Botswana Jag - wat het ons als nodig?

Post Reply
User avatar
RudolphP
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am

Botswana Jag - wat het ons als nodig?

Post by RudolphP »

More almal,
 
Ons beplan om in 2020 in Botswana te gaan jag. Ons is 'n groep van 8 manne wat wil gaan en dit sal almal se eerste keer was om aan die ander kant van die grens drade te gaan jag.
 
Wat ek wil weet is die volgende:
1. Watse permit het ons van SAPS af nodig om ons gewere oor die grens te vat en hoe lank voor die tyd moet ons aansoek doen daarvoor?
2. Watse permit het ons van Botswana af om die gewere in die land in te kan vat? Hoe doen mens aansoek hiervoor?
3. Watse permit het ons nodig om die vleis terug te bring en hoeveel mag ons per jagter terug bring?
 
Is daar enige kostes verbonde aan enige van die permitte wat ons benodig?
 
Dankie by voorbaat
Rudi


Sent from my SM-A505F using Tapatalk
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Botswana Jag - wat sy ons als nodig?

Post by Stephan86 »

Hello Rudi,

Jul gaan 'n ongelooflikke tyd hê daar in Botswana dit is 'n spesiale wêreld. Waar in Botswana gaan jul jag?

So hier is die info wat jy soek:
1. SAPS 520 (temporary export permit)
2. Die plaas/outfitter reel ons invoer permitte van wapens, ons stuur aan hom 'n brief waar ons hom die toestemming gee om namens ons 'n tydelike invoer permit vir die wapens te kry. (daar is 'n koste maar nie seker hoeveel nie)
3. Jy moet aansoek doen vir 'n Veearts invoer permit, hier is ook n koste aan betrokke maar ook al vergeet wat dit is (as ek reg onthou is elke permit geldig vir 500kg)
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Botswana Jag - wat het ons als nodig?

Post by Parker »

RudolphP wrote:More almal,
 
Ons beplan om in 2020 in Botswana te gaan jag. Ons is 'n groep van 8 manne wat wil gaan en dit sal almal se eerste keer was om aan die ander kant van die grens drade te gaan jag.
 
Wat ek wil weet is die volgende:
1. Watse permit het ons van SAPS af nodig om ons gewere oor die grens te vat en hoe lank voor die tyd moet ons aansoek doen daarvoor? N tydelike uitvoerpermit. Doen maar aansoek so vroeg as moontlik sodat jy hom so agt weke vor jul trippie in jou hand het. Hier is geen kostes betrokke.
2. Watse permit het ons van Botswana af om die gewere in die land in te kan vat? Hoe doen mens aansoek hiervoor? Die uitvoerpermit moet Bots toe gestuur word vir n invoerpermit van Botswana Polisie. Hier sal jul oufitter in Botswana jou verwys na n persoon. Gewoonlik Mike Botha. Kostes ongeveer R350 tot R400 per wapen.
3. Watse permit het ons nodig om die vleis terug te bring en hoeveel mag ons per jagter terug bring? Jy moet by Dep vissery en Bosbou in Pretoria aansoek doen virn permit. Kos jou gewoonlik so R180 dan kan jy per permit 500 kg inbring. Andersins is dit maar 25 kg vleis per voertuig.
 
Is daar enige kostes verbonde aan enige van die permitte wat ons benodig? Soos bo alreeds aangedui
 Jy kan my gerus ook whatsapp op 0813628683
Dankie by voorbaat
Rudi


Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Stoot lood!
User avatar
RudolphP
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am

Re: Botswana Jag - wat het ons als nodig?

Post by RudolphP »

Dankie dit help alreeds baie!

Ons gaan in die Tuli blok jag. Een van my pelle in Gaborone reël als en ons val net in.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Post Reply