Halsbande werk
- mauser3006
- Newbie

- Posts: 38
- Joined: Fri Aug 17, 2018 6:04 pm
Halsbande werk
Gisteraand het my farmranger halsbande hulself betaal! Alarm bly afgaan op foon, dog eers dis 2 beenjakkalse, ek wag hulle in en tot my groot verbasing is dit toe die ta wat die skape aanjaag. Het hom vinnig gedood. Interessant om te sien hoe hy hulle aangejaag het en toe in die hoek vasgekeer het waar hulle bietjie rongemaal het en toe uitgebreek het, hy is daarna al agter hulle aan tot hy in my vasgeloop het. Hele gedoente van begin van alarm tot einde was net so oor 30min en die afstand wat hy hulle gejaag het so 4km! Snaaks ook dat hy alleen was.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
..hou lood in die lug!