More almal
Ek het n vermoede wat die probleem is, ek wil net bevestig voor ek geweersmit toe hardloop.
Ek skiet n ou box lock SXS hael geweer, dubbel sneller, en die linkerkanste loop mis meer en meer gereeld.
Hy doen dit met gelaaide patrone en fabrieks patrone. Daar is n duidelike duik in die slag dop. Dit is ook nie n onreelmatige duik, sodat mens kan dink dat die slagpen gebreek of gechip is nie.
My vermoede is date die veer moeg is en dus die slag pen "soft strike"
Is ek reg?
Hael Geweer mis
- JurieW
- Full Member

- Posts: 129
- Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm
Hael Geweer mis
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Hael Geweer mis
Jurie, dit mag dalk die veer wees, maar ek sou eers die geweer laat goed skoonmaak (ultrasonies?) omrede daar miskien 'n opbou van vullis in die slagpen gaatjie is wat keer dat die slagpen ordentlik vorentoe beweeg.
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1834
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Hael Geweer mis
Haal die aksie uit mekaar en kyk of die slagpen gebreek is ... (as jy nie gemaklik is met dit of as jy nie weet hoe om dit weer reg aan mekaar te sit nie, vat dit vir n wapensmit)
As jy die kolf af het kan jy sommer daar binne skoon maak en kyk of die vere nog reg is. (So bietjie maintenance doen)
Ek haal my haelgewere een maal n jaar (party keer meer) uit mekaar en kyk of alles nog reg is.
As jy die kolf af het kan jy sommer daar binne skoon maak en kyk of die vere nog reg is. (So bietjie maintenance doen)
Ek haal my haelgewere een maal n jaar (party keer meer) uit mekaar en kyk of alles nog reg is.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Hael Geweer mis
Dit kan die slagpen wees maar dit is meer waarskynlik `n mainspring wat nie meer doen wat hy moet doen nie. Watse haelgeweer is dit? As dit `n Engelse haelgeweer is, gaan hy waarskynlik `n bladveer (flat spring) van soorte gebruik. As dit Belgies, Frans of Italiaans is, is enigiets moontlik.
- JurieW
- Full Member

- Posts: 129
- Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm
Re: Hael Geweer mis
HI Rudi, ek het nie n idee oor hoe om die aksie uit mekaar te haal nie, ek sal maar invat.
HI Johan dis n belgiese geweer. (ELG)
HI Johan dis n belgiese geweer. (ELG)
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint