Chokes insit
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Chokes insit
Goeie naand mense
Ons het onlangs paar haelgewere gekoop en eergister gaan besigtig. My een pel was baie teleurgesteld, sy geweer het nie groewe vir chokes gesny nie, hy het wel 'n boksie chokes saam gekry. Is daar dalk iemand wat sy loop kan sny dat dit chokes vat? Hy is baie bekommerd dat hy nie lekker kleiduif saam sal kan skiet nie.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Chokes insit
Voor hy baie geld uitlê, kyk hoe skiet die haelgeweer. Ek het vaste wurg op een van my haelgewere en ek skiet die beste met hom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Chokes insit
As hy die geweer gekoop het met die uitruil chokes maar geen groefdraad nie is dit n fabrieksfout en moet die invoerder of wapenwinkel pa staan vir die vervang of wapensmit werk.
Die geweersmit op vrendendal of enige smit in bloemfontein sal kan help.ek glo dit is die naaste betroubare manne wat ek ken.die ckokes moet net saamgaan sodat die regte groefdraad gesny word
Die geweersmit op vrendendal of enige smit in bloemfontein sal kan help.ek glo dit is die naaste betroubare manne wat ek ken.die ckokes moet net saamgaan sodat die regte groefdraad gesny word
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Chokes insit
Baie dankie! junglejulian, die geweer kom sonder chokes dis 'n slug loop bleikbaar maar het geen groewe nie, so hy het net toevallig chokes gekry. so hy sal seker lik eers kyk of hy nie regkom met dit soos dit is nie. Hy wil egter net geweet het of hy dit kan laat doen. Baie dankie oom driepoot en Junglejulian!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Chokes insit
Is dit 'n enkelloop? Daar is meters om wurg (choke) mee te meet. Selfs 'n vernier kan help om agter te kom watter wurg daar is, indien enige.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Chokes insit
Ja oom ons het al 3 semi auto haelgeweere gekoop, ek en hansie het hunters geneem want dis wat daar was vir die prys, waldo het kortloop agter die kolf aan gekoop, hy het nog nie met dit geskiet nie, ek het myne vandag geskiet en baie tevrede vir n goedkoop semi auto skiet dit baie lekker. dink ek sal 'n langer buis soek daai 5 skote raak net te gou op!tripodmvr wrote: Sat Feb 08, 2020 12:39 pm Is dit 'n enkelloop? Daar is meters om wurg (choke) mee te meet. Selfs 'n vernier kan help om agter te kom watter wurg daar is, indien enige.
https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 27809.html
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Chokes insit
Het na advertensies van die' haelgewere gekyk. Teen daardie prys voel dit nie of jou sak seerkry nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Chokes insit
Craig Clintworth van Mkonto in Jhb sny haelgeweer lope en sit "choke tubes" in.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Chokes insit
Alec
Moet nie chokes laat insit nie. Dit werk nie goed nie.
As jy chokes wil he koop n geweer wat van die begin af gemaak is vir chokes.
Ja Dit is moontlik om dit te laat doen. Maar dit is en bly n swak idee.
Moet nie chokes laat insit nie. Dit werk nie goed nie.
As jy chokes wil he koop n geweer wat van die begin af gemaak is vir chokes.
Ja Dit is moontlik om dit te laat doen. Maar dit is en bly n swak idee.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Chokes insit
Baie dankie weereens Alwin dankie, ek het dit genoem vir my pel nou dink hy om dit te hou soos dit is en nog 'n loop te laat maak wat chokes kan vat en dan sommar ook 30 duim is. Frikkie, ek weet tans nog "Niks" van haelgeweer het nou 27 skote ervaring en 25 skote met vol wurg geskiet, en "weet" almal wat my probeer vertel het 'n 12Br skop vreeslik erg wel was verkeerd, maar ek wil nou in 'n kort tyd baie leer. Kan jy se waarom dit nie werk om chokes in te laat sit nie? dis tog net 'n loop vernouing wat moet inskroef? of verstaan ek die konsep verkeerd? Ek verstaan dit mag aspris astrand klink, dit is ne ek weet nie en sal graag wil hoor, ons skiet more met sy geweer vir eerste keer.
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Chokes insit
Om die chokes te laat insit gaan meer kos as wat jou vriend vir die geweer betaal het. `n Vriend van my is deur die oefening met `n SKB 12-boor en na die derde skoot het die boonste choke uit die geweer uit geskiet en so twintig meter verder in die gras beland. Die uiteinde was om die SKB se lope met drie duim korter te laat sny en nou is hy Cylinder/Cylinder. Hou hom net soos wat hy is.
Om groefdraad vir chokes te sny is nie so eenvoudig as wat dit klink nie. Haelgeweer lope is baie dunner as geweerlope. En daar is nog so een of twee ander faktore ook, maar dis defnitief nie geskik vir debat op `n openbare forum nie. Vir seker nie deur my nie.
Om groefdraad vir chokes te sny is nie so eenvoudig as wat dit klink nie. Haelgeweer lope is baie dunner as geweerlope. En daar is nog so een of twee ander faktore ook, maar dis defnitief nie geskik vir debat op `n openbare forum nie. Vir seker nie deur my nie.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Chokes insit
Baie dankie Johan! waardeer!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Chokes insit
As jy die loop langer en ge"choke" wil hê, is daar nog 'n opsie. Mens kan 'n skroefdraad op die loop se buitekant sit en dan 'n choke tube voor aan die loop skroef. Die enigste kuns is om die ding reguit te monteer. Dit is 'n kuns omdat semi-outomatiese haelgewere se lope nie altyd perfek reguit is nie. Die hegting van die gasblok kan die loop effens laat trek, afhangende van die hegtingsmetode en hitte daarby betrokke.
So 'n opstelling kan jou die moeite, lisensieproses en koste van 'n kompleet nuwe loop spaar.
Ek het ene wat so gedoen is en is tevrede.
So 'n opstelling kan jou die moeite, lisensieproses en koste van 'n kompleet nuwe loop spaar.
Ek het ene wat so gedoen is en is tevrede.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Chokes insit
Ons het nou gou weer gaan skiet en sy roer op 10m skiet dieselfde(ongeveer30cm verspryding van min hael met meeste wat net 'n gat blaas van so 2cm in deursnee) as myne met vol wurg en sy loop se wurg meet 17.22mm en myne met die no1 wurg meet 17.34mm. Ek dink die wa is voor die perde gespan, hy gaan baie gelukkig wees met die roer soos dit is!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Chokes insit
Jare gelede het die Amerikaners 'n poly choke vir semi-outos en pomp haelgewere gemaak. Google en kyk hoe dit lyk. Volgens die bemarking kon dit dan vinnig voorsiening maak vir veranderende omstandighede.
https://www.theyorkshiregent.com/shooti ... -patterns/
https://www.theyorkshiregent.com/shooti ... -patterns/
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- JurieW
- Full Member

- Posts: 129
- Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm
Re: Chokes insit
Poly Choke + Dork knob
Daar is n rede date geen geweer smit in die kaap oor die toerusting beskik nie, Ek het self deur oor die prosess navrae gaan doen. Haelgeweer lope het nie genoeg staal om aan die binne kant uit te boor en nog skroef te sny nie. Soos hier bo aan genoem is jy gaan jou loop beskadig en baie verswak as jy dit aandurf. Dit word nie aanbeveel nie.
Bygese, as jy n 28 duim loop het sal jy steeds kan kleie skiet, Jy gaan net moet vinnig skiet, en raak skiet. Dit is nie die mees optimale kondisie vir die sport nie, (trap) jy gaan dalk beter doen met skeet, of sporting.

12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Chokes insit
Jammer vir die hijack, maar hoe is die poly choke?
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Chokes insit
https://youtu.be/Rez-x-B12MU
Ek het ook gewonder, hier is youtube video wat dit verduidelik, Ek gaan nou daardie artiekel lees van oom driepoot!
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Chokes insit
Dankie Alec. Sal ook gaan lees. Ek het ook onlangs 'n haelgeweer gekoop met 'n poly choke op. Wonder maar. Ek weet ook nie veel van haelgeweer nie 
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 723
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Chokes insit
Daar's 'n gesegde: "You can't make a silk purse out of a sow's ear."
Dit is wat nou hier ter sprake is. Na my mening moet jou pêl vergeet van choke, 'n groot klomp ammo koop en eenvoudig net gaan kleie skiet, verkieslik saam met iemand wat hom kan touwys maak. Daar is ander dinge wat baie meer bepalend is vir sy sukses met kleie en wat iemand wat bedrewe is met kleie skiet jou mee sal kan help.
Op 'n stadium, hopelik vroeër as later gaan julle besef dat julle gewere nie geskik is waarvoor julle dit gekoop het nie. Aanvaar dit as 'n les geleer en kry dan iets wat geskik is vir wat jy dit voor wil hê. Daar is eenvoudig nie so ding soos 'n "all-rounder" haelgeweer nie.
In Suid Afrika is die haelgeweer kundigheid van ouens wat jou in die geweerwinkels help ongelukkig pateties gebrekkig. Voor jy/julle julle volgende haelgweer gaan koop, gaan praat eerder met die manne by die klei skiet klubs wat al baie duisende rondtes geskiet het.
Glo my, ek het self die paadjie geloop en meer as een keer 'n les of wat geleer.
Welkom by die wonderlike wêreld van haelgeweer jag en kleie skiet.