Vlakvarkie Spit - My Resep

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Vlakvarkie Spit - My Resep

Post by sako 30-06 »

Ek het met ons vorige jag, n varkie vir die spit geskiet, 8kg om presies te wees.
Ek het al voorheen vlakvark gespit, maar die outjie was verseker beter.

Hier is wat ek doen.

Stap :

1. Koop n Meat Tenderizer with blades. https://www.takealot.com/professional-m ... izer-with-
48-sharp-blades/PLID54511259. Ek gebruik die outjie ook vir heel hoender, hoender borsies,heel wilds fillets en sirloins.

2. Steek die vark vol gate.

3. Maak nou n basiese soutwater oplossing (brine), daar is n paar resepte op die internet.
By die water gooi ek swartpeper korrels, knoffel en coriander sade. Kook alles saam, laat afkoel en
bedek die varkie, sit in yskas vir 2 dae. My vlakkie het mooi in n coolerbox gepas, so dit het baie
gehelp.

4. Haal die vark uit die oggend wat jy hom gaan spit, spoel die soutwater af.
Smeer die vark met twee bottels Griekse slaaisous. Draai nou die vark toe in kleefpastiek.
Laat marineer vir so 4 ure.

5. Spoel slaaisous af en maak die vleis mooi droog. Meng smoked paprika, bruinsuiker, en n bietjie
knoffelsout in n bakkie. Vryf die vark met Canola olie en suurlemoen sap,smeer nou die spesery
mengsel oor.
Marineer vir 2 ure.

6. Sit varkie op spit, op n redelike lae hitte vir die eerste uur.
Smelt Pork Lard in n bakkie.
Sodra vleis begin kleur kry is dit tyd om die varkie met die vet te smeer. Ek smeer die vet so elke
30min. Spit vir so 3 ure, die hitte moenie te hoog wees nie.

7. Haal vark van dit spit af, sit in n groot bak en laat elke persoon sy eie vleis afsny.

8. Bedien met broodrolletjies, vars gebakte brood, slapchips en koolslaai.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Vlakvarkie Spit - My Resep

Post by Plaashaas »

Jy kan n jakkals braai met daai resep en dit sal lekker wees
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Vlakvarkie Spit - My Resep

Post by sako 30-06 »

Plaashaas wrote:Jy kan n jakkals braai met daai resep en dit sal lekker wees
Ek eet nie jakkals nie, maar jy is welkom om dit te probeer. :):
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Vlakvarkie Spit - My Resep

Post by FrancoisW »

Mater ek sal die vark bring dan doen jy die spit en wys my hoe. Dit lyk lekker.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Vlakvarkie Spit - My Resep

Post by Eduard Venter »

Daai lyk watertand lekker!

Die manne wat hierdie wil probeer moet net onthou om nie 'n 8kg vark met 'n 300WM te skiet nie en ook nie op die blad nie haha

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Vlakvarkie Spit - My Resep

Post by sako 30-06 »

FrancoisW wrote:Mater ek sal die vark bring dan doen jy die spit en wys my hoe. Dit lyk lekker.
Dit klink na n plan. ;D
Post Reply