Breech block

Post Reply
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Breech block

Post by JohanvB »

Het gister gaan skiet met my nuwe ou Bruno 270 ZKK600.

Het mooi reg gekom, en het darem die "gongs" op 200 meter kon raakskiet, dis nou van "bore-sight" tot 200 meter. Ja was 'n lang dag maar het dit baie geniet saam met die Kaapjag manne.

My "Breech-block&slide" is egter baie stram. het hom gisteraand uitgehaal en gevoel hy draai maar moeilik, het som so effe skoon gemaak met 'n tandeborsel, 'n bietjie olie op die bewegende dele en is dit beter maar nog nie reg nie.

Kan 'n mens die ding uitmekaar haal?, indien wel, hoe? Met fotos asb?

Dankie
_______________
6.5 Ruger Hawkeye Creedmoor
308 Howa 20"
300wm Remmington mod 700
.22 Remmington Scoremaster
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Breech block

Post by Beyers »

Ja hy kan uitmekaar haal. Doen dit baie versigtig ;D
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Breech block

Post by THOMAST »

Noors, ek neem aan jy praat nou van die slot van die BRNO?

Ontlaai die geweer.
Sit slot in en span hom, moenie sneller trek nie.
Links agter op die grendel is daar 'n knoppie wat effe links uitsteek (hy het so 'n kruis patroon op). Druk die knoppie in en voerentoe met jou linkerhand en terwyl jy hom inhou, haal die slot volledig uit die geweer met jou ander hand. Die slagpen veer is nou gespan, jy sal sien dat die agterkant van die slagpen nog uitstaan.
Draai nou die agterkant van die slot anitkloksgewys uit. Jy sal miskien moet help deur daai veerbelaaide indeks pennetjie  'n bietjie moet indruk, want hy pas in 'n kepie.
Nou kan jy maar skoonmaak en olie na hartelus.
As jy klaar is skroef slagpen weer in, gaan so 'n paar draaie vat totdat daai veerbelaaide indeks pennetjie weer lekker in sy kepie inpas.
Sit slot terug in geweer en span hom. Die knoppie wat jy ingedruk het in die begin sal self ontspan.
Hoop dit maak sin.
Ek is die komende Saterdag weer by die baan, sal jou daar help as jy wil, anders kan jy omkom na my huis in Protea hoogte en ek kan jou daar wys. My sel nommer is 083 sewe nul een 5893
Last edited by THOMAST on Wed Jul 27, 2011 5:36 am, edited 1 time in total.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Breech block

Post by JohanvB »

Baie baie dankie, het reg gekom.

Is self weer Saterdag by die baan, dalk loop ons mekaar raak daar. sal jou 'n luitjie gee.
_______________
6.5 Ruger Hawkeye Creedmoor
308 Howa 20"
300wm Remmington mod 700
.22 Remmington Scoremaster
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Breech block

Post by JohanvB »

Help Manne help.

Ek het die breech block en slide soos verduidelik nou meer as een keer al uitgehaal en skoongemaak, vannaand doen ek dit weer en toe ek die knoppie indruk gee hy so 'n halwe draai en daar sit die ding vas, kan hom glad nie beweeg nie, kan nie die slot toe maak nie.

Wat nou?????????????
_______________
6.5 Ruger Hawkeye Creedmoor
308 Howa 20"
300wm Remmington mod 700
.22 Remmington Scoremaster
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Breech block

Post by JohanvB »

Dankie het reg gekom :) :) :)
_______________
6.5 Ruger Hawkeye Creedmoor
308 Howa 20"
300wm Remmington mod 700
.22 Remmington Scoremaster
Post Reply