Middag almal,
Ek het nou die punt bereik dat ek gehoor aparate moet aanskaf. My eerste rondte met die aparate het nie goed afgeloop nie. Seker maar omdat ek met "entry level" aparate begin het. My Mediese fonds betaal nie vir gehoor aparate nie. Dit word uit die spaar gedeelte daarvan gedoen. Ek kon darem die laaste 2 jaar n bietjie spaar by die Mediese Fonds en kan nou n tweede keer probeer. Ek wil egter nie dieselfde foute maak nie.
Ek glo ek sal hier goeie raad kry wat vir my van hulp sal wees.
Met die eerste rondte het ek met een oor begin, want dit was wat ek kon bekostig. Dit was n Widex stel en vir my linker oor. Dit het redelik gewerk en die volgende jaar het ek een vir my regter oor gekry. Daar was toe nie n groot verbetering nie. Ek het n groot probleem met my ore wat oormatig was afskei en vir die tipe stel het die heeldag ore skoon gemaak en filtertjies vervang. Uit desperaatheid het ek toe maar die aparate opgegee en die wereld van die gehoorgestremde betree. Dit maak n mens anti sosiaal en jy het altyd die storie aan die stert beet. My probleem is dat ek nog werk en bang is dat ek n instruksie verkeerd hoor en oordra.
Enige raad sal hoog op prys gestel word.
Groete
Bennie Bester
Gehoor Aparate
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Gehoor Aparate
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Gehoor Aparate
My neef het n hele paar jaar vir die gehoorinstituut in Pretoria gewerk as tegnikus. Op daardie stadium het hulle goeie werk gedoen. Daar was ook n tweedehandse mark vir gehoorapparate - hy het van hulle vir my oupa gekry. Hulle moes net die passtukkies laat maak.
https://www.earinstitute.co.za
Het jy al Similasan se "ear wax relief" probeer? Dit los oorwas op terwyl jy slaap en is beskikbaar by Dischem.
https://www.earinstitute.co.za
Het jy al Similasan se "ear wax relief" probeer? Dit los oorwas op terwyl jy slaap en is beskikbaar by Dischem.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3610
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Gehoor Aparate
Bennie, ek is self halfpad doof en weet hoe jy voel en het al heelwat geleer. Stuur jou nr per PM dan bel ek jou. Ek is nou besig om my stel op te gradeer maar my ou stel werk nog 100%. Dalk kan ons ‘n plan maak dat jy hulle by my oorneem eerder as wat ek hulle inruil.
Fantie
Fantie
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Gehoor Aparate
Jy kan gerus vir Carina Wolmarans in Roodepoort Johannesburg kontak. Sy weet wat sy doen en het al baie vroue gehelp met hulle mans wat nie meer wil hoor nie. Haar praktyk nommer is 011-7688999.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: Gehoor Aparate
Dag Bennie.
My vrou het Phonak gehoor apperate gedra. Hulle was goed totdat sy heeltemal doof geword het.
My skoonsus dra tans Phonak apperate wat met bluetooth na haar selfoon koppel. Dis baie handig.
Deon Ceronio in Bloemfonetein het my vrou se koglere inplanting saam met n chirurg laat doen. Uitstekende werk gedoen.
Hoewel koglere inplanting vrek duur is het my mediese fonds 80% betaal. Dan het jy niks binne jou oor wat die waks probleem dan kanseleer.
Koop vir jou die boek "Die stil Pad" en gee dit vir jou familie en vriende om te lees. Die boek plaas die horende mens in die skoene van die dowe/hardhorende. Gee om kommunikasie tegnieke.
Skakel gerus as ek verder kan raad gee of vrae antwoord. 082 371 3901.

Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Re: Gehoor Aparate
Baie dankie aan almal vir hulle raad.
Fanta baie dankie vir die aanbod. Ek sal maar die langpad loop en verskillende opsies probeer.
Groete
Bennie Bester
Fanta baie dankie vir die aanbod. Ek sal maar die langpad loop en verskillende opsies probeer.
Groete
Bennie Bester
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3610
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Gehoor Aparate
Als reg Bennie. Laat weet as ek kan help.
Net ‘n paar lesse wat ek geleer het:
As albei jou ore skade het moet nie net vir die een oor ‘n apperaat kry nie. Dit werk nie.
Daai Phonak wat hier bo genoem is, kos oor die R50000 vir ‘n stel. Ek het nou net so ‘n stel gekry.
Goedkoop is duur koop.
Sterkte