Posisie van scope en sy groepering

User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Posisie van scope en sy groepering

Post by Cobus(Cobb) »

Maats
Die feite is as volg:
Brno 308 zkk 601
Warne ringe is gelap en is oordentlik vas
Vortex 3.5-10 x 50 scope, track reg, hou sy zero en is vas.
Aksie is gebed tot voor die knox (was vroeër tot onder knox gewees maar het dit verander agv probleem onder beskryf))
Kolf is ‘n laminate Richards Microfit met geen krake in nie
Ander skuts het ook al geskiet met selfde effek
Loop float en daar is geen blink drukpuntjies nie

Ek kan enige dag, met amper enige ammo, 2 uit 3 skote laat sny maar daar is altyd n flyer…wat als na so 0.5 en groter MOA uitstoot…tot so max 1.1MOA
Siende dis n jaggeweer tot max 300m, is dit seker nog goed genoeg maar dis my Goliat….. waaraan ek dink laaste in die aand en eerste in die oggend.

Die hele setup klink perfek …..maar om die regte cheek weld en eye relief te kry, is die scope so vêr terug moontlik en raak die turrets gedeelte aan die agterste ring.
Kan dit enigsens ‘n rol speel in die onstaan van my flyer??

Ek luister graag.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Malan123 »

Cobus, het jy jou scope ringe getorque of net vas gedraai?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Cobus(Cobb) »

yip, so 25in/lb.....8NM
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Gawie(13mm) »

Cobus, my 7x57 Brno Zkk 600 het presies dieselfde gedoen. Nes jy het ek alles moontlik gedoen.
Op die ou einde is dit die hoof rede hoekom ek hom gesmous het. As jaggeweer was hy 'n staatmaker omrede ek bitter min 'n tweede skoot op wild moes skiet. As baanskiet roer wou ek hom om 'n hoekpaal vou. Daai dun loop is nou maar een maal nie gemaak vir 3 of 5 vinnige skote nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by alecjohnson »

My pel sukkel ook Howa 243, 2 tussen 10mm en sny en die uitskieter maak groepe so 0.7moa, ek se elke keer wat hy kla, dat as die gong lui het hy gelui!, maak nie saak waar jy dit tref nie, maar ek weet dit maak hom mal, en ek is baie seker dit gaan maak dat hy lank voor sy tyd die loop gaan ruil en my opset naboots of verbeter daarop!
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Malan123 »

Daai vortexe het maar nikke as die ringe te kwai gedraai is. Se nie dis die geval hier nie, maar verseker die moeite werd om te toets aangesien dit nie baie moeite is nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Geno »

Cobus(Cobb) wrote:yip, so 25in/lb.....8NM
Is 8nm nie aansienlik meer as 25in/lb nie? My converter sê dis 70in/lb

Sent from my SM-N975F using Tapatalk

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by tripodmvr »

Torque Conversion Chart Newton Meters to Inch Pounds
Newton Meters (N-m) Inch Pounds (in-lbs)
10 = 88.51
11 = 97.36
12 = 106.21
13 = 115.06
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Geno »

Met ander woorde het Cobus waarskynlik daardie arme Vortex getorque laat sy ogies traan...


Sent from my SM-N975F using Tapatalk

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Cobus(Cobb) »

25in/lb lyk my is amper 3NM....nie 8 nie
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Cobus(Cobb) »

Maar overtighning sal nie n flyer gee nie....dalk net n crush tube......en dit het ek ook nie
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3614
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Fanta300 »

Is die flyer altyd die derde skoot?
Hoe lyk die vierde skoot?
Laai jy al drie rondtes in die magasyn?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Ds J »

Enkele vrae uit n ander rigting: hoe akkuraat kan die ZKK 601 gewere skiet?

... my 308 (BRNO ZKK 601) skiet ongeveer 1.5MOA as ek my deel doen - met 'n Weaver K4 teleskoop in Thor staalklampe en sy oorspronklike houtkolfie.

Wat is die toestand van die loop? Is daar n kans dat die loop al beter dae geken het?

Wat gebeur as n ander man met hom skiet?
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Armand Steenkamp »

Cobus, as skiet en gewere eet en slaap dan is die probleem n probleem wat ek niemand toewens nie. Ek dink die dit het iets met jou scope tedoen nie. Ek kan jou wel n klein stukkie raad ge met wat vir my gewerk het. Ek het dit met so 2 dunloop gewere al gehad met waar hulle aanhou een skoot uitgooi. Ek het die gewere toe so gepak dat hulle n drukpunt onder die loop het reedelik aan die voorkand van die loop. Jy kan n vinnige toets doen deur n gevoude besighyds kaartjie tussen die loop en die kolf te sit en te kyk of die groep verbeter. As die groep verbeter maak vir jou n drukpunt uit epoksie.
Dis maar iets wat vir my gewerk het.

Groetnis
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Toxxyc »

Jou probleem klink soos myne. Ek skiet twee skote wat raak, en dan een af. Ek het ook nou al allerhande dinge probeer. My geweer is 'n Rem 700 in .30-06, met 'n 24" dunloop.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by FHM »

Dalk was dit net n frats aan my kant, my 30-06 en 270 met dun lope het presies dieselfde geskiet vandat ek hulle nuut gekry het tot ek verkoop het.
Eerste twee skote sny en 3-4-5 is flyers. Skiet ek egter enkel skote met inkremente van 10 minute (loop afkoel) poses, het ek onder 1 MOA groepererings gekry. Dit werk - soos jy se - in die jagveld waar mens gewoonlik 1 of 2 skote skiet op n slag, maar nie op die baan met kompetissies nie. Ek het ook na vele navrae en oplees tot die gevolgtrekking gekom dis die dun loop wat tussen die eerste 3 skote n redelike temperatuur verandering ondergaan.

My 6.5 met die dukker loop gooi 5 skote met Win Match (Sierra Match King HP BT 140 gr) en inkremente van 5-10 sekondes tussen skote onder 1 MOA op 100 m
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Smitstertjies »

Ds J wrote: Wed Feb 26, 2020 11:23 pm Enkele vrae uit n ander rigting: hoe akkuraat kan die ZKK 601 gewere skiet?

... my 308 (BRNO ZKK 601) skiet ongeveer 1.5MOA as ek my deel doen - met 'n Weaver K4 teleskoop in Thor staalklampe en sy oorspronklike houtkolfie.

Wat is die toestand van die loop? Is daar n kans dat die loop al beter dae geken het?

Wat gebeur as n ander man met hom skiet?
In oorspronklike konfigurasie is die Brno's n 1-1.5 moa geweer in my ervaring. My goeie vriend het egter n Walther dikloop op syne en hy skiet 8mm groepe die heeldag lank.Ek is geneig om saam met Gawie te stem dat die dunlopie maar die oorsaak is.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Capt. Yoda »

Ek kan nie regtig sien dat n standaard jag geweer se loop in iets soos n 308 kaliber so warm kan raak in 2 skote dat die loop begin rond loop nie.
My Pa het n Cz iets in 300wm en self nie eers daai loop is so warm na 3 skote met amper 2 keer meer kruit nie

As dit elke keer die 3de skoot is kan dit seker die loop wees wat nie reg stress relieved is nie as dit enige van die 3 skote is sou ek kyk na bedding en erens dalk iets wat vas druk en nie noodwendig by die loop nie. Is die aksie reg in die ronte gepak tot agter onder die tang?
Last edited by Capt. Yoda on Thu Feb 27, 2020 9:00 am, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Cobus(Cobb) »

Ok, ek gaan maar daai drukpunt ding try....en Dan maar die geweer hou en lief wees vir hom soos sy is....dis soos n stunning mooi sexy girl met stink voete......

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Capt. Yoda »

Cobus is dit elke keer die 3de skoot
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by jdpretorius »

net 'n 1/2 cent
- is daar nie dalk spanning oor die aksie of knyp punt iewers tussen die aksie en kolf waar hy vas druk nie bv. by die mag kassie
- het nie self regtig 'n standpunt hier oor nie, maar het al gelees van ouens wat beweer dat die loop self "spanning" kan he'
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Capt. Yoda »

jdpretorius wrote: Thu Feb 27, 2020 9:09 am net 'n 1/2 cent
- is daar nie dalk spanning oor die aksie of knyp punt iewers tussen die aksie en kolf waar hy vas druk nie bv. by die mag kassie
- het nie self regtig 'n standpunt hier oor nie, maar het al gelees van ouens wat beweer dat die loop self "spanning" kan he'
Is reeds hoekom ek vra watse skoot dit is maar lyk my Cobus het vrede gemaak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Eugene »

Is jou aksie skroewe behoorlik vas?
Aim small, miss small
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Koos Barnard »

Wanneer 'n loop vervaardig word of geprofiel word kan dit soms "buig" tydens die proses maar as hy afkoel terugkeer na die oorspronklike toestand. Net sodra die loop effens warm word, buig dit weer want staal het 'n memory, word ons deur die slim mense vertel. Dit is wat baie keer die flyers veroorsaak. Ek was in 'n Italiaanse fariek waar lope wat krom getrek het tydens die vervaardiging reguit gemaak word. Dis 'n ekspert wat dit doen en hy het vir ons mooi gewys hoe hy dit doen. Tydens massavervaardiging is lope wat krom trek glad nie ongewoon nie. Daardie loop wat reguit gebuig word na die vervaardigingsproses trek egter krom net sodra hy 'n bietjie hitte kry (dan gooi hy flyers) en koel hy af, keer hy terug na sy reguit posisie. (Ek het myself nou so 'n bietjie herhaal hier... blameer die ouderdom).
Mooi loop
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Posisie van scope en sy groepering

Post by Gawie(13mm) »

Manne, ons kan nou om en om en om gaan en dan nog twee rondtes net vir die sports. ;D

Daar is 'n baie eenvoudige toets wat jou 9 skote gaan kos.
Kry drie verskillende mikpunte op jou teiken en nommer hul van een tot drie.

Skiet nou drie agter een volgende skote soos jy normaalweg sou doen, maar skiet elke skoot op die volgende nommer van een tot drie. Laat nou 10 tot 15 minute toe vir die loop om heeltemal af te koel en herhaal die oefening nog twee maal met genoeg afkoel tyd tussen die drie skoot sarsies.

Meet nou daai drie verskillende groepe. Indien daar nie 'n uitskietter erens is nie, het jy jou antwoord.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply