Versorg jou wildsvleis

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Versorg jou wildsvleis

Post by wlm »

Dimitri se onderwerp oor watter spesie die lekkerste vleis gee het my aan die dink gesit. Wat moet jy maak na die skoot geklap het en die foto's is klaar geneem om te verseker dat jy lekker vleis het om by die huis te eet.
Ek sit die gesprek aan die gang met 'n paar gedagtes:
1. Haal die pens uit. Doen dit sonder om jou vleis te kontamineer met pensmis.
2. Bloei jou karkas uit. Ek hou daarvan om die aar aan die binnekant teen die rugstring oop te sny. 'n Bok met 'n afgesnyde keel lyk nie net sleg nie, jou
nekvleis smeer ook vuil en alles op die herwinningsvoertuig (of die manne wat die karkas dra) is met bloed besmeer.
3. Kry jou bok so gou as moontlik in 'n koel plek. Indien moontlik in 'n koelkamer of andersins in die skaduwee.
4. Kleiner bokkke waarvan die vleis tuis bewerk gaan word vervoer beter "in die vel". Leer slag, jy hoef nie 'n kameelperdbul in 'n uur te kan afslag nie,
n springbok se vel kom maklik af. Dit is n elk geval lekker om nie so onbeholpe te wees nie in die jagveld.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by J le Roux »

Dankie WLM, alles goeie advies.

Ek veralgemeen nou kwaai, maar ek wonder hoekom daar in die Vrystaat en Kaap dadelik in die veld pens getrek word, en hier in die Transvaal weer glad nie?

Verbeel ek my miskien?
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by THOMAST »

Stem met al WLM se punte saam. Ek vervoer my bokke met vel aan binne in stelsel genaamd "wrap a buck" tot by 'n vriend se koelkamer, waar die bokke vir 'n week lank hang en dan word vel afgetrek en vleis verwerk. Om bok te hang met sy vel aan verloor jy minder gewig terwyl dit kuur. Enigste nadeel is dat die vel effens moeiliker afkom.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by wlm »

Wild het nie, soos skaap/bees, 'n vetlaag op die karkas wat keer dat die vleis uitdroog.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Net soos Wlm sê haal ek dadelik die pens uit en sny die aar in die rug. Onlangs is ek aangepraat deur 'n boer omdat ek die pens dadelik getrek het want sy werkers wil dit graag hê, asook die derms. Dis die groot rede waarom baie mense nie wil hê jy moet die pens uithaal nie. Maar as jy 'n swartsak saam dra en die pens daarin sit kan jy dit steeds doen. Dis wat ek op plekke doen waar die mense nie gretig is dat jy die pens moet uithaal nie. Ander ouens reken weer jy lok jakkalse as jy die pens trek in die veld (dis 'n rede wat boere my al gegee het). Maar ek is bevrees Wlm, baie pense sal nooit getrek word as dit van die jagter afhang nie want hulle weet nie hoe om dit te doen nie. Al gebruik jy 'n gids is hulle ook nie gretig om dit te doen nie want 'n groot bok se pens haal makliker uit in die slagkamer as hy klaar hang as wanneer hy op sy sy in die veld lê.
Mooi loop
cloots49
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Mar 07, 2019 3:00 pm

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by cloots49 »

Koos of Wlm

Kan julle asseblief verduidelik hoe om pens te trek en julle manier van bok bloei asseblief ? Waar sit die aar wat mens sny teen die rugstring?

Ek is maar die tradisionaele bosveld manier geleer van slag as die bok hang. Maar wat julle se maak baie sin en sal dit graag wil probeer.

Groete
Cobus
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by Koos Barnard »

Cobus
Met klein bokke (springbok, rooibok, blesbok, ens) is dit vrek maklik maar 'n video gaan beter verduidelik as 'n lang storie wat ek hier sal moet tik. Met 'n groot bok is dit maar effens aan die moeilike kant en baie mense wat nie daaraan gewoond is om dinge vir hulself te doen nie skram weg as dit by take kom wat 'n bietjie sweet vereis. Die aar lê reg teen die rugstring. Ek sal 'n foto probeer kry. Ek gaan hopelik binne die volgende paar weke iets skiet, sal kyk of ek dan 'n video kan maak van pens uithaal. Die ouens wat bokke oes doen dit baie vinnig en professioneel, so hulle is eintlik die manne om te vra. Maar ek sal video probeer neem en sommer ook die rugaar probeer wys. Weet net nie presies wanneer ek kans sal kry vir veld toe gaan nie.
Mooi loop
cloots49
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Mar 07, 2019 3:00 pm

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by cloots49 »

Dankie Koos

Ja n video sal baie behulpsaam wees. Ek kan dink mens maak meer skade as goed as jy die pens of dikderm raak sny as die bok so le. Maar is iets wat graag sak wil aanleer. Sien uit vir jou video en baie dankie!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by wlm »

Koos Barnard wrote: Thu Jan 30, 2020 11:28 am Dagsê
Net soos Wlm sê haal ek dadelik die pens uit en sny die aar in die rug. Onlangs is ek aangepraat deur 'n boer omdat ek die pens dadelik getrek het want sy werkers wil dit graag hê, asook die derms. Dis die groot rede waarom baie mense nie wil hê jy moet die pens uithaal nie. Maar as jy 'n swartsak saam dra en die pens daarin sit kan jy dit steeds doen. Dis wat ek op plekke doen waar die mense nie gretig is dat jy die pens moet uithaal nie. Ander ouens reken weer jy lok jakkalse as jy die pens trek in die veld (dis 'n rede wat boere my al gegee het). Maar ek is bevrees Wlm, baie pense sal nooit getrek word as dit van die jagter afhang nie want hulle weet nie hoe om dit te doen nie. Al gebruik jy 'n gids is hulle ook nie gretig om dit te doen nie want 'n groot bok se pens haal makliker uit in die slagkamer as hy klaar hang as wanneer hy op sy sy in die veld lê.
Mooi loop
Koos
Julle ouens op die forum weet al dat ek nie saamstem met die gedagte dat 'n ware jagter 'n superfikse skerpskutter is wat na 100 kilometer te voet die bok se pens uithaal en dit dan in chilli-bites verwerk terwyl hy dit oor sy skouer kamp toe dra nie.
Nogtans is daar, soos DIY by die huis, baie goed wat 'n jagter deur selfdoen sy ervaring tydens die jag kan verbeter. Jou swartsak-idee is in die kol. Skud sommer die pens in die veld uit dan is die vrag ligter. 'n 20 liter emmer om die swartsak met pens en al op die herwinningsvoertuig te laai help ook.
Se^ sommer vir die boer dat jy nie 'n jakkals hoef te lok met die binnegoed nie, hy is klaar daar.
Nog wenke:
1. Die metaalbak van 'n bakkie raak warm wat jou vleis kan beinvloed. Hang bokke soos springbokke aan die herwinningsvoertuig se tralies indien moontlik. Hake is nie nodig nie. Sny die gewrig deur sonder om die vel heel af te sny en knak dan. Maak 'n snit tussen die vleis en die hakskeensening van die ander been. Steek die een been deur die tralies en steek dan die geknakte gewrig deur die ander snit om die bok op te hang.
2. Gooi 'n dik seil of blaarryke takke op die bak wanneer jy groot bokke oplaai.
3. Terug by die binnegoed. Meeste van ons jag nie net vir die lekkerte nie, ons jag vir vleis. Deur die harslag ook te gebruik wen jy ekstra kos en maak jou jag ook meer bekostigbaar. Lewer in netvet of lewer met 'n suursousie is lekker kos. Netso ook lewerkoekies of 'n lewerpotjie. Dit is 'n aangeleerde smaak maar hart, niertjies, lewer en selfs longe wat op gesny en gaargemaak is met 'n sousie is goeie kos. Indien jy jou neus daarvoor optrek sal jou troeteldiere dink jy bederf hulle vreeslik as jy die harslag vir hulle opsny of maal en gaar maak.
4. Alhoewel water jou karkas kan kontamineer glo ek dat jy alle bloed moet afwas nadat jy dit opgehang het. Bloederigheid in die borsholte of pens-gedeelte raak maklik bedorwe.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by KalahariKlong »

Baie interresant.
Kan enige iemand dalk vir my sê hkm baie glo dat jy n bull se sakke afsny sodra hy val?
Ek het dit veral gesien in die oos kaap met koedoes.
Ek sal ook baie graag wil sien hoe die aar aan die binnekant gesny word.

Groete
KK
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by Koos Barnard »

Sommige mense glo dat dit die vleis se smaak beinvloed as jy nie dadelik die sak afsny nie. Vir my is dit 'n bogstorie. Ek het dit baie male getoets met springbok, blesbok, rooibok, koedoe en ander wild. Die bokke is almal oornag gehang en eers die volgende dag geslag sonder dat die sak afgesny is. Geen verskil in vleis se smaak nie.
Mooi loop
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Versorg jou wildsvleis

Post by KalahariKlong »

Koos Barnard wrote: Sat Feb 01, 2020 11:50 am Sommige mense glo dat dit die vleis se smaak beinvloed as jy nie dadelik die sak afsny nie. Vir my is dit 'n bogstorie. Ek het dit baie male getoets met springbok, blesbok, rooibok, koedoe en ander wild. Die bokke is almal oornag gehang en eers die volgende dag geslag sonder dat die sak afgesny is. Geen verskil in vleis se smaak nie.
Mooi loop

Dankie oom Koos.
Post Reply