Baie dankie vir die voorreg om te kan deel met mense wat kennelik soveel meer weet as ek.
Ek is gedoop Willem A. (vir iets anders), is 70 jaar oud en jag al sedert ek klein was, toe altyd maar saam my Pa met die .22 (saloon). Om eerlik te wees, was dit maar 'poaching', genoodsaak deur omstandighede. Later van tyd my eie (letterlik) arsenaal opgebou (baie lief vir die Mauser).
Ek herlaai almal. In my tyd in Namakwaland het ek erg baie gejag in die Suide van Namibië, maar noudat ek in Jefrreysbaai werk en woon, jag ek minder. Ouderdom is ook 'n faktor natuurlik.
Gelukkig het ek 'n Seun wat my passie vir gewere en jag deel.
Piet Vorster was my onderwyser en atletiekafrigter in my hoërskoolloopbaan, en nou is hy my vriend en dikwels raadgewer.
Groetnis en baie dankie weereens.
BEKENDSTELLING
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: BEKENDSTELLING
Baie welkom hier Oom Riaan. Ek is seker oom gaan dit baie hier geniet. Hopelik sal die manne Oom se verbintenis met Oom PW oorsien.
Groetnis
Wouter
Groetnis
Wouter
- hotklou
- Newbie

- Posts: 36
- Joined: Mon Oct 14, 2019 12:30 pm
Re: BEKENDSTELLING
Lekker lekker
Welkom hier!
Welkom hier!
"Come to the edge," he said.
And so they came.
And he pushed them.
And they flew.”
-Apollinaire
And so they came.
And he pushed them.
And they flew.”
-Apollinaire
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: BEKENDSTELLING
Welkom oom Rian!
Kriek
Kriek
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: BEKENDSTELLING
Baie Welkom oom. Klink soos een van daai ooms saam wie mens lekker om n vuurtjie kan sit.
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: BEKENDSTELLING
Hartlik welkom , ons kan dalk nog leer by oom ook
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: BEKENDSTELLING
Wouter is natuurlik baie braaf, want hy sit doer in die TransvaalWouter Roets wrote:Baie welkom hier Oom Riaan. Ek is seker oom gaan dit baie hier geniet. Hopelik sal die manne Oom se verbintenis met Oom PW oorsien.![]()
Groetnis
Wouter
Riaan, so af en toe kan jy egter na sy raad i.v.m. gunne luister, maar andersins vang hy baie snaakse goed aan. Hy ry bv. met 'n Amarok en skiet net met Rugers!