Goeie dag almal
Ek wil graag met julle ons groep vriende se lekker jag ervaring deel wat ons gehad het die naweek van 15 tot 18 Augustus.
Almal is die groep het al Woensdag aand by die plaas aan gekom maar ek het eers Donderdag oggend 5:30 op die plaas gestop.
Na 'n lekker koppie koffie het Sybrand ons kom haal met die Land Cruiser en is ons veld toe om seker te maak die gewere is nog reg. Met die stop in die eerste jag kamp staan en kyk die Elande vir ons en die Springbokke en Gomsbokke wei so 500m van ons af en almal se gemoed is sommer lekker hoog. Met die skiet na die tyken kon ek voel die skiet raam is baie mooi beplan en as jy mis skiet gaan jy nie die rus kan skuld gee nie.
Na die inskiet van die gewere is die jag reels net weer bevestig en wat mag en wat mag nie geskiet word nie en toe is ons veld toe. Na 'n rukkie se gesoek val die eerste rooibok en na nog gesoek kry ons nog ramme en die twede een val. Na ons die twee bokke na die slag plek geneem het is ons terug veld toe en na rukkie kry ons 'n trop Rooiharbeeste en een van die manne skiet, maar ongelukkig is die skoot lag en die voorbeen is af. Ons merk die plek en almal spring in en begin spoor vat. Ons het die spoor 6km gevolg die plek gemerk en gaan middag ete eet. Ons het lekker wors gebraai in die veld en worsbrooidjies geeet. Na ete is die skut en twee spoor snyers weer op die spoor en die res van ons gaan jag in 'n ander kamp. Ons was nie lank in die ander kamp nie toe val nog 'n Rooibok. Toe kry ons maat wat net saam sou gaan 'n kans om te skiet (sy finansies druk, maar die groep het af gespreek ons sal sy bok se koste dra). Hier het Sybrand se gedult baie goed gewys want die man is gespanne en ek het mooi met hom gewerk en praat en toe ons seker die tiende skiet kans kry skiet hy 'n briljante hart/long skoot en die Rooibok val so 50 tree van waar hy geskiet is dood neer. Die man is in die sewende hemel want is sy eerste Rooibok en twede bok van sy lewe. Die aand het ons lekker gekuier en pork belly gebraai en die dag se jag herleef.
Die Vrydag oggend is ons vroeg terug op soek na die gekweste Rooihartbees en kry nog 'n bakkie in om te help soek. Na 'n ruk se gesoek los ons die jagter op die ander bakkie en hulle soek nog en ons gaan jag verder. Een van die manne skiet toe 'n Rooihartbees bul en die hulle sien een keer die kwes bok maar kan nie 'n skoot in kry nie. Die jagter skiet op 'n stadium 'n Rooihartbees wat hulle gedink het die kwes bok is, maar toe nie was nie. Teen middag ete het hulle stop geroep op die kwesbok soek. Ons ander bakkie is na die ander kamp toe is het na nie te lank se gesoek Springbokke gekry en een van die manne skiet 'n briljante kopskoot op 315m met 'n .30-06! Na die foto's neem is ons weer aan die soek en hy skiet 'n twede Springbok rammetjie. Na hy gelaai is kry ons die Gemsbokke en is dit uit eindelik my beurt (almal het al geskiet behalwe ek). Ons bekruip die trop en hulle is baie rustig. Ons stop so 250m weg begin hulle deur soek want ons moet bulle skiet (behalwe die goue bul). Na so rukkie se gewag stap 'n jong bul links van die trop uit en ek vat die skoot op 248m. Ek het met die 7X64 geskiet met Sako 170gr Hammerheads (ek het die geweer terug gekry met die nuwe silencer die week voor die jag en kon nog nie laai nie) op die blad en die koeël is deur die blad en hart en longe en het gaan vas sit onder die vel aan die ander kant. Na die bok gelaai is vat ons die bokke om geslag te word en gaan maak middag ete. Na ete sluit James Wilson by ons aan en ons is terug veld toe en kry weer die Gemsbokke. Na ons die trop mooi deur kyk het is daar 'n bul wat skiet kans geen en die jagter skiet hom met 'n perkte nek skoot en hy val net daar. Die bok word gelaai en ons is op soek weer na Gemsbokke.Ons kry hulle onder skoot laat middag en na ons 'n bul uit kies skiet die jagter hom en hy val net daar. Na die bok gelaai is, is die skietbare lig min en ons besluit dit is tyd om huis toe te gaan. Die aand word ons bederf met steak wat in netvet toe gedraai is en so gebraai is met knoffel botter op.
Saterdag oggend is ons vroeg weer uit want ons moet nog 'n Gemsbok en twee Springbokke skiet. Ek besluit om met die 6.5CM te skiet want ek het baie vertroue in sy akkuraatheid en het seker al 10 Springbokke en 5 Blesbokke met hom in die kop geskiet en die 140gr RDF koeëls het deur die skedel getrek en is anderkant die kop uit so ek het gedink dit gaan voldoende wees om 'n Gemsbok se skedel te penetreer en die brein te tref. Na 'n ruk se soek kry ons die Gemsbokke en sit die kruishaar tussen die bul se oë waar die swart en wit by mekaar kom en maak my hand toe. Die bul val soos 'n sak aartappels en almal is bly. Ons staan 'n rukkie en hy tel sy kop op toe weet ek daar is fout. Ek skiet hom van agter af langs die oor in lyn met die horing en hy val weer. Hy staan weer op en skiet so rapsie laer as die vorigge skoot en toe begin die man hardloop. Ek sit Barnes 120gr koeëls in want ek weet ek gaan nou enige skoot wat ek kry moet vat. Ons verloor hom in die bosse en na 'n rukkie se soek kry ons hom by 'n trop en terwyl hy nog loop en die bakkie skaars af is skiet ek om sy bladbene te breek en die longe te tref. Die skoot tref waar hy moet maar hy staan nog en skiet hom toe tussen die oog en oor en val dood neer. Baie nederig gemaak deur die skiet laai ons die bok en die storie pla my die res van die naweek. Na ons die bok af gelaai het gaan soek ons die Springbokke en die laaste twee word geskiet. Ek sit met 'n nare smaak in my mond, maar ons kyk lekker rugby en maak pot die aand.
Die aand het ons prys uitdeling en lag lekker en herleef die jag naweek.
Sondag is ons vroeg koelkamer toe om die bokke te laai en terug te keer na ons huise.
In total het ons 4 Springbokke, 4 Rooibokke, 2 Rooiharbeeste en 4 Gemsbokke geskiet.
Ek kan met 'n oop hart VTV Safari's vir enige iemand aan beveel. Die akkomedasie is perfek, die koel en slag geriewe is goed en die moeite wat Sybrand in sit om almal te help is meer as voldoende. Daar is verskriklik baie wild en die kans is 99% dat jy gaan skiet wat jy gesoek het. Die jag bakkie is goed ingerig, en almal se gevoel was dat ons weer daar sal gaan jag volgende jaar.
Groete
Jurgens
ns: Ek het hier op Jaracal die eerste keer gehoor van die plaas: viewtopic.php?f=19&t=71824&p=785395#p785395
Baie lekker gejag VTV Safari's
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Baie lekker gejag VTV Safari's
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- KillMurphy911
- Jr. Member

- Posts: 85
- Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm
Re: Baie lekker gejag VTV Safari's
Goeie terugvoer Pumba.
Ons het self 'n lekker naweek daar gehad. Sybrand doen vreeslik baie moeite en het hope geduld. Ek kan ook met 'n skoon hart die akkommodasie aanbeveel. Skoon en baie gerieflik en die lapa agter is baie nice. Ons het net 2 van daai jong Gemsbok bulletjies gejag en dit sommer so in die na-middag na die Bokke se game teen die ABs. Ek het my bul net so bo die regter oog geskiet en moes hom met die 9mm aanhelp toe hy wou kop oplig. Nie dat hy ver sou gaan nie maar eerder omdat dit, IMO, die etiese ding was om te doen. Ons ander bok was ook 'n kwes bok (jong, onervare jagter) en Sybrand was baie geduldig met die jong man terwyl ons die res van die middag die bok gesoek het en self na die tweede kwes skoot. Ons het so bietjie gescore op die vleis maar dis 'n storie vir 'n ander dag.
Groete
KM911

We pray our sights be straight and our aim be true.
Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Re: Baie lekker gejag VTV Safari's
Naand KillMurphy
Ek moet ook sê hulle het ons baie tegemoed gekom met die vleis prys op die Gemsbok bulle en met die bewerkings koste by was dit n “goekoop” jag vir my sak gewees.
Ons praat al klaar onder die groep om volgende jaar weer te gaan jag daar.
Mooi aand daar.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Baie lekker gejag VTV Safari's
Lekker teruvoer en Lees Pumba - dankie! Geluk ook met julle aantal diere gekry.
Lyk my daai gemsie het jou baie nederig gemaak met 5 skote voor hy bly le.
Dis moeilik om te glo 3 kopskote laat hom nie bly le nie, maar wys jou net.
Het julle dalk daai kopskote ge-inspekteer na die tyd om te verklaar hoekom die bok so 'hard to kill' gespeel het?

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: Baie lekker gejag VTV Safari's
Is dit alles bakkie jag? Of kan mens stap ook? Ken glad nie die area nie.
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Re: Baie lekker gejag VTV Safari's
Naand FHM
Ek dink al van Sondag aand af ek moes die kop oop gesny het en gekyk het wat verkeerd gegaan het. Ek het op my skullmount hier by die huis gekyk en die eerste drie skote moes die brein getref het met die lyn. Al wat ek kan dink is dat die RDF koeël nie genoeg by mekaar gehou het om mooi te penetreer nie. Ek is baie nederig gemaak na die ervaring en skiet enige bok groter as n Blesbok van nou af met die 7x64 of .30-06. Ek wens net my eerste skoot was net die Barnes 120gr want ek weet hy sou penetreer en as hy dan nie dood was nie, was die brein mis. Nou het ek te veel goed wat my pla en ek oor na dink.
Maroelas
Jy sal beslis die kampe kan stap jag, behalwe die Buffel kamp. Van die kampe bestaan uit Kameeldoring bome met oop kolle tussen in en jy sal daar baie lekker kan jag. Die ander kampe bestaan uit gemengde bome/ bosse en sal jy net so maklik kan stap. Toe ons die kwesbok se spoor vat en ons hom weer soek het ek so 30 tree van drie Springbokke agter n bos uit gekom. Hulle het groter as ek gekrik. As jy nie so baie jagters en klomp verskillende wild wil skiet nie sal dit baie lekker stap jag wees.