Dag dag manne.
Ek het so 2 seisoene terug op Stampriet gaan jag en dit was 'n fantastiese ervaring. Ek en Langeraat oorweeg dit sterk om komende seisoen weer daai kant to te staan. Ons wil egter die keer deur Botswana reis en dus by Gobasis se area ingaan. Ek is opsoek na inligting van 'n jagplek in die Gobabis/Windhoek area. Ons wil na die jag kus toe gaan vir so paar dae en sal dus eers die jag wil doen. Ons is nie kieskeurig oor wat ons wil jag nie maar rooihartbees is op beide van ons se lys as 'n eerste. Vêrder is gemsbok/springbok en koedoe fair game. Verblyf moet asb. nie 'n smart lodge wees nie maar darm netjies genoeg om vir mamma saam te neem.
Enige name/nommers/verwysings sal baie welkom wees.
Dankie.
Namibia jagplek gesoek.
- KillMurphy911
- Jr. Member

- Posts: 85
- Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm
Re: Namibia jagplek gesoek.
Ek volg met belangstelling jou draad. Ek wou verlede jaar dieselfde doen. Jag, afry Henties toe, paar kabeljoue vang en opad terug my vleisies optel en huis toe gaan.
Groete
KM911
Groete
KM911
We pray our sights be straight and our aim be true.
Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Namibia jagplek gesoek.
Ek glo nie jy moet ernstige verwagtinge koester nie. Hierdie foto van Stampriet-omgewing gekry 'n week gelede!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Namibia jagplek gesoek.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Namibia jagplek gesoek.
Dankie oom Pieter, ek het juis laasjaar op Stampriet gejag en reeds met die boer daar gesels. Hy het vir my dieselfde gesê as wat die foto wys. Ek het verstaan dat dinge beter lyk Noord maar dit klink my nou daar gaan dit nie juis veel beter nie.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Namibia jagplek gesoek.
Hallo Peet
Sien jy is lus vir jag..... was jy nie hierdie jaar 2019 op Stampriet gewees nie of gaan die lewe by my verby?
Peet, alles hang af van die reën seisoen wat op hande is, as die Liewe Vader vir ons genadig is mag dit mos goed reën en daar kan goeie weiding kom. Indien dit nie reën nie gaan ek jou 'n brief gee, jag jy vel en been.
Ons land is regtig kurk horing droog en alles vrek op strepe... my boerdery hang ook aan 'n baie dun draadjie.
Kom ons bly hoop egter die reën kom... dalk kan jy 'n ander mooi deel van ons land sien.
Voorspoed in jou soeke. Hierdie deel is so bietjie buite my area, ken nie jag plekke daar nie.
Groete
Johan

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13526
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Namibia jagplek gesoek.
Nee wat ons gaan lekker jag in Nam in 2020, dit gaan nog baie lekker reen!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Namibia jagplek gesoek.
Wel daar is darm so plek of twee naby Gobabis wat darm bietjie beter lyk..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Just smile and wave boys 