot ek 'n aanvaarbare lading kry wat werk.
So, die idee is om af te sit baan toe met al my mobiele herlaai toerusting, my Labradar en my .243 AI.
Ek gaan probeer om 'n video opname te maak van die proses. Die idee is om al die toerusting op te stel en dan die horlosie af te sit en te begin by die begin.
Stappe sal hopelik soos volg wees.
1. Meet looplengte.
2. Meet Maks Tpl met betrokke koeël.
3. Meet dop lengte.
4. Laai reeds voorbereide doppe met gemiddelde lading soos voorgeskryf deur Sonchem.
5. Skiet drie skote en meet spoed met chronograaf.
6.Meet dopvolume van gevuurde dop.
7. Voer data in QL in en kalibreer lading met spoed.
8. Laai 3 rondtes met QL voorspelling en skiet weer om spoed te meet.
9. Pas QL se kalibrasie aan indien nodig en skiet weer drie skote.
10. Herhaal stap 9 indien nodig; indien ek op 'n node is, sal ek die TPL verkort in inkremente, totdat die groepering onder 'n duim is op 100 m.
Is dit moontlik, of sny ek 'n lat vir my eie gat?

