"Mag ek jou aanmoedig om oor te gee, ..... "

Post Reply
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1248
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

"Mag ek jou aanmoedig om oor te gee, ..... "

Post by TFDADD »

Om oor te gee is glad nie maklik nie, nogtans kan ons almal hieruit iets leer.
Ek wil nie veel meer hieroor sê nie, lees self hierdie dagstukkie en besluit self of jy met volle oorgawe hierdie beskermende gemoedsrus as geskenk wil ontvang.
DIE GESKENK VAN AFHANKLIKHEID -

Deur Benescke Janse van Rensburg -

Twee weke gelede het ek van die trappe afgeval en my been gebreek. ’n Operasie was nodig om die skade aan my enkel te herstel. Oornag het ek beweeg van totaal onafhanklik wees en op spoed die lewe aandurf, tot doodstil sit en volkome afhanklik wees van hulp van ander om alles gedoen te kry. Vir my geaardheid is dit met tye erg frustrerend. Elke beweging gaan gepaard met pyn, so ’n mens moet mooi dink of jy regtig êrens heen wil stap met die krukke.

My een vraag deurentyd was: “Vader wys my wat moet ek hieruit leer?” In my lewe glo ek dat daar altyd ’n rede is vir alles wat gebeur - goed of sleg. Gisteraand het die lig skielik vir my aangegaan.

Is dít nie dalk wat dit beteken om totaal afhanklik van God te wees nie? Dis maklik om te sê dat ons God eerste stel en dat ons Hom ken in ’n saak, maar wat beteken dit prakties? Is ons bereid om “nee” te sê vir ’n aanloklike projek met baie geld omdat ons nie vrede in ons harte het nie? Is ons bereid om kontak met iemand te verbreek buite ons huwelik omdat dit ons huwelik negatief raak? Het ons soveel ontsag vir Hom dat ons bereid is om stil in Sy teenwoordigheid te wag vir ’n antwoord of neem ons besluite waarna ons Hom bloot inlig?

In 2 Kronieke 16:9 lees ons: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.” In Psalm 27:14 lees ons: “Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!” En dan in Psalm 53:3 word ons herinner dat God ons sien wanneer ons in sy teenwoordigheid vir ’n antwoord wag: “Van die hemel af kyk God die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.”

Afhanklikheid voel aanvanklik frustrerend omdat ’n mens beheer oorgee. Tog, daar is ’n geskenk opgesluit in die oorgee: Beskerming. Mag ek jou aanmoedig om oor te gee, stil te word en te luister. God eer afhanklikheid. Sterkte.

Vader God baie dankie dat ek my knieë voor U kan buig in afhanklikheid, wetende dat U my daarin beskerm. Lei my asseblief met wysheid in al my doen en late. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 983
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: "Mag ek jou aanmoedig om oor te gee, ..... "

Post by partner »

Baie dankie. Waardeer.
narp
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Wed Apr 23, 2014 11:27 am

Re: "Mag ek jou aanmoedig om oor te gee, ..... "

Post by narp »

Regte woorde op die regte tyd, ek se baie dankie !!!
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: "Mag ek jou aanmoedig om oor te gee, ..... "

Post by 6mmMusgrave »

Baie waare woorde. Baie dankie. Amen
Post Reply