Geleen van Nexthunt!!
As jy 'n 243 het en met hom jag het jou pa hom vir jou gekoop toe jy 5 jaar oud was en jy wil hom ook graag vir jou seun gee as erf stuk wane hy 5 is...
As jy 'n .260 het is jy 'n boer in die Noord-wes. Jy kom nie op baie plekke nie, maar was eendag by 'n lekker braai waar 'n dronk pel jou vertel het van die beste geweer nog... Toe koop jy 'n .260 en skiet nou papier teikens op 800m en dink jy is 'n sniper. Jou jag vermoë is maar ...
As jy 'n .270 het en met hom jag is jy meeste van die tyd tussen 1989 tot 1995 gebore! Jy kan Kudu's op 300m met 'n stok ou weever scope in die kop skiet. Jy is oppad in die regte ringtig, maar kort nog biekie hulp.
As jy 'n 7x75 besit en met hom jag en vir al die manne sê dis omdat hy baie meer akkuraat is as ander kalibers dan spandeer jy meer tyd op die internet as op die skietbaan en skietveld (en jy cross dress gewoonlik op naweke).
As jy 'n 30-06 besit en met hom jag is dit omdat jou oupa vir jou pa gesê het en jou pa vir jou gesê het "'n man skiet met 'n 30-06" wat helemal waar is. As die groepering nie goed is nie is dit jy... As die recoil teveel is trek uit jou hakskoene en probeer weer. Soos Alwyn Botha sê 30-SukSes...
As jy 'n 300 win mag besit en met hom jag pla jou geld jou en jy jag "10 teen 1" op 50 tot 100m en skiet bokke met 150gr punte teen 3500fps en brag oor die hoeveelheid vleis skade of jy is nie rerig goed bedeeld nie...
As jy 'n .338 besit is jy waarskynlik 'n Dokter of 'n Ingenieur... want slim mense maak goeie keuses! Indien nie, is jy 'n brandewyn drinker, dit is wetenskaplik bewys dat brandewyn jou goeie idees gee!
As jy 'n .375 besit en skiet is jy either 'n P.H of oud of jy het een ge-erf of baie belangrik jy het kort mannetjie sindroom. Die kans is goed dat jy eers 'n .375 gekoop het met 'n boksie 250gr of 300gr en dat daai heel eerste boksie nog nie eers op geskiet is nie en dat jy byna direk daarna vir jou 'n 30-06 gaan koop het. Nou vertel jy vir almal jy het die .375 gekoop net om hom te hê of dat jy eendag 'n P.H wil wees...
As jy met 'n 303 jag, is jy stil, nederig en nie grootpraterig nie, want jy kan nog nie skiet nie! Jy sukkel BAIE met lading ontwikkeling en wanneer mense hulp vra oor watter gr punte die beste werk 150gr, 160gr of 180gr is die algemene antwoord... Wil jy hê die punt moet een, twee of drie keer hop voordat jy die bok tref...
As jy 'n 308 besit is al jou probleme opgelos, want jou pa of oupa het jou die regte dinge in die lewe geleer, en jy het nie nodig om aan enige iemand iets te bewys nie.
Geniet die jaar se jagseisoen!!
Die regte jag kaliber keuse?
-
Johann Marais
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm
Re: Die regte jag kaliber keuse?
Ek het nou baie lekker gelag! Dankie!