S A Jagter / Hunter skietkompetisie
-
BigBoreFanatic
- Full Member

- Posts: 115
- Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm
S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Dié vind weer by Bluegum eerskomende Saterdag, 24e Augustus 2019, plaas.
Verlede jaar s'n was uitstekend. Elke skut het met 'n prys weg gestap, mnr Barnard weet hoe om te organiseer.
Hierdie jaar kan mens met enige geweer, enige senterslag kaliber mee deelneem. Verlede jaar was daar beperkinge op gewig, deursnee van loop ens.
Slegs een geweer vir die hele kompetisie.
Afstande is van 30m tot 200m.
Eie skietstokke vir staan, sit en lê posisies. Geen 'fancy' megêfters soos handskoene, elmboog beskermers ens. nie.
Maar jy is te laat as jy nou eers wakker skrik en wil deelneem.

Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
BigBoreFanatic
- Full Member

- Posts: 115
- Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Terleurstellend.
Koos Barnard het egter weer sy verbeelding vrye teuls gegee en interessante bane opgestel.
Die gongbaan het baie laat struikel terwyl 'n paar manne weer uitgeblnk het daar.
Daar was net om en by 30 skuts.
Pryse was ook nie naastenby so goed soos verlede jaar nie.

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Dag BigBore
Ek weet nie wat jou alles teleurgestel het nie. Maar as jy laat weet dan kan ons daarop verbeter in die toekoms. Wat die pryse betref, het ons regtig ons bes probeer maar dit lyk my die ekonomie is maar taai. Die volgende pryse is aangebied:
Kontantpryse vir die eerste drie mans en dames asook medaljes.
Swarovski Z3 3-9x36 scope (Whylo)
BBG-knaldemper (BBG)
8x42 Trijicon-verkyker (ECM)
3-9x40 Sightmark-teleskoop (NorthRenk)
Benelli-rugsak (Formalito)
4x pryse van Promark (Stevenson & Hamilton camoklere)
6x Leupoldmesse (Formalito)
Triggerstick skietstok (Savuti)
Rudolph-skietstokke
2x jagmesse (1x custom Louis Naude en 1x Spesiale uitgawe nr 1 van 100 SA Jagter/Hunter)
2x Virtual reality apparate van Zeiss (gebruik jou selfoon en kyk virtual reality flieks ens - weet nie mooi hoe om te verduidelik)
1x boek: Hunting the Spiral horns: Bongo & Nyala
Elke deelnemer het 'n pet ontvang en 'n Bos & Kombuis-kookboek asook lens wipes van Zeiss
Daar was 33 deelnemers waarvan 22 dus pryse ontvang het.
Mooi loop

Last edited by Koos Barnard on Sun Aug 25, 2019 8:58 pm, edited 1 time in total.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Ek het vergeet om te noem dat daar een junior was wat deelgeneem het, 'n laerskooldogter, ons het haar R100 gegee net omdat sy deelgeneem het.
Mooi loop
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Sun Aug 25, 2019 1:02 pm, edited 1 time in total.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Baie lekker pryse vir net 33 deelneemers 
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Koos, jy weet seker al teen die tyd dat dit ONMOONTLIK is om almal tevrede te stel. Jy het die kompetisie formaat juis begin omdat soveel manne hier op Jaracal ongelukkig was dat die groot name die heeltyd die pryse wen, maar waar was hulle almal met hierdie kompetisie dan?
Die pryse wat jy daar lys was glad nie sleg nie. 'n Swarovski Z3 nogals, en die manne kla? Miskien wou almal maar X5 scopes gehad het vir hul R300 inskrywing, al het hy 33ste gekom.
Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Ek weet nie, dalk is ek te swak skut, maar sulke dae gaan oor die skiet en samekoms, pryse was nog altyd vir my n bysaak.
Dit is altyd lekker om n lekker prys te ontvang maar dit is nie waaroor dit moet gaan nie, indien jy dan so ernstig skiet, neem dan aan die skiet ligas deel.
My ma sê altyd ek moet eerder stilbly as ek nie iets goeds kan sê nie, dalk moes ek eerder nou stilgebly het.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Koos, die armes van gees sal ons altyd by ons hê. Ongelooflik hoe party mense kan "moan". - vitterig, ondankbaar, kleinsielig, kritikasters, gluiperig, onerkentlik!
Lekker dag verder!
Lekker dag verder!
-
BigBoreFanatic
- Full Member

- Posts: 115
- Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
PWV wrote:Koos, die armes van gees sal ons altyd by ons hê. Ongelooflik hoe party mense kan "moan". - vitterig, ondankbaar, kleinsielig, kritikasters, gluiperig, onerkentlik!
Lekker dag verder!
Ja, en almal lees en interpreteer 'n ding op sy eie manier en behou homself die reg voor om ander af te kraak en te beledig nê.
Die skietdag was terleurstellend agv die min skuts wat deelgeneem het. Soveel moeite en reëlings het 'n groter getal skuts verdien.
Dit was groot geadverteer, selfs hier, en ons het self probeer mense kry om te kom deelneem.
Koos het moeite gedoen met die reël en opstel van die baan.
Hy het sy bane en reëls baie entoesiasties verduidelik en was baie opgewonde daaroor. Ons was maar skrikkerig vir wat vir ons voorgelê het maar het dit toe baie geniet.
Om pryse te kry het hy ons verseker was nie maklik met die huidige ekonomie nie.
Ek persoonlik dink die prys aan die jong meisiekind het uit sy eie sak gekom. Dankie Koos.
En die 'troos prys' van 'n besonderse mes nogal, aan die man wie se geweer gestoor het met sy eerste skoot en toe nie verder kon saam skiet nie, wys regtig hoe Koos ernstig was oor sy skuts se verdienste.
Die gees was inderdaad om dit te geniet en ons groepie het regtig, veral by die gongbaan, en mekaar aangemoedig en geluk gewens met trefskote.
Ons sien uit na volgende jaar.
Last edited by BigBoreFanatic on Mon Aug 26, 2019 2:51 pm, edited 2 times in total.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Baie dankie Bigbore! Dit was nogal jammer dat so min skuts opgedaag het.
Mooi loop
Mooi loop
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Oom Koos laat my dink aan daai LO onderwysers wat jou nie laat lyne hardloop of 400's of blieptoetse, hy werk jou gal op 1m² en na dit kan jy jouself as getoets beoordeel
Altyd anders
Altyd lekker
Dankie vir die moeite!
Altyd anders
Altyd lekker
Dankie vir die moeite!
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Ek wil regtig nou nie die post high jack nie maar daar is deesdae soveel kompetiesies om aan deel te neem dat ek dink jy net oor Kers en Nuwejaar 'n breuk sal vang as jy almal gaan doen.
Maar wat kompetisies betref is die grootse rede nie net maar om jouself net te verbeter as skut en jagter nie en dit as jy dit die dag kon reg kry is tog prys genoeg of hoe?
Maar wat kompetisies betref is die grootse rede nie net maar om jouself net te verbeter as skut en jagter nie en dit as jy dit die dag kon reg kry is tog prys genoeg of hoe?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Amen! Dit is deesdae bitter moeilik om pryse en borge te kry in die ekonomie soos dit tans is en ek waardeer die ouens wat by ‘n skietdag opdaag net vir die suiwer passie vir skiet!Frederik wrote:Ek wil regtig nou nie die post high jack nie maar daar is deesdae soveel kompetiesies om aan deel te neem dat ek dink jy net oor Kers en Nuwejaar 'n breuk sal vang as jy almal gaan doen.
Maar wat kompetisies betref is die grootse rede nie net maar om jouself net te verbeter as skut en jagter nie en dit as jy dit die dag kon reg kry is tog prys genoeg of hoe?
Aim small, miss small
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
My opinie - BigboreFanatic se posts het "sarkasties" voorgekom en is eintlik meer gemik op die klakouse soos "grensvegter en kie" wat altyd moan oor die tipe van goed en dan nie opdaag by kompetisies nie. Die ekonomie is tans in 'n resessie of ons dit nou wil weet of nie en dit sal verseker bydra tot minder/swakker pryse. Daar is tans ook omtrent elke naweek iewers 'n vêrskiet ding aan en die meeste manne wil dit probeer en nie noodwendig jag tipe kompetisies nie.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Dagsê
Dit is so, daar is hier teen die einde van die jaar baie skietkompetisies (eintlik regdeur die jaar soos genoem) en dit is nou maar so dat mense deesdae eerder ghongs wil skiet as iets anders. Ons het een ghongbaan gehad wat op 150m geskiet is, alle skote uit die staanhouding. Ghong 1 was 12" groot en moes uit die vuis aangedurf word. Daarna moes skuts na nog drie ghongs skiet oor skietstokke met enkele steunpunt. Hierdie ghongs het met verdrag kleiner geraak - die laaste een was 5" in deursnee en pikswart (Black Widow het ons "haar" genoem en dit het dubbel die punte getel as die ander ghongs). Jy moes egter die groot ghong eers raakskiet voordat jy kon aanbeweeg na die ander toe. Sommige manne het al vier hul skote op die groot ghong gebruik. Dis relatief maklik om ghongs tot op 300m raak te skiet as jy sit of lê en skiet maar staan is 'n ander ding. Ons het ook kleiduiwe gehad wat op 30m geskiet moes word. Ses sekondes is toegelaat (staanhouding uit die vuis) en hier het manne ook gestruikel. Daar was ook ander praktiese jagposisies op 200, 120, 90, 80, 70 en 50m. Dit lyk my die manne het nou goed van bipods af leer snipe na ver ghongs maar die naby skote uit jagposisies blyk moeilik te wees.
Ons is dankbaar vir elke borg want almal sukkel maar en baie dankie aan die manne en dames wat die skiet so entoesiasties ondersteun het. Dit was 'n vrolike okkasie met baie glimlagte.

- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: S A Jagter / Hunter skietkompetisie
Dit klink baie lekker. Ja daai lê en skiet ding maak mens baie lui om regte skiet vernuf aan te leer.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering