Sien gisteraand die berig op News24 dat die minister van polisie van mening is dat ingevolge die nuwe "opdatering" van die wetgewing geen persoon/individu meer as 1 vuurwapen sal besit nie..
https://www.news24.com/SouthAfrica/News ... n-20200114
Opdatering van Vuurwapenwet
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Opdatering van Vuurwapenwet
Intellek ontbreek grootliks by die politici. Hoe gemaak met sportlui wat meer as een dissipline het waaraan hulle deelneem. Hier kom 'n opdraande stryd wat moeilik gaan wees om te wen.
Miskien moet ons voorstel dat ander sportlui ook net een item mag hê vir sy sport. Gholfspeel kan dan nogal interessant raak.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Opdatering van Vuurwapenwet
Ja nee dit gaan nie gebeur nie, wat hulle wel kan doen is om die standaard persoon sonder toegewyde of sportskutstatus slegs een wapen te laat besit, dit sal hulle kan doen dink ek dat net meer mense toegewyde status moet kry. Wat kommerwekkend is is die SD deel wat hulle mee wil wegmaak, daar is dit moeilik. "Outlaw guns and only outlaws will have guns".
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Opdatering van Vuurwapenwet
Wapenorganisasies sal moet ophou om onderling te baklei. Indien daar voortgegaan word met hierdie oogmerke, moet sulke beoogde wetgewing onmiddellik aangevat word op gronde van ongrondwetlikheid. Die volgende bepalings van die Grondwet kom dadelik ter sprake:
Artikel 11: Reg tot lewe. Gegewe die huidige misdaadsituasie, is dit duidelik die regering en polisie kan nie jou reg tot lewe waarborg/beskerm nie.
Artikel 12: Reg tot Vryheid en sekuriteit van jou persoon. Artikel 12(1)(c) verwys na die reg om vry te wees van alle vorme van geweld van hetsy publieke of privaat bronne. Dit is duidelik die owerhede kan jou nie teen geweld beskerm nie; die misdaadstatistieke bewys dit. Dieselfde geld t.o.v. die reg om nie gemartel te word nie (artikel 12(1)(d)) en die reg op liggaamlike integriteit (12(2)).
Artikel 25: Eiendomsreg. Die wapens is jou eiendom. Tensy die Grondwet gewysig word, sal hulle jou moet vergoed. Die wysiging van artikel 25 van die Grondwet oor die gryp van eiendom is dus nie net die boere op plase se geveg nie. Jou wapens is volgende en wie weet, dan jou huis....
Indien mense se wapens gevat word, hoe gaan hulle hulself en familie beskerm, om nie eens te praat van die effek op die jagbedryf en sportbeoefeing nie? Vir die wat lankal wik en weeg of hulle die land moet verlaat, kan dit die laaste strooi wees. Elkeen van die wat waai en ek glo elke wapeneienaar spesifiek, is 'n belastingbetaler. Sou die belastingkraantjie toegedraai word, is Eskom die minste van ons probleme.
Dit is maklik vir 'n poltikus met spoggerige hoedjies om te praat van ontwapening as hy en sy mede politici beskerm word deur bloulig bendes wat self deur die belastingbetaler onderhou word.