Hoe lyk die perfekte jagmes?
- Xplicitly
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm
Hoe lyk die perfekte jagmes?
Goeie Dag Manne
Soos die onderwerp beskryf, hoe lyk jou ideale jag mes?
Watse lem profiel het hy?
Het hy 'n "hollow grind" of "flat grind"?
Van watse materiaal is die lem gemaak? Koolstof staal of Vlek Vry?
Wat is die ideale slyp hoek?
Het die mes 'n "guard" tussen die lem en die handvatsel?
Waarvan word die handvatsel gemaak?
Het die mes 'n "gutting hook"? Is die hak op die lem of op die handvatsel? Is die hak net een kant gelsyp of albei?
Hoe groot is die mes?
Ek besef al hoe meer dat daar 'n behoefte onder jagters is vir die "ideale" jag mes wat kan slag, kuip, bottels oopmaak en koffie maak. As ek 'n klomp messe moes maak vir forum lede, wat sou julle wou hê?
Groete
Marius

.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Ek dink nie daar gaan een antwoord wees wat almal pas nie. Baie manne verkies 'n knipmes en baie manne 'n mooi mes in 'n skede op die belt. Die meerderheid manne sal 'n penshaak verkies glo ek maar tog nie almal nie so dit sal lekker wees om die opsie te hê vooraf. Dan wil almal 'n mooi mes hê maar nie so duur dat dit nie 'n werk mes kan wees nie. Persoonlik dink ek in die prysklas van R500-1000, of dit ooit haalbaar is het ek geen idee nie.
Ek sou sê ideaal sal wees 'n knipmes met +-3,5 duim lem en baie belangrik dit moet 'n goeie "pocket clip" hê want die goed buig en breek altyd.
Vir 'n "fixed blade moet die mes mooi vertoon want niemand wil 'n lelike mes rond dra nie. Sou sê 'n 4-5 duim lem wat nie gaan roes nie met 'n lekker skerp punt vir keel afsny. Die skede moet verkieslik leer wees en die mes moet nie te veel rondswaai en rondskuif op die belt nie.
Hierdie is maar net my beskeie opinie, sal lekker wees om te sien wat die ander manne dink.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk

- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
My vraag aan jou sal wees wat jy als met jou mes sal wil doen?? Ek BV. trek net hier en daar 'n pêns, sny keel vir uitbloei en help afslag. Nou vir bg. het jy nie veel meer as 'n R299 DOW mes nodig nie.
-
bobby
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
for me it's the buck vangard , great knife
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Ek stem saam dat 'n R299 DOW mes voldoende sal wees vir 99% van jagmes werk. Maar meeste jagters wat ek sien het groot blink messe wat nie net R299 kos nie. 'n Goeie kwaliteit handgemaakte mes is beslis in sy eie klas. Net soos meeste van ons 'n blaser met 'n mooi hout kolf sal verkies bo 'n standaard plastiese howa.Pvdw wrote:My vraag aan jou sal wees wat jy als met jou mes sal wil doen?? Ek BV. trek net hier en daar 'n pêns, sny keel vir uitbloei en help afslag. Nou vir bg. het jy nie veel meer as 'n R299 DOW mes nodig nie.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- neef
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Dag se manne en vroue. ek persoonlik geniet my kombenasie wat bestaan uit n kersshaw Blackwash knipmes wat ek gebruik vir uitbloei steek en klein werkies soos pote en so, want ek sny nie n been mis nie wat dan die mes so biekie knou. Dan het ek n Muela Bisonte wat die res van die werk doen. Al raad wat ek kan gee is dat beter staal langer skerp bly, maar ek het nog nie n mes gesien wat nie stomp word nie. lekker dag
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2141
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Dis n baie interessante vraag, en die belangrikste standpunt is alreeds genoem: wat wil jy met hom doen?
Die jagmestradisie in SA het waarskynlik sy ontstaan in die grys verlede toe baie van ons voorsate van jag geleef het en n beperkte hoeveelheid gereedskap gehad het. In daardie tyd was n mes deel van daaglikse toerusting, en moes hy enigiets kon doen.
Vandag werk dit anders. Te veel jagters skiet ewe gerieflik van n bakkie af, en dan word die bokkie vir hom gelaai - binnegoed en al, sonder dat daar sprake van pens trek of keel sny is. Die mes word hoogstens gebruik om n koue bier oop te maak, en daarvoor werk n aansteker se agterkant net so goed.
Ek dra altyd n groterige knipmes rond, en dit is gewoonlik voldoende vir die snywerkies op n skiet- of jaggeleentheid.
xxx
Enkele oorwegings gebaseer op praktiese ervaring: ek is 42 jaar oud en het grootgeword met wildsvleis. Ek werk dus al ongeveer 30 jaar ernstig vleis. Dit, en tien jaar se bees- en varkkarkaste vir gemeente basaars tel darem seker vir iets
n Mes moet redelik groot en sterk wees. Lem ten minste 15cm, maar eerder 20cm of selfs n bietjie meer. Die lem moet reguit wees met n opwaartse kurwe aan die snykant. Verkieslik moet n jagmes ook nie n skerp punt he^ nie - dit maak net skade aan die vel en die binnegoed as n mens nie mooi kyk nie. As die mes nie baie gaan werk nie is n dun lem voldoende - 3mm dikte is voldoende.
Enige mes moet van goeie staal wees. Of dit AUS-10 of gewone koolstofstaal is maak nie so baie saak nie. Behandel die staal soos nodig. Een van die belangrikste eienskappe: hy moet skerp bly. Dit is n eindelose frustrasie as die lem elke tien minute eers weer aandag nodig het omdat hy stomp is. Die mes kan gerus maar swaar wees - n swaar mes het momentum en kan swaar snywerk hanteer. n Ligte mes maak die spiere moeg en die gewrig lam.
Dwarssnit van die lem - FFG ("full flat grind") of iets baie naby daaraan. Ek weet dat "hollow grind" die in ding is. Dit ontstaan in die meeste gevalle net omdat dit die natuurlike resultaat is wanner n stuk staal teen n bandskuurder gehou word. Ek kon tot nou toe geen praktiese voordeel aan n holgeskuurde lem ontdek nie.
Verkieslik n tipe stopper of blokkasie tusen die lem en die hef - bloed is glibberig en dit keer dalk net dat die vingers nie oor die lem gly nie.
Die hef moet behoorlik groot en lank wees. Daar is verskillende vorms - soek uit wat vir jouself werk. Hewwe met te veel kurwes maak my hand moeg. Ek verkies n redelike reguit hef, al is hy teen n hoek met die lem.
Penshaak - nee wat, nie nodig nie en eintlik net lastig as n mens werklik lank en hard met n mes moet werk. Daardie hakie het n manier om aan klere en vel te haak wanneer dit werklik onnodig is. Dra dan maar liewe n klein Buck penshakie saam.
Skede vir die mes: solank die mes stewig vas is, nie te veel rondswaai nie en ook nie uitval nie, is dit reg.

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Ek het drie wat ek gebruik, gewone leatherman Surge vir springbok rooibok ens in veld, Leatherman ukiah vir akke groter diere waar 'n lekker bellyripper baie help byde is vir veldwerk, in die slagkamer, het ek 'n baie lekker columbia USA kromlem wat ek vel af, boud en bladwerk mee doen. Dis werklik 'n plesier mes! gebruik dit bitter baie om die huis ook.
hier is prent van columbia:
hier is prent van columbia:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by alecjohnson on Mon Sep 16, 2019 7:42 pm, edited 1 time in total.
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Jy kan ook sommer 'n matmes en 'n paar ekstra lemme saampiekel as jy nie omgee wat ander mense van jou dink nie.
Of so iets
- Xplicitly
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
DS J het nogal 'n paar goeie punte aangeraak. Ek het nou 2 lem profiele waarmee ek speel. Enige voorstelle?
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Ds J ek stem nie saam met 15 tot 20cm-lem vir jagmes nie. Vir vleiswerk ja, soos biltong sny en karkas opsny maar nie jagmes wat jy in die veld en kamp gebruik nie. Vir my moet so 'n mes se lem hoogstens 10cm lank wees. Maar elkeen vir homself, gebruik wat vir jou gemaklik is. Ek pes 'n penshaak aan 'n mes!! Dis ook 'n feit soos Ds J noem, die meeste (by verre) jagters gebruik glad nie hul messe nie, of dan slegs vir wortels sny en brood smeer - arbeiders doen al die slagwerk of pense uithaal vir hulle. Dit wil my voorkom die meeste het geen clue hoe om 'n pens uit te haal nie.
Mooi loop
Mooi loop
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Met daai argument kan 'n ou 303 met 'n Tasco 4x40 teleskoop, ook 90% van al die diere skiet, wat die gemidelde jagter wil skiet. Maar dit bly maar lekker om iets nicer te gebruik as wat net aan die minimum vereistes voldoen.Pvdw wrote:My vraag aan jou sal wees wat jy als met jou mes sal wil doen?? Ek BV. trek net hier en daar 'n pêns, sny keel vir uitbloei en help afslag. Nou vir bg. het jy nie veel meer as 'n R299 DOW mes nodig nie.
My ideale jagmes
'n Drop point, sonder gut hook. (Ek is nie persoonlik mal oor hoe 'n guthook op 'n mes lyk nie.)
Vlekvrye staal (Ek weet Carbon steel hou 'n beter edge, maar ek wil my mes was en nie worry oor roes nie)
Ongeveer 200mm overall lengte met so raps meer as 100mm lem (Ek is nie Crocodile Dundee nie)
Ek verkies 'n hout hef, maar verstaan hoekom baie mense sintetiese materiaal gebruik
Dit is maar my 2cw
- Xplicitly
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Nouja. Dit stuur my nog meer in die regte rigting. So sou jy die tweede lem in die foto verkies?Chris Swart wrote:Met daai argument kan 'n ou 303 met 'n Tasco 4x40 teleskoop, ook 90% van al die diere skiet, wat die gemidelde jagter wil skiet. Maar dit bly maar lekker om iets nicer te gebruik as wat net aan die minimum vereistes voldoen.Pvdw wrote:My vraag aan jou sal wees wat jy als met jou mes sal wil doen?? Ek BV. trek net hier en daar 'n pêns, sny keel vir uitbloei en help afslag. Nou vir bg. het jy nie veel meer as 'n R299 DOW mes nodig nie.
My ideale jagmes
'n Drop point, sonder gut hook. (Ek is nie persoonlik mal oor hoe 'n guthook op 'n mes lyk nie.)
Vlekvrye staal (Ek weet Carbon steel hou 'n beter edge, maar ek wil my mes was en nie worry oor roes nie)
Ongeveer 200mm overall lengte met so raps meer as 100mm lem (Ek is nie Crocodile Dundee nie)
Ek verkies 'n hout hef, maar verstaan hoekom baie mense sintetiese materiaal gebruik
Dit is maar my 2cw
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Andries Strydom se Dropped Hunter is so naby aan n perfekte jagmes as wat kan kom.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2141
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Koos Barnard wrote:Ds J ek stem nie saam met 15 tot 20cm-lem vir jagmes nie. Vir vleiswerk ja, soos biltong sny en karkas opsny maar nie jagmes wat jy in die veld en kamp gebruik nie. Vir my moet so 'n mes se lem hoogstens 10cm lank wees. Maar elkeen vir homself, gebruik wat vir jou gemaklik is. Ek pes 'n penshaak aan 'n mes!! Dis ook 'n feit soos Ds J noem, die meeste (by verre) jagters gebruik glad nie hul messe nie, of dan slegs vir wortels sny en brood smeer - arbeiders doen al die slagwerk of pense uithaal vir hulle. Dit wil my voorkom die meeste het geen clue hoe om 'n pens uit te haal nie.
Mooi loop
Nee. Die ds is altyd reg.
Ek stem egter saam dat elkeen moet saamdra of gebruik soos dit hom/haar pas. Teen die agtergrond dat n jagmes teoreties enige tyd, amper enige iets moet kan doen is my keuse altyd vir n groot lem.
Die een groot rede waarom ek n groot lem verkies is om vinnig en maklik n keel te kan sny. Dit is verbasend maklik om met een haal van n lang, skerp lem n keel tot teen die been oop te sny.
Die ander rede waarom ek n lang lem verkies, is omdat n groot mes die werk van n kleintjie kan doen, maar andersom gaan dit maar swaar.
Wat in my guns tel is dat ek restaurant-opleiding het, en dus weet hoe om kombuiswerk met n medium- of groot mes te doen.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Ja nee, die dominee is altyd reg, hê-hê!!! Stem saam dat 'n groot lem kan doen wat 'n kleintjie nie kan nie. Maar groot keelafsny is nie nodig nie... net een klein snit reg op die aar en siedaar, die bok bloei mooi uit. Jy steek sommer net die mes se punt daar by aar in skuins onder die oor. Messe is 'n persoonlike ding, elke ou doen wat vir hom werk, so daar is nie werklik reg en verkeerd nie.
Mooi loop
Mooi loop
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2141
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Koos Barnard wrote:Ja nee, die dominee is altyd reg, hê-hê!!! Stem saam dat 'n groot lem kan doen wat 'n kleintjie nie kan nie. Maar groot keelafsny is nie nodig nie... net een klein snit reg op die aar en siedaar, die bok bloei mooi uit. Jy steek sommer net die mes se punt daar by aar in skuins onder die oor. Messe is 'n persoonlike ding, elke ou doen wat vir hom werk, so daar is nie werklik reg en verkeerd nie.
Mooi loop
Daar leer ek nou weer n ding.
Niks klop ervaring nie.
Dankie!
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Die onderste een lyk baie naby aan perfek. So 10cm lem, dalk effe meer "drop point" is my ideale jagmes.Xplicitly wrote:DS J het nogal 'n paar goeie punte aangeraak. Ek het nou 2 lem profiele waarmee ek speel. Enige voorstelle? Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Die lewe is gelukkig te kort om net een mes te hê, vir slag/vleiswerk sal ek iets anders kry.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Daai messe se profiele lyk baie soos die Honeybadgers wat TacQM verkoop. Maar hulle is knipmesse.
Of so iets
- Xplicitly
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Ek gaan vanaand bietjie inklim en so paar idees op papier sit. Bietjie meer "drop-point" met lem so om en by 110 tot 120mm. Totale lengte 220 tot 230mm.Harambe wrote:Daai messe se profiele lyk baie soos die Honeybadgers wat TacQM verkoop. Maar hulle is knipmesse.
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Sit 'n hakie in vir bierbottel oopmaak na die tyd. Nee ek is ernstig.Xplicitly wrote:Ek gaan vanaand bietjie inklim en so paar idees op papier sit. Bietjie meer "drop-point" met lem so om en by 110 tot 120mm. Totale lengte 220 tot 230mm.Harambe wrote:Daai messe se profiele lyk baie soos die Honeybadgers wat TacQM verkoop. Maar hulle is knipmesse.
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Of so iets
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2141
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Xplicitly wrote:DS J het nogal 'n paar goeie punte aangeraak. Ek het nou 2 lem profiele waarmee ek speel. Enige voorstelle? Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Hulle sal vir slag werk, maar ander take soos kos voorberei en ernstig vleis bewerk raak moeilik.
Probeer om n "FFG" snyvlak op te sit.
- Xplicitly
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Ek sal definitief flat grind. Miskien so paar full flat en ander net so 3-kwart. Ek is al effe moef vir hollow grinds.Ds J wrote:Xplicitly wrote:DS J het nogal 'n paar goeie punte aangeraak. Ek het nou 2 lem profiele waarmee ek speel. Enige voorstelle? Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Hulle sal vir slag werk, maar ander take soos kos voorberei en ernstig vleis bewerk raak moeilik.
Probeer om n "FFG" snyvlak op te sit.
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Die onderste een van die twee geval my meer. Die lae punt van die hef agter kan net so bietjie gelig word, dan is hy perfek..Xplicitly wrote:DS J het nogal 'n paar goeie punte aangeraak. Ek het nou 2 lem profiele waarmee ek speel. Enige voorstelle? Sent from my SM-G965F using Tapatalk
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Hoe lyk die perfekte jagmes?
Ek stem ook vir so 4 duim (100mm) tot 5 duim (12.5-13mm) lem. Die "drop point" onderste een is ook vir my. Ek hou nie van skerp punte op die hef nie so ek sal agter die onderste punt ronder maak. Esteties is 'n mooi hout hef die baas, maar micarta of 'n sintetiese hef is prakties beter.