Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
spekieries wrote:Ek stem ook vir so 4 duim (100mm) tot 5 duim (12.5-13mm) lem. Die "drop point" onderste een is ook vir my. Ek hou nie van skerp punte op die hef nie so ek sal agter die onderste punt ronder maak. Esteties is 'n mooi hout hef die baas, maar micarta of 'n sintetiese hef is prakties beter.
spekieries wrote:Ek stem ook vir so 4 duim (100mm) tot 5 duim (12.5-13mm) lem. Die "drop point" onderste een is ook vir my. Ek hou nie van skerp punte op die hef nie so ek sal agter die onderste punt ronder maak. Esteties is 'n mooi hout hef die baas, maar micarta of 'n sintetiese hef is prakties beter.
Dit verbaas my nogal dat so min manne 'n penshaak verkies. Dit is waar dat dit 'n irritasie kan wees as hy orals vashaak maar dis ook baie gerieflik om vinnig die pens te trek. Ek verkies wel my jagmes ook sonder 'n haak omrede ek genoeg ander messe in die kamp/bakkie het met hake.
Persoonlik hou ek van 'n lekker skerp punt soos die onderste lem op die foto en selfs skerper. Ek sny keel soos oom Koos Barnard verduidelik het en daai skerp punt gaan lekker vinnig in op die kant van die keel. Baie effektief en minder gemors as 'n bok wat se nek oopgesaag word.
BandK wrote:Ek dra gewoonlik die mes (met swart skede) by my as ons veld toe gaan, slag, kosmaak en eet. Andries Strydom het hom vir my gemaak as EDC weergawe van sy Heritage Hunter
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190917/227e35c4a384fe5c11de422aa84f1e62.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190917/f85041698eb2cfdb640a83f01d289923.jpg
Dan in my broeksak het ek die opinel staatmaker. Ek het nie issues as iemand anders hom gebruik nie ( selfs vleis op rooster sny)
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190917/446e3e373bec3a303f3add9616d23210.jpg
Hierdie gut hook was al baie saam maar nooit gebruik nie
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190917/b8c066e2dbf4e43942fce4f84efdd2cc.jpg
Vir een of ander rede word die weggoobare skalpels wat in my rugsak is gereed gebruik (miskien vir snaaksigheid)
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
My magtig! Daar gaan staan en leer ek ook nou iets!
Dit werk! Ek het dit nou self op my Kershaw gedoen uit nuuskierigheid. Hy was taamlik skerp al klaar, maar nou het ek 'n linkerarm met 'n strook sonder hare hahaha
Glad nie, ek het nogal opgelet of ek kon sien of hy merkies los of nie. Ek kan nie met sekerheid sê dit gaan nie 'n effek hê na 100 maal se slyp nie wel.
Blikkies leer ek ook nou 'n ding. Hoekom sal die man hom slyp in die rigting van die snykant as dit sin maak? Ek was altyd geleer jy sleep hom anderkant toe?
Jagmes: Dun fixed-blade met sintetiese handvatsel. Maklik om skoon te maak en veiliger as knipmes wat dalk nie mooi oopge"lock" is tussen al die adrenalien deur nie. Die veld is die laaste plek wat jy jou hand wil oopsny.
Plankie-steak mes: Lekker dik Meula fixed-blade met mooi handvatsel
Biltongmes: Klein gewone victorinox knipmessie met maks 2 lemme
En natuurlik is die beste mes vir enige applikasie 'n skerp mes
Ek dra 4 messe saam. 'n Leatherman Wave in my broeksak elke dag. Dan in my rugsak het ek 'n groot jagmes met so 18cm lem wat ek saamvat vir as daar 'n vark vasgekeer word deur die honde en mens nie kan skiet tussen deur nie. Hulle vra dat elkeen so mes saamvat om die vark dood te steek. Ek moes dit gelukkig nog nie doen nie
Dan ook in my rugsak het ek 'n skinner met 'n guthook wat heel lekker werk. Sy handvatsel is dalk bietjie klein maar ek het groot hande. Dan dra ek ook 'n carpet knife saam 'n pak vol lemmetjies wat ek gebruik om die afslag begin lyne te sny want die hare maak jou mes baie vinnig stomp.
Koos Barnard wrote:Ek gaan dit nou-nou op my Ford te ruit probeer. Sal seker 'n nuwe bakkie moet koop dan.
Jy bedoel gesponsor word Koos
Ha-Ha!!! Ons ry lankal nie meer sponsorbakkies nie, van Febrmaand af. En SA Jagter het so pas hul eie bakkie gekoop. Die Ford is my eie wat ek al meer as 18 maande besit (nee ook nie goedkoop gekry deur 'n sponsor nie).
Mooi loop
Dan moet Oom maar terugswaai na die brand wat Deliver aangesien daar nou vrye wil is.
Stockholm Syndrome se skuld dat Oom nog die Ford het?
Alles loop reg altyd reg......Isuzu!
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Supacow wrote:Dan moet Oom maar terugswaai na die brand wat Deliver aangesien daar nou vrye wil is.
Stockholm Syndrome se skuld dat Oom nog die Ford het?
Alles loop reg altyd reg......Isuzu!
Ek gebruik Opinel knipmesse wat aan die boonste eienskappe voldoen.
Die nr 9 en 10 werk perfek. As jy sy skerp punt effens rond maak op die "bench grinder" werk hy nog lekkerder as jy n pens moet uithaal in die veld.
Hulle is lekker lig, so jy weet nie eers van hom in jou baadjie sak nie en goedkoop genoeg dat jy nie nagte later wakker lê as jy hom in die veld laat lê of as die slagter "vergeet" om hom vir jou terug te gee nie.