More
Hoop almal gaan 'n geseende 2020 geniet.
Ek wil graag weet of enige van julle jagervaring het met die Accubond punte in die 6.5 creedmoor.
Indien wel met watter gewig en is dit die LR of die normale een. Dit sal ook gaaf wees indien julle die afstand kan gee en wat se wild geskied is. IS daar 'n uitgaande wond?
Baie dankie.
6.5 CR met Accubond punte vir jag
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7552
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 6.5 CR met Accubond punte vir jag
Hallo Gerrie
In my een 6.5 CM gebruik ek die 129gr Accubond LR koeels teen 2860ft/sek uit n 24 duim loop al van die begin af. Daar het al springbok, blesbok, rooibok, rooihartbees en blouwildebees geval met die kombinasie. Afstande het gewissel van 20m tot 450m. Met die nader skote wat in bosveld toestande gevat was was daar redelike vleisskade op die diere. Hierdie het natuurlik verbeter soos die inpakafstande toegeneem het asook die feit dat n mens jou skote beter kon plaas agv tyd. Hier het die koeels baie mooi presteer deur nog steeds mooi te ontplooi en goed bymekaar te hou.
Met die nader skote het die koeels redelik gewig verloor en as ek moet skat was dit hier rondom 50% gewigretensie. Ek het redelike ervaring met gewone Accubonds ook en kan met gerusdheid se dat die LR op die afstande 20% slegter af is in die departement. Die dunner koper mantel in die neus gedeelte is verseker die rede hiervoor. Net plankdwars skote op rooiibok groote diere het uitgangswonde gehad.
So indien jy meestal bosveld afstand gaan jag sal ek n 140gr Accubond aanbeveel. Die 129gr LR Accubond is n goeie langer afstand jagkoeel wat wel ook kan werk op korter afstande. Hierdie sal natuurlik ook geld vir die gewone Accubond in 130gr.
Groetnis
Wouter

ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: 6.5 CR met Accubond punte vir jag
Ek het nog nie Accubond koeëls in my Creedmoor gebruik nie maar ek het heelwat wild met die koeëls gejag in 'n 6.5x55. Aangesien ek amper identiese trompsnelhede kry met dieselfde koeël in die twee kalibers glo ek dat die inligting tog relevant is.
Met die 129gr Nosler AB LR (2730 vps) het ek 2 vlakvarke, 2 rooihartbeeste en 1 blouwildebees bul geskiet. Daar was geen probleme met die varke en hartbeeste nie. Die blouwildebees bul was omtrent 120m van my af en het skuins na my toe gekyk. Die koeël het op die dik skouerknop getref en het, hoewel dit nie opgebreek het nie, in die skouer vasgeteek en nie die borsholte gehaal nie. Die bul is later met 'n 2de skoot doodgeskiet. Hierdie is moontlik 'n voorbeeld van 'n koeël wat buite sy aanwendingsveld gebruik is maar dit is nie altyd moontlik om weg te bekruip wanneer mens naby aan 'n groot bok kom nie.
Met die 130gr Accubond (±2700vps) het ek 64 diere gejag, hoofsaaklik springbokke, blesbokke en vlakvarke maar ook 'n koedoe, 'n gemsbok, 3 blouwildebeeste en 3 subvolwasse elande. Afstande het gewissel van <50m op 'n vlakvark tot 375m op 'n springbok. Daar was geen probleme sovêr ek kan onthou nie. Een van die wildebeeste was 'n skoot skuins van voor (soos beskryf met die 129 AB LR maar vanaf 200m), in die geval het die koeël sy werk perfek gedoen.
Die hart van die wildebees wat met die 130gr Accubond geskiet is.

Swapo
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Aug 17, 2012 2:11 pm
Re: 6.5 CR met Accubond punte vir jag
Skiet die 130gr Accubond in my 260Rem. Meer as tevrede met dit, blesbokke, kudu koeie, blou wb, zebra (kop skoot) rooibokke. Akkuraatheid is baie goed en afstande het gewissel van 60m tot so 300m.
Skiet ook die 165gr in my .30-06 en resultate is dieselfde.