Subsoniese Lading
- Pumarais
- Full Member

- Posts: 223
- Joined: Sun Mar 26, 2017 8:50 pm
Subsoniese Lading
Ek hetñ ruk terug met 308 subsoniese rondtes geskiet. Dit was lapuas met 220gr punte. Gemaak deur lapua.
Met ñ knaldemper was die skote doodstil!
Het iemand al subsoniese ladings probeer? Ek sal graag meer wil uitvind daaroor.
Ek neem aan ñ swaar punt is die eerste stap. Maar te min kruit kan gevaarlik raak so moet mens dan ñ vuller gebruik of ander soort kruit?
Ek wil dit probeer op n 6.5Creed met ñ kort 18” loop!

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Subsoniese Lading
Vuller plus 9gr MP200 of MS200 of iets soortgelyk. Gebruik 160gr koeëls of dan die swaarste wat jy kan kry. Die groter gewig is om die spoed makliker onder die' van klank te kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Subsoniese Lading
10gr S221 is amper die "goue" lading vir baie manne wat subsonies skiet met lood koeëls. Met my 303 skiet ons,n 2x2" blokkie 25 keer lekker raak op 100m sonder om 1 keer te mis. Spoed op 'n 180gr loodkoeël is net net oor 1000ft/s.
-
Dale SH
- Hero Member

- Posts: 1730
- Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm
Re: Subsoniese Lading
IMR Trailboss is 1st price for reduced loads.
Now if we could just get some in this country.
https://imrpowder.com/wp-content/upload ... ds-r_p.pdf
Now if we could just get some in this country.
https://imrpowder.com/wp-content/upload ... ds-r_p.pdf
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
- Pumarais
- Full Member

- Posts: 223
- Joined: Sun Mar 26, 2017 8:50 pm
Re: Subsoniese Lading
Sal die vuller ñ knaldemper beskadig?
Ek weet van ñ vriend van my wat wou doppe fireform in die dorp en toe goed gedink het om sy silecer op te sit. Dit het glad nie goed afgeloop vir die silencer nie.
Daar was geen punt in nie net kruit, meel en ñ bietjie toiletpapier om als in te hou?

- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Subsoniese Lading
MP200 met 'n dacron vuller werk baie mooi, in my .30-06 het ek so 8/9 gr. gelaai agter 'n 180 gr PMP koeel. Die vuller help om die kruit naby die slagdop te hou en het die spoed konstant gehou. Ons het twee jaar terug 5 bokke met daardie lading geskiet op 'n kleinhoewe. Verbasen akkuraat, maar mens moet maar die trajek ken!
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Subsoniese Lading
Hier is baie goeie raad reeds gege. Ek kan net aansluit daarby en se gebruik Mp200, so rondom 10gr met n 1gr dacron fuller. Skiet oor n chronie en verminder stelselmatig tot jy rie gewensde ressultaat verkry
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Subsoniese Lading
Sal die 10gr MP200 lading vir 'n .270 met 150gr pille ook veilig wees?
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Subsoniese Lading
dom vraag!!! wat is die dacron fuller, is dit die filling wat in kussings in gaan of soortgelyk?
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Subsoniese Lading
Dehacked, ja ek glo hy sal maar omdat jou dop groter is gooi eerder 12gr Mp200 dan weet jy jy is veilig en dat jou koel die loop sal verlaat. Maar soos alreeds gese, n chrony is van uiterste belang. Anders het n man geen idee waar jy is niedehacked wrote: Mon Feb 10, 2020 10:07 am Sal die 10gr MP200 lading vir 'n .270 met 150gr pille ook veilig wees?
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Subsoniese Lading
Rupert, ja dit is hy. Baadjies is ook soms met dit gestop. Jy kry dit by naaldwerk winkels ook.RUPERT wrote: Mon Feb 10, 2020 12:50 pm dom vraag!!! wat is die dacron fuller, is dit die filling wat in kussings in gaan of soortgelyk?
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Subsoniese Lading
nou skiet jy daai ding deur jou loop of silencer of vrbrand hy oppad uit? as hy uitbrand watse "residue"los hy agter? As hy nie uitbrand nie
en sit dalk in een van jou silencer se kamers vas/blok kan dit gevaarlik raak.
ek luister
en sit dalk in een van jou silencer se kamers vas/blok kan dit gevaarlik raak.
ek luister
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Subsoniese Lading
Dagsê
Ek skiet al baie jare verminderde ladings in van my gewere en gebruik gereeld die "dacron" of soortgelyke materiaal. Dit brand heeltemal uit maar ek gebruik baie min, selfs ner 1.2gr vir 'n .375 H&H. Die idee is net om die kruit naby die primer te hou. Ek het nog nooit enige probleme ondervind met residu wat agterbly nie. Ongelukkig kan ek my nie uitlaat oor knaldempers nie, ek het nog nooit verminderde ladings met 'n knaldemper gebruik nie. Pasop maar net vir te laag probeer gaan met die ladings. Ek het een maal 'n man raad gegee vir sy .270 maar hy wou toe kyk hoe laag hy kon laai. As ek reg onthou het die koeël in die loop bly sit by 7gr MP200. So moenie minder as 10gr laai soos aangedui deur ander mense nie. Terloops, soms kry jy die koeël maklik uit wat vassit maar die .270-man het hom vrek gesukkel en moes later die hulp van 'n geweersmid inroep. Duur storie geraak.
Mooi loop

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Subsoniese Lading
Dacron brand heel weg onder daai druk, as iets oorbly sal die volgende vol lading dit in die knaldemper wegbrand, het baie so gelaai vir my 300WM en 243, ek het op 'n stadium probeer om draaibank 243 petrone te laat maak om 'n lae volume te he en dus van vuller weg te kom, maar ek het nie meer 'n doel daarvoor nou dat ek by lodge weg is nie, so daai plan het doodgeloop. Ek het al heelwat laer gelaai as 7gr MP200 in my 300WM, maar elke skoot wat lear gelaai is, het ek spoed mee gemeet, het geskiet teen 1000-1050fps 200gr sierra Game king en 243 met 100gr Pro hunt selfde spoed. nooit 'n 243 rondte herwin nie, wel een van die 300WM.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Subsoniese Lading
Plekke wat vissies aanhou het sakkies Dacron wat hulle in die filters plaas saam met geaktiveerde koolstof.
Vir my .308 met 180 gr koeëls gebruik ek 10,5 grein MP200. Ek gebruik die minste hoeveelheid Dacron wat nodig is om bo-op die kruit te gaan lê en druk dit met 'n gevormde draadjie tot onder op die kruit.
Die Dacron brand uit en doen niks aan die knaldemper nie. Die loop lyk net effens vuiler as gewoonlik.
Aanvanklik was ek self baie skepties oor waarom iemand sulke rondtes sou wou laai en wou weet waarom jy jou Porsche soos 'n Beetle wou laat presteer. Die ouens op die forum het my tot ander insigte laat kom en dit is vrek baie pret om met sulke rondtes te skiet. Jy gaan basies die trajek van 'n subsoniese pistool of .22 kry, maar die swaarste koeëlpunt wat in jou geweer stabiliseer het verbasend baie slaankrag. Laai 'n paar ek kyk hoe skiet dit deur 50mm houtplanke. Die 230 gr .45ACP en ek dink die 147 gr 9mm pistoolrondtes is subsonies en ek weet nie van baie vrywilligers wat voor hulle sou wil staan nie.

Vir .30-06 stamp ek so 3 of 4 gr. dacron vas teen die lading onder in die dop, ek gebruik sommer die agterkant van 'n potlood om dit vas te druk.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Subsoniese Lading
Ek het toe getoets en plaas inligting hier vir toekomstige verwysing.
.270 Win
150gr S&B
RP doppe
Rem 9 1/2 primers.
MP200.
10gr MP200
1033
1028
1083
1074
9.5 gr MP200
989
1009
978
1006
Groepe is op 50m geskiet. Dit sal ook my maksimum jag afstand wees. 9.5gr was merkbaar sagter as die 10gr lading.
Die lading skiet heelwat laer as my gewone ladings tog in lyn vertikaal. Ek sal nog 'n paar skote moet skiet om te kyk of die flyers sneller dissipline of komponent verskille is.
Dit is 'n uiter ekonomiese lading met omtrent geen terugskop. Perfek om die kinders so 'n bietjie met die "groot" geweer te laat skiet.