CZ 550 Plastiek Magasyn Vloerplaat

Post Reply
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

CZ 550 Plastiek Magasyn Vloerplaat

Post by knipmes »

Ek het n nuwe CZ mod 550 vir my seun gekoop. . Voor die aankoop het ek met verskeie vriende gepraat en heelwat forums op die I- net besoek. Die kommentaar was oorwegend baie posetief.
Tydend die koop van die geweer het ek nie baie goed na al die "onderdele" gekyk nie. Die magasyn vloerplaat is swart en ek het aanvaar dat dit van staal vervaardig was. Nadat ek die geweer in ontvangs geneem het, het ek agter gekom die vloerplaat en die gedeelte waarop die patrone in die magasyn rus ( magazine follower) is van n soort plastiek vervaardig.
Het iemand dalk ondervinding van die duursaamheid van hierdie onderdele?
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: CZ 550 Plastiek Magasyn Vloerplaat

Post by Smitstertjies »

Daardie plastiek vloerplaat gaan jou baie jare hou. Ek het n paar CZ's en nog geen het ooit gefaal nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: CZ 550 Plastiek Magasyn Vloerplaat

Post by knipmes »

Dankie. Dit laat my beter voel. Ek het maar nie baie vertroue in plastiek onderdele nie.
Die vervaardigers het seker maar gesorg dat die onderdele van plastiek van goeie gehalte is.
Post Reply