1 vlakvarkboudjie
12.5ml Knoffel-en-kruie-geurmiddel
5ml fyn naeltjies 25ml groente-aftrekselpoeier
25ml gegeurde seesout
5ml fyn gemmer swartpeper
2 pakkies (250 g elk) streepspek
Meng al die smaakmiddels. Rol spekrepies in geurmiddels en lardeer boudjie.
MARINADE: 200ml appelsap nartjieskil 100ml Coke marmelade Plaas die boud in die appelsap en marineer 24 uur lank in die yskas. Draai gereeld om. Druk nou eers die stukkies nartjieskil in spekgaatjies in die boud. Plaas boud en appelsap in 'n swaarboomkastrol en voeg Coke by. Sit deksel op en bak sowat 4 uur stadig by 160C tot sag en gaar, afhangende van die grootte van die boud. Bedruip nou en dan met marinade tot mooi bruin. Smeer marmelade oor en sit terug in oond sonder die deksel. Verhoog die temperatuur tot 200C en bak die laaste 20-30 minute sonder deksel om die boud mooi te verbruin. Pasop egter vir verbrand.
VARIASIE: Springbok of blesbokboudjie: Berei soos hierbo, maar gebruik suurlemoen-en-kruie-bedruipsous pleks van appelsap.
( Klink lekker, het die resep by iemand gekry)
VLAKVARKBOUDJIE
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
VLAKVARKBOUDJIE
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
- Coenie (Swift)
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am
Re: VLAKVARKBOUDJIE
Hi Stadsjapie,
Dit klink lekker ek gaan oor 2 weke bietjie veld toe en wou nie regtig varkie saambring nie, maar jou resep het my nou oortiug en ek verstaan 'n mens kan glo dieselfde met die blad ook doen.
Die marmelade waarvan jy praat wat se soort of noem jy die mengsel van coke so?
Groete

.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: VLAKVARKBOUDJIE
Hello Swift,
Jong om eerlike te wees ek het die resep van iemand gekry.
Die persoon kry resepte en dan plaas sy dit op emails.
Ek kan die hele resepte boek vir jou stuur.
Ek neem aan dit sal lemoen wees of van jou keuse