Dag lede
Pel van my stuur vandag fotos van loodkern koeëls met bloodgestelde lood puntjies wat so blou skimmel op het... Daar is n afwesigheid van die skimmel op koper mantel.
Ek verstaan dit is veroorsaak deur bloodstelling aan suurstof en vog... soos wat staal roes met oxidation.
Die patrone het lank gestaan in hout kassies.
My wetenskaplike kennis strek nie vêr nie... maar ek weet hout absorbeer en sweet vog wat die "roes" potential baie verhoog.
My grootste vraag...
Soos wat staal verswak deur roes wat diep penetreer - sal dit seker dieselfde effek hê op lood?
Sal dit n effek hê op die betroubaarheid van die koeël se omklink en lood vervorming tydens impak en penetrasie in sagte weefsel?
Ek verneem graag van enige iemand met n beter wetenskaplike insig as ek (meeste van julle).
Effek van "roes" (engelse corrosion) van loodkern koeëls
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Effek van "roes" (engelse corrosion) van loodkern koeëls
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3612
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Effek van "roes" (engelse corrosion) van loodkern koeëls
Oksidasie op lood is baie oppervlakkig want daai wit lagie beskerm teen verdere oksidasie. Skuur af met fyn skuurpapier en skiet hulle.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Effek van "roes" (engelse corrosion) van loodkern koeëls
Max, die oksidasie (loodoksied is tegnies nie roes nie) is net op die oppervlak en net kosmeties. Dit sal nie sommer aanhou soos roes by yster en dieper penetreer nie. Die koedoe gaan ook nie die verskil kan agterkom nie.
Net vir die interessantheid: Baie van die "bonded" jagkoeëls, se loodkern en kopermantel word koud aanmekaar "geheg". Hoe doen hulle dit? Baie maklik. Voor die loodkern in die kopermantel geplaas word, word daar 'n druppeltjie suur in die mantel geplaas. Dit versprei lekker tussen die mantel en die kern en begin 'n korrosie- of oksidasie proses. Die koper en die lood oksideer beide en die 2 materiale "roes" dan aan mekaar vas. Bietjie oorvereenvoudig, maar dis die basiese konsep. Dit vat 'n rukkie, maar teen die tyd wat die koeëls in jou herlaaikamer land, is die proses al voltooi. Sny ene oop en kyk of jy die mantel en die kern weer kan skei.
Vryf maar die wit/blou donsies van die koeëls se punte af en laai hulle.