Ek het nou 'n probleem tee gekom wat my heel dom het!
Ek het Hella Supernovas op my KB300 gesit met die Hella Loom en die goed werk. Ek wil egter nie net hulle skakelaar gebruik nie, maar dit op my hoofligte se high beam sit sodat ek hulle saam kan laat werk as ek hulle aan wil he.
Ek het gedink dit sal maklik wees, ek moet net 'n relay switch insit wat op die highbeam gekoppel word, sodra ek die helas aansit en die hoofligte op highbeam sal die hellas aangaan! maar dit werk nie!Wanneer ek die helas aansit en die hoofligte op lowbeam aanskakel gaan die helas ook aan, wanneer ek dan highbeam toe gaan skakel die relay af
Op die prent van die connector is dit veronderstel om so te loop: lings + vir highbeam bo is grond en regs + vir lowbeam.
Ek kan nie sien hoe die relay hier kan werk soos ek dit wil laat werk nie!? Is daar 'n ander plek in die enjinkompartement waar ek die krag van kan aftap om te werk met die highbeams? Of is dit soos ek vrees... dat ek deur die firewall moet werk en by die ignition inskakel?
Hulp/raad word waardeer!

