Karkas ophang stelsel vir afslag en
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Karkas ophang stelsel vir afslag en
Hi
By ons jagklub het ons 'n lekker afslag paal met 'n elektroniese winch. Dit werk baie lekker maar die enigste ding wat my pla is dat ons slegs een haak in een been gebruik. Bv Saterdag was ons 2 ouens wat besig was om 'n jongerige varkie se vel af te trek. Enigste probleem was dat ons so hard getrek het dat die tendon gesnap het en die varkie byna op die grond geval het.
Ek dink toe ek sal daarvan hou om so tipe haak te sweis vir volgende naweek:
Maar toe ek gaan kyk op die internet vir planne en toe sien ek hierdie ontwerp. Ek dink dit sal baie lekker werk en dit behoort glad nie duur te kos nie om te maak nie.
Ek het klaar die pyp om hom te maak - nou nie stainless steel nie maar sommer gewone pyp - Ek gaan more gaan kyk virr kabels en stoppers vir die kabel en miskien ook sommer 'n ding om in die boonste kabel te beskerm sodat mens nie kabel kink in hom kry nie.
Ek sal probeer om fotos op te sit as ek klaar is.
Het enigiemand dalk al die 2 probeer en werk een beter as die ander?

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
Wat jy ook kan probeer is om n gleuf aan beide kante van die pyp te sny. Jy maak dan 2 hake en sweis n stewige "washer" of stuk plat yster wat in die pyp pas aan die punt van die reguit steel van elke hak. Skuif dan die hake in die gleuwe weerskante in en sweis die opening aan die punt van die gleuwe toe. Hierdie hanghak kan dan verstel word na gelang van die groote van die bok deur die hake in of uit te skuif. Jy moet natuurlik ook so n driehoek aan die teenoorgestelde kant van die pyp sweis waar dit aan die hystoestel geheg kan word.
Hoop jy kry nog n paar voorstelle/ planne
Hoop jy kry nog n paar voorstelle/ planne
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
Wat ek van die kabelhak hou is die feit dat jy net een hak nodig het bo. Jy hoef ook nie 'n gat in skeen te maak nie. Jy jan die kabel so hoog of laag om die been vastrek na gelang van jou behoefte. En as jy wil hakke insit kan jy dit ook doen.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
daai lyk baie goed, beide planne! Ek dink die kabel gaan baie lekker werk op ligter spesies en die soliede een op groter diere.
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
Dankie ouens. Ek wou vanaand die haak gemaak het maar ek kry eers more die kabel. So ek sal hom maar more aand moet maak.
Spekieries.
Jip jy kan die kabels reg onder die dier se hoewe vasmaak sodat die haak nie pla as jy afslag nie.
Spekieries.
Jip jy kan die kabels reg onder die dier se hoewe vasmaak sodat die haak nie pla as jy afslag nie.
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1016
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
Persoonlik hou ek daarvan as die karkas op twee plekke aan slagpaal hak, dan hang hy mooi stil en sy voor/agter kant bly waar jy dit gehang het. As jou slag-hak slegs op een plek hak veroorsaak dit 'n swivel effek bo en het myself al gekry dat ek al in die rondte agter karkas aan loop soos jy besig is en karkas draai.
In hierdie geval van die kabel metode sou ek dus bloot twee individuele kabels gebruik ipv een met oog, sal bitter lekker werk mits kabels kort gehou word
In hierdie geval van die kabel metode sou ek dus bloot twee individuele kabels gebruik ipv een met oog, sal bitter lekker werk mits kabels kort gehou word
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
Koop sommer van die begin af, 'n dikker kabel as wat jy beplan het. My voorstel is 10mm en verkieslik groter... My ondervinding is dat die kabel mettertyd deur skuur waar hy deur die pyp gaan en jou drop as jy hom die nodigste het, veral as hy baie bebruik word deur verskillend persone. Miskien goeie idee om die gat effens te vyl om die skerp kante te verwyder
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
Dankie Spanner
Ek wil in die oog 'n "thimble" insit sodat hy die kabel beskerm.
Ek wil in die oog 'n "thimble" insit sodat hy die kabel beskerm.
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
Ek het toe Vrydag aand die kabel haak gemaak. Kon net 4mm kabel kry - Dis gerate tot 150kg. Dink ek het my boor uitgebrand om daai blerrie pyp se gate deur te geboor het.
Ek het hom eers getoets met my 75kg varkie en toe kom hulle met een van 118kg ook daar aan en ons hang hom toe daarmee ook op. Hy het perfek gehou. Selfs toe ons hom middel deur wil kap het ons een poot losgemaak en hy het die vark perfek stil gehou en dit werk baie makliker.
Cheers
Ek het hom eers getoets met my 75kg varkie en toe kom hulle met een van 118kg ook daar aan en ons hang hom toe daarmee ook op. Hy het perfek gehou. Selfs toe ons hom middel deur wil kap het ons een poot losgemaak en hy het die vark perfek stil gehou en dit werk baie makliker.
Cheers
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
Bakgat, Methos! Plaas nou 'n foto waar die prooi hang!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
Boer maak plan daar self in die verte.
Cava come sa tre bien!!
Cava come sa tre bien!!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Karkas ophang stelsel vir afslag en
Gaan vloek op 'n ander plek!Frederik wrote:Boer maak plan daar self in die verte.
Cava come sa tre bien!!