Stel kombuis messe

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Stel kombuis messe

Post by JJV »

Hallo
Ek kyk na die Wusthoff knife block met paar messe in, enige ander voorstelle vir ‘n goeie stel kombuis/chefs messe?? JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Carl »

Dis 'n goeie stel. Watter hoeveelheid messe is in die blok.
My opinie begin met:
* Petty
* Chef 16cm, te groot en swaar maak jou moeg
* Ontbeen mes
* Brood (Ek dink die Grunter mes is goeie waarde as jy na verskillende vervaardigers kyk)
Jy kan later 'n groter Chef mes by koop as jy voel dit is nodig. Ek dink ook "serated" is onnodig, as jou messe skerp is sny jy tamaties maklik.

As jy iets nuut wil kyk - ek is bitter baie tevrede met my messe van Ant Topham:
* Probeer een van ons eie mes makers se hande werk.
https://www.kznknifemakers.co.za/hoehle ... de-knives/
https://www.kznknifemakers.co.za/anthony-topham-knives/
Andre Grobler maak ook goeie messe. https://www.facebook.com/GroblerCutlery/

Of belê in Japanese messe. Al koop jy net een dit is ook 'n absolute plesier om met hulle te werk.
* Nakiri of Santaku of Petty tot jy weer geld het
https://kitchensamurai.co.za/product-ca ... erby=price
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Stel kombuis messe

Post by JJV »

Wusthoff Classic 7 piece vir R4400, 5 messe 1sharpening steel, ‘n sker en die hout blok.
Wil graag net een keer koop...
Sien so baie soorte messe, global, snappy chef, kai, nie ‘n kenner of ‘n sjef nie, maar ek laaik ‘n kwaliteit skerp mes wat my ‘n leeftyd gn hou! Enige ander raad is welkom.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Carl »

JJV wrote:Wusthoff Classic 7 piece vir R4400, 5 messe 1sharpening steel, ‘n sker en die hout blok.
Wil graag net een keer koop...
Sien so baie soorte messe, global, snappy chef, kai, nie ‘n kenner of ‘n sjef nie, maar ek laaik ‘n kwaliteit skerp mes wat my ‘n leeftyd gn hou! Enige ander raad is welkom.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek sien baie gebruik en verkoop die staal, maar ek dink dit vreet messe vinniger op. Ek het so 2 jaar gelde oorgeskakel na Japanese natuurlike klip slypstene wat met water slyp, as jy praat van 'n skerp mes is dit die heel lekkerste manier van slyp. Dis nie so moeilik en dit vat nie so baie tyd nie. Ek slyp so 2 keer 'n maand, veral as 'n mes houe gevat het. Ons het 'n restaurant by die huis so die messe werk byna elke dag hard.

Ek dink die prys is baie goed vir 'n fabriek stel messe en die Duitsers maak nie gemors nie. Sien Yuppiechef vra R6k+.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Stel kombuis messe

Post by JJV »

Hallo
Gaan kyk bietjie by sharp edge, hulle het regtig nogal goeie pryse.
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Ds J »

JJV, daar is baie goeie messe en messtelle beskikbaar. Wusthoff, Zwilling ens is omtrent die beste wat jy met geld kan koop, ten minste vir die normale verbruiker.

Vir alledaagse gebruik sal n Victorinox-stel heeltemal goed genoeg wees en baie jare hou.

Enkele voorstel: Die blokstel is baie gaaf, maar ek sou verkies om my eie stel saam te stel. Rede: dan kan n mens presies uitkies wat jy self wil he^. As jy nie ervare is met messe nie, sal die blokstel n goeie wegspringpunt wees.

Eintlik kan ek dit so se^: Haal die sker en die broodmes uit, en vervang dit met die "Gourmet Slicing Knife" (https://www.sharpedge.co.za/wusthof-gou ... knife-26cm). Die sker lyk mooi en klink goed, maar n toplyn sker in n kombuis is geldmors. Jy kan n gewone swaardienssker by n hardewarewinkel koop en hom net so goed gebruik sonder om skuldig te voel as hy skade kry.

Die Gourmet mes is n klein wondertjie. Hy kan letterlik enigiets sny (behalwe natuurlik been ens) en al die gewone kombuistake met n glimlag verrig. Ons sny groente, kaas, vleis, brood ens met ons s'n. Die groewe aan die kant van die lem maak dat hy nie vassit nie - jy kan selfs Mozzarella met hom sny. En daardie lemme word uitsonderlik skerp.

Kyk asb mooi na Carl ^^ se kommentaar. Hy het n punt beet. Ek gebruik daagliks ons slypyster, maar dit is net om die snyvlak in vorm te hou. As n mens dit gereeld doen is dit nie nodig om die mes gereeld te slyp nie. Hy bly lank genoeg skerp. As jy en die gesin met die messe werk kan jy baie moeite doen om hulle in n pragtige toestand te hou - ek veronderstel dat julle die messe dan mooi sal oppas.

As iemand anders met jou messe werk (werkers, vriende ens) kan jy uit die staanspoor van die goedkoper Brasiliese make kry, en hulle sommer op n bandskuurder skerp hou.

Vir messe wat jy self kommersieel gebruik en nie mooi hoef te wees nie, sal ek fyn waterskuurpapier op n sagterige materiaal soos leer of fyn skuimrubber aanbeveel. Maar: dit is nie almal se smaak nie. Vra gerus nog, of kontak my persoonlik indien nodig.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Harambe »

Ek hou ook deesdae van Victorinox want dis net mooi duur genoeg om goeie kwaliteit te wees, maar ook nie so duur dat jy te jammer voel om dit te gebruik nie.

En my ander geheim is dat ek hou van Okapi se kombuismesse omdat hulle so maklik skerpmaak en jy nie bang is om per ongeluk 'n stuk been raak te sny nie.
Of so iets
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Stel kombuis messe

Post by JJV »

Ek sien Opinel maak ‘n mooi kombuis stel wat jou Chef mes insluit. Ek hou baie van Opinel!
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201908 ... 84928d.jpg[/IMG]


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Stel kombuis messe

Post by JJV »

Hierdie lyk ook na baie waarde.[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201908 ... 145544.jpg[/IMG]


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Ds J »

Oorweeg keramiekmesse. Dit is n plesier om mee te werk. Hulle mag net nie val nie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Carl »

Ek sou eerder die Victorinox vat, daai Opinel is net vir speel-speel. Ek hou van hulle messe, maar die stel gaan jou nie die lewensduur gee van die Wusthof of Victorinox nie.
JJV wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20190808/a52f2622da04c16107c125f6d884928d.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190808/2a450e7b3b989cb0cee6d8897f145544.jpg
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Stel kombuis messe

Post by JJV »

Dalk moet ek maar eers net wegspring met die combo en stadig bykoop soos die geld beskikbaar raak, en ek weet watse messe lekker werk. //uploads.tapatalk-cdn.com/20190812/66d3d6e9ea38fafd41b68d4a58828309.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Ds J »

JJV wrote:Dalk moet ek maar eers net wegspring met die combo en stadig bykoop soos die geld beskikbaar raak, en ek weet watse messe lekker werk
Edit nadat ek na die foto gekyk het:

Jy sal glad nie spyt wees oor jou kopie nie. Daar kort nog n goeie broodmes (Gourmet Slicer werk regtig beter!) en n sintoku-tipe swaarlemmes.

En as jy n Wüsthof oor daardie draadsnyer-skerpmaker trek praat ek nooit weer met jou nie ;) ;)
Last edited by Ds J on Mon Aug 12, 2019 8:46 pm, edited 1 time in total.
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Stel kombuis messe

Post by JJV »

Dankie vir die raad, my hart staan na Wusthoff maar ek weet die Victorinox stel is baie waarde vir geld!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Capt. Yoda »

Ds J wrote:
JJV wrote:Dalk moet ek maar eers net wegspring met die combo en stadig bykoop soos die geld beskikbaar raak, en ek weet watse messe lekker werk
Edit nadat ek na die foto gekyk het:

Jy sal glad nie spyt wees oor jou kopie nie. Daar kort nog n goeie broodmes (Gourmet Slicer werk regtig beter!) en n sintoku-tipe swaarlemmes.

En as jy n Wüsthof oor daardie draadsnyer-skerpmaker trek praat ek nooit weer met jou nie ;) ;)

Ds, ek kan nie glo daai manne gee so verimark skerpmaker saam met so goeie mes nie

JJV, daai Wüsthof is n baie goeie maak maar ek het baie "Victrinox" (soos ek deesdae hoor die mense hier van hul praat) en dit is goeie messe. My Pa het van hul slag messe wat seker so oud soos ek is en nog aan gaan soos dag een en ons almal ken natuurlik hul jag en knipmesse w. Die grootste tip wat ek jou kan gee is hou n mes uit n laai uit en so ver moontlik uit n vrou se hand uit anders is hy altyd stomp
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Hein (Haan) »

Een ding van daai Wushtof classic messe is die goeie handvatsel, lyk ook nie so goedkoop soos die plastiek handvatsels van ander messe nie.
Ek het so stel en maak hulle seker net twee keer n jaar skerp die res van die tyd as hy bietjie begin stomp voel doen die staal sy werk en is hy weer reg om te werk.



Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Hein (Haan) »

Capt. Oblivious wrote:Die grootste tip wat ek jou kan gee is hou n mes uit n laai uit en so ver moontlik uit n vrou se hand uit anders is hy altyd stomp
Hout blok vir die messe is n moet, daai messe is mooi genoeg om op die kas te staan


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Stel kombuis messe

Post by JJV »

IMG_6428.JPG
Ek het begin met so 3 messe, ek is verbaas hoe swaar die sjef mes is! Ek het magnetiese mes houer teen my vrieskas so hulle gaan nie ‘n laai sien nie. Ek het al 3 messe reeds 40 keer deur die nice slyper getrek soos julle aanbeveel het...Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Ds J »

JJV wrote:
IMG_6428.JPG
Ek het begin met so 3 messe, ek is verbaas hoe swaar die sjef mes is! Ek het magnetiese mes houer teen my vrieskas so hulle gaan nie ‘n laai sien nie. Ek het al 3 messe reeds 40 keer deur die nice slyper getrek soos julle aanbeveel het...Image
Baie geluk! Die gewig van die sjefmes moet saam met jou werk. Gebruik sy momentum, en nie jou spierkrag nie.

Onthou dat jy kan spykers inkap met die rugkant van die mes - dit is al wat oorbly nadat jy hom deur daardie slyper getrek het ;)
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Hein (Haan) »

Hahahaha Baie geluk
Soos Ds J sê gebruik die gewig van die mes om die werk te doen as hy skerp is werk hy baie lekker.

My stel na so paar jaar se gebruik, my kinders sal hulle seker nog gebruik.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190820/c185224ef37c8b5c909acab62f5dffcd.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Capt. Yoda »

So van mes skerp maak gepraat. My pa het bitter baie messe, hy het as ek reg onthou op 12 of 13 jaar begin messe versamel en hy het n sagte plek vir die ou Joseph Rogers messe, seker maar omdat die ou mense daai tyd so erg op die Josephs was, ekt het nog 2 wat my oupa gekoop het toe het begin boer het wat se lemme al weg geslyp is maar hulle loop nog mooi..elk geval so jag ons daar anderkant Upingting gemsbok en springbokke en op n kol haal my pa n mes uit sy sak om iets oop te sny en sit die mes langs hom op die bakkie se bonet neer om n sigaret aan te steek terwyl hy besig is om n lemoen of iets te skil en erens tussen die lemoen en sigaret draai hy om en toe hy weer terug draai het die klein boesman slagtertjie daai Joseph Rogers beet terwyl hy die bok werk en duidelik het hy nie gedink die Oom ken van mes slyp nie want hy vat somer so half ronde stuk klip wat daar le en polish daai knipmes se lem al te mooi. Ek dink nie die seun het op daai dag besef hoe naby hy aan die dood gedraai het nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Stel kombuis messe

Post by Kallie Fernhout »

Ek het self n swak plek vir messe en het n hele paar van die Wushtof's.

Kyk bietjie na zwilling, dus ook n Duitse produk maar in n klas van sy eie.

https://www.zwilling.com/us/zwilling/
Post Reply