Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
Jonathan 6.5
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Sun Dec 31, 2017 4:02 pm

Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Jonathan 6.5 »

Goeie Dag Lede
Ek probeer n lading ontwikkel om so te skiet tot en met 500m om my skiet vernuf te verbeter en n paar staal bokke te laat lui.

Kaliber : Howa 6.5 Creedmoor dikloop
Looplengte: 606.5mm
Brass: Peterson
Doplengte: 48.47 mm
Dopvolume (gem) : 50,8 h2o
Maks TPL : 72.65
Gelaai TPL: 70mm
Tipe kruit: S355 (12/2018)
Lading : 37.3 gr
Primer: cci 250
Temp : 30 grade
Dop voorbereiding : Ja
Fire form: Ja

Spoed gemeet ( magneto)

2603
2605
2604
2625
2622
2588
2632
2641
2601
2583

Ons het die lading ontwikkeling gedoen vir somer vir 30 grade. Ek het gaan skiet toe dit 30 grade was. Ek het 3min gewag tussen elke skoot. Quickload het aangedui my node lê op 2605 fps.
Image
Groep van die laaste 7 skote op 100m

Waarom ervaar ek so groot ES ?

Enige raad sal waardeer word.

Groete
Jonathan

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by tripodmvr »

Watter koeël het jy gebruik?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jonathan 6.5
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Sun Dec 31, 2017 4:02 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Jonathan 6.5 »

139 gr Lapua Scenar

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by tripodmvr »

QL berekening dui op 37.5gr en nodespoed van 2624vps. Hoër node is oor maks druk so jy het veilig gelaai met hierdie ammunisie.

Vrae en aanbevelings :-
1. Is die gemete dopvolume die van gevuurde doppe alvorens hulle hervorm word?
2. Sny doppe so 0,25mm korter as maksimum.
3. Is doppe hittebehandel (anneal) voor hulle gelaai is?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jonathan 6.5
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Sun Dec 31, 2017 4:02 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Jonathan 6.5 »

Middag Oom

1. Die dopvolume is gemeet na Fireforming. Ek het net genecksize.
2. Dankie vir die raad ek sal die doppe korter sny.
3. Ek het die doppe anneal voor die herlaai.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by tripodmvr »

Jonathan 6.5 wrote: Sun Jan 05, 2020 12:51 pm Middag Oom

1. Die dopvolume is gemeet na Fireforming. Ek het net genecksize. Meet dop net soos hy geskiet is.
2. Dankie vir die raad ek sal die doppe korter sny.
3. Ek het die doppe anneal voor die herlaai. Hittebehandel die doppe en hervorm hulle dan. Die werking van die geelkoper veroorsaak dat dit verhard en hopelik dieselfde nekspanning gee vir al die skote

Sent from my iPhone using Tapatalk
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jonathan 6.5
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Sun Dec 31, 2017 4:02 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Jonathan 6.5 »

Dankie Oom

Ek sal terugvoer gee sodra ek weer n tydjie kry om op die baan te kom.
ShaunG
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Tue Feb 13, 2018 9:31 am

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by ShaunG »

More

Jy sal moontlik die 2720's FPS node soek om teen 500m die beste resultaat te wil kry.

Soos ek verstaan is die 139gn lapua scenar se BC die mees optimum net anderkant 2700's FPS. Ons is tans besig met 'n maat se CM en syne skiet een gat tans op die selfde avg spoed van 2640+-
Last edited by ShaunG on Tue Jan 07, 2020 8:31 am, edited 1 time in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by tripodmvr »

ShaunG wrote: Tue Jan 07, 2020 7:41 am More

Jy sal moontlik die 2720's FPS node soek om teen 500m die beste resultaat te wil kry.

Soos ek verstaan is die 139gn lapua scenar se BC die mees optimum net anderkant 2700's FPS. Ons is tans besig met 'n maat se CM en syne skiet een gat tans op die selfde avg speod van 2640+-
Met S355 kan jy nie die hoër node naby 2700vps kry nie. Die druk raak net te hoog. S365 sal dit egter moontlik maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ShaunG
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Tue Feb 13, 2018 9:31 am

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by ShaunG »

Ek hou van wat ek sien met S355, ek wag vir my 6.5CM en sal die self wil toets eendag.

Jonathan skiet die selfde op 200m en kyk wat kry jy.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Andre308 »

ShaunG wrote: Tue Jan 07, 2020 7:41 am More

Jy sal moontlik die 2720's FPS node soek om teen 500m die beste resultaat te wil kry.

Soos ek verstaan is die 139gn lapua scenar se BC die mees optimum net anderkant 2700's FPS. Ons is tans besig met 'n maat se CM en syne skiet een gat tans op die selfde avg speod van 2640+-
Ek is nou jammer vir die Hijack hier, maar ek verstaan nie die term van die mees optimum BC soos hier bo genoem nie. Wat ek wel weet is dat daardie koel (gelanseer teen 2720fps) al by 60meter onder die 2640fps sal wees wat hy hom tans teen skiet. Dus verstaan ek nie die waarde in die "optimum" BC nie, want jy het net n werklike 20meter waar die koel bo 2700fps gaan wees.

Groete
Andre
ShaunG
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Tue Feb 13, 2018 9:31 am

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by ShaunG »

Andre308 wrote: Tue Jan 07, 2020 8:15 am

More Andre

Dit gaan oor die stabiliteit van die koel wat eers bereik gaan word " mees optimum " gegee die produk se BC teen daardie spoed. So as jy nie naby daardie spoed verkeer enigsins nie beteken dit net dat jy nie die volle potensiaal van die koel sal van gebruik maak nie.

Lees gerus op oor bullet yaw

S
gerrie_CPT
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by gerrie_CPT »

More

Ek wil net graag weet hoe julle die optimale spoed bepaal waarteen geen yaw plaasvind?

Dankie.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Andre308 »

Jonathan 6.5, ek is vreeslik jammer dat ons nou jou lading draad hier hijack. (Jy is welkom om een van my threads te gaan spam😂).

Hier is nou bullet yaw en mees optimam BC genoem hierbo.

Ek sal gou verduidelik wat ek verstaan,

As jy n spesifieke koel teen n spesifieke spoed uit n geweer skiet, dan kry jy n stabilitiet faktor vir daardie omstandighede.

As alles die selfde bly, maar jy maak slegs die spoed hoer, dan neem jou stabilitiet faktor toe. Dus jou koel is dan meer stabiel.

Nou, n koel wat oor n afstand geskiet word verloor vorentoe spoed sowel as spin spoed.

Die probleem oor langer afstande is dat jy meer voorwaartse spoed in die koel verloor weens wrywing as wat jy spin spoed verloor. Die probleem is dan dat jou koel verder in die vlug meer spin rotasie het teenoor voorwaartse vlug afstand. Dit begin dan maak dat jou koel kan "oor stabiliseer" en begin yaw (neus op vlieg) wat baie sleg is vir die koel se wind weerstand (BC).

Dus is daar n spoed/twist rate faktor waarin n koel baie goed presteer. n Minimum spoed/twist rate om seker te maak die koel raak stabiel sodra hy die loop verlaat, en n Maks spoed/twist rate om yaw te voorkom op langer afstande.

Die maks spoed/twist rate faktor behoort nie die normale jagter/veldskiet skut so erg te pla nie aangesien hulle nie in korter afstande die yaw sal ervaar nie.

So, dit is hoe ek dit verstaan, so volgens my is 2640fps 100% reg vir daardie Creedmoor met die Lapua koel.

Groete
Andre
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Gawie(13mm) »

Siende dat Tripod jou op 'n veilige node het sal ek maar help om die draad op 'n sy-lyn te hou.
Ek verstaan hom ook soos Andre. Al wat 'n hoër trompsnelheid tot gevolg het, is dat die afstand waarop die koeël se spoed die trans-soniese stadium bereik, aanskuif.
BC, is 'n veranderlike wat 'n wiskundige formule "waar" maak. Vir elke geweer, looplengte, koeël-keuse en lading verskil dit. DaleSH het al baie daaroor geskryf, hoe baie manne Hornady se "spoed" wou ewenaar in hul Creeds, maar nie ver genoeg gelees het om te besef dat die toets lope 28 duim lank was nie. Die meeste standaard rakgewere (lees Howa en Remington) land on S.A. met 24 duim lope.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1374
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Toxxyc »

My swaer doen baie mooi met S365 in sy 6.5CM. Dis 'n Rem700 ADL Tac, en hy laai 41.6gr S365 agter 'n 139 Scenar (die ou tipe Scenar). Sy node is klaarblyklik ook rondom die 2,700 merk want hy kry so 2,710 FPS van die kombinasie en fantastiese akkuraatheid.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Malan123 »

Hierdie is nou die meeste wat ek nog ooit op 'n 6.5 creedmoor draad geleer het :laugh: >:D
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Andre308 »

Toxxyc wrote: Tue Jan 07, 2020 12:25 pm My swaer doen baie mooi met S365 in sy 6.5CM. Dis 'n Rem700 ADL Tac, en hy laai 41.6gr S365 agter 'n 139 Scenar (die ou tipe Scenar). Sy node is klaarblyklik ook rondom die 2,700 merk want hy kry so 2,710 FPS van die kombinasie en fantastiese akkuraatheid.
Toxxyc, jy is 100 reg. n 24duim Creedmoor met S365 en n 136gr tot 147gr koel se node spoed is daar by 2700fps rond. Daai is volgens die OBT metode bereken.

Die node spoed hier bo gegee vir Jonathan is weens sy kruit wat hy gebruik, wat nie 100% optimaal is vir sy kaliber nie. Hy is steeds op "nie te slegte spoed nie" met goeie drukvlakke.

Ek sukkel nog net om die optimale BC en 2700+ spoed storie by Jonathan se lading te pluis.
ShaunG
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Tue Feb 13, 2018 9:31 am

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by ShaunG »

Jammer ek het enige inligting probeer deel hier manne

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by tripodmvr »

Shaun, jou bydrae het juis die oordra van inligting stimuleer.

Onthou dat QL net gedeeltelik interne ballistiek aanraak. Van eksterne ballistiek weet ons miskien nog minder synde ons nie die hele vlugpad kan dophou en metings kan neem nie. Spoed is omtrent die enigste wat deurgaans gemeet kan word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1374
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Toxxyc »

Andre308 wrote: Tue Jan 07, 2020 1:16 pm
Toxxyc wrote: Tue Jan 07, 2020 12:25 pm My swaer doen baie mooi met S365 in sy 6.5CM. Dis 'n Rem700 ADL Tac, en hy laai 41.6gr S365 agter 'n 139 Scenar (die ou tipe Scenar). Sy node is klaarblyklik ook rondom die 2,700 merk want hy kry so 2,710 FPS van die kombinasie en fantastiese akkuraatheid.
Toxxyc, jy is 100 reg. n 24duim Creedmoor met S365 en n 136gr tot 147gr koel se node spoed is daar by 2700fps rond. Daai is volgens die OBT metode bereken.

Die node spoed hier bo gegee vir Jonathan is weens sy kruit wat hy gebruik, wat nie 100% optimaal is vir sy kaliber nie. Hy is steeds op "nie te slegte spoed nie" met goeie drukvlakke.

Ek sukkel nog net om die optimale BC en 2700+ spoed storie by Jonathan se lading te pluis.
Lekker om te weet, dankie man! Ek moet ook byvoeg dat die geweer soos 'n droom skiet, die terugskop is minimaal met daardie lading en daar is geen druktekens op die lading nie. En met "akkuraat" bedoel ek dat ek met my ongeoefende vinger 'n 4.92mm groepie geskiet het met die geweer en lading so twee weke terug waarop ek ongelooflik trots is.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Capt. Yoda »

Malan123 wrote: Tue Jan 07, 2020 12:41 pm Hierdie is nou die meeste wat ek nog ooit op 'n 6.5 creedmoor draad geleer het :laugh: >:D
Ja nee
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by Blitzzz »

[/quote]
Lekker om te weet, dankie man! Ek moet ook byvoeg dat die geweer soos 'n droom skiet, die terugskop is minimaal met daardie lading en daar is geen druktekens op die lading nie. En met "akkuraat" bedoel ek dat ek met my ongeoefende vinger 'n 4.92mm groepie geskiet het met die geweer en lading so twee weke terug waarop ek ongelooflik trots is.[/quote]

4.92mm! Dit wil gedoen wees. Daai is fyn skiet. Baie geluk.

Ek sou niks verander en die akkurate geweer geniet.

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
gerrie_CPT
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by gerrie_CPT »

More.
Het enige van julle 'n goeie resep vir Lapua scenar 123gr en 139gr met H4350 kruit op 'n Howa 24" 6.5 Creedmoor dukloop. Wat se TPL gee goeie resultate?

Dankei vir die hulp.
ShaunG
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Tue Feb 13, 2018 9:31 am

Re: Herlaai Raad 6.5 Creedmoor

Post by ShaunG »

Ek is besig om 'n maat te help met sy 6.5CM en kry tans as volg

Howa 1500
24"Loop
Federal SR Gold primers
Lapua Brass
Lapua Scenars 139gn
H4350
OAL - Case to ogive 2.248"

41.3gn met 'n spoed van 2656 avg

Ons moet nog die 2700 node probeer find maar dusver kry hy 'n goeie groep gegee die wapen is nog nuut.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply