Middag lede.
Kry mens 'n CZ korrel te koop wat hoër is as die een waarmee my pistol uitgekom het? Op hom is "3", sien foto aangeheg.
Ek stel nie op die oomblik belang in die fancy optic fibre sights nie, wil net 'n hoër korrel posit.
Groete
CZ P09 skiet hoog
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
CZ P09 skiet hoog
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: CZ P09 skiet hoog
Stefan, ek weet nie van nommers op korrels nie - daarmee behoort Marius by Jizni te kan help:
https://www.jizni.co.za
Is jy seker dat die pistool hoog skiet - met ander skuts ook? Ek vra omdat ek altyd "laag" geskiet het totdat ek uitgevind het dat die meeste pistole op 25m ingeskiet is.
n Ander geval was n vrou wat altyd te hoog geskiet het, totdat n instrukteur agtergekom het sy hou haar kop te ver agter/vorentoe gehou het.

Last edited by Ds J on Tue Sep 24, 2019 12:10 pm, edited 1 time in total.
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: CZ P09 skiet hoog
Hallo Ds, hy skiet met ander skuts ook hoog. Met my skiet hy 'n handbreedte hoog op ±12 meter (sien foto aangeheg) en as ek op my staal plate skiet op 25meter moet ek onder op die plate korrel.Ds J wrote:Stefan, ek weet nie van nommers op korrels nie - daarmee behoort Marius by Jizni te kan help:
https://www.jizni.co.za
Is jy seker dat die pistool hoog skiet - met ander skuts ook? Ek vra omdat ek altyd "laag" geskiet het totdat ek uitgevind het dat die meeste pistol op 25m ingeskiet is.
n Ander geval was n vrou wat altyd te hoog geskiet het, totdat n instrukteur agtergekom het sy hou haar kop te ver agter/vorentoe gehou het.
Indien die 3 op die korrel 3mm aandui, reken ek 4mm sal reg wees as ek sien die verskil wat 1mm maak aan links of regs skuif, hy het links ook geskiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: CZ P09 skiet hoog
Met watter koeëlgewig skiet jy? Totdat jy 'n ander korrel kry kan jy dalk 'n ligter koeël probeer.
Dit klink snaaks, maar 'n swaarder koeëlpunt tref gewoonlik hoër as 'n ligter een met 'n handwapen. My eerste handwapen destyds was 'n 38 Enfield rewolwer (.38 S&W). Die rewolwer het konstant laag geskiet met die beskikbare kommersiële ammunisie. Die PMP rondtes was 145 gr, maar het toe uitgevind die wapens was eintlik ontwerp vir die Britse weermag se 200gr koeëlpunte. Die swaarder koeëls trek stadiger deur die loop, met die gevolg dat met die langer looptyd die wapen al verder opgewip het vanweë die terugslag teen die tyd dat die koeël die loop verlaat.
Dit klink snaaks, maar 'n swaarder koeëlpunt tref gewoonlik hoër as 'n ligter een met 'n handwapen. My eerste handwapen destyds was 'n 38 Enfield rewolwer (.38 S&W). Die rewolwer het konstant laag geskiet met die beskikbare kommersiële ammunisie. Die PMP rondtes was 145 gr, maar het toe uitgevind die wapens was eintlik ontwerp vir die Britse weermag se 200gr koeëlpunte. Die swaarder koeëls trek stadiger deur die loop, met die gevolg dat met die langer looptyd die wapen al verder opgewip het vanweë die terugslag teen die tyd dat die koeël die loop verlaat.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: CZ P09 skiet hoog
Ek het google probeer. Sommige skuts in die VSA noem dat n swaarder of ligter koeel n groot verskil op die trefpunt van die pistool kan maak.
https://czfirearms.us/index.php?topic=89241.0
https://czfirearms.us/index.php?topic=89241.0
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: CZ P09 skiet hoog
Stephan. Ek sê beslis nie dis in jou geval so nie maar is jy seker van jou greep op die wapen. By n handwapen is dit baie belangrik. Ek het n paar mense op die baan al kon help deur net n baie klein verandering op greep.
Maak 'n verskil
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: CZ P09 skiet hoog
Oos Kaap en Ds, ek skiet 115grein punte al vandat ek hom twee jaar gelede gekoop , maar sal bietjie die toets doen met swaarder punte net om te sien waste verskil dit maak. Ligter as 115gr wil ek nie gaan nie.
Ratel, dit sou gaaf wees om te weet of ek die wapen reg vashou of nie. Hierdie is my 3de 9mm sedert 1997 en het die vorige 2 (Mauser en CZ75B) se truuk agter gekom en heel lekker geskiet.
Ratel, dit sou gaaf wees om te weet of ek die wapen reg vashou of nie. Hierdie is my 3de 9mm sedert 1997 en het die vorige 2 (Mauser en CZ75B) se truuk agter gekom en heel lekker geskiet.