maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
-
CassellG
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Mon Jan 15, 2018 2:22 pm

Middag manne
Soos in die beskrywing , be oog ek om graag vir my "n kolf te laat maak/dupliseer.
Nou ek weet nie veel van hout tipes af nie , ek het egter "n stuk hout gekry wat ek glo lekker vir die doeleinde kan werk...omrede hy hel swaar is,hard en mooi donker rooi/bruin.
hoe sal ek te werk gaan om vas te stel of die hout wat ek het, geskik sal wees vir kolf maak... ek heg "'n kiekie van'n stuk van die hout aan...
ek verstaan ek moet eers die blank mooi sny voor die proses kan begin,,,die hout is tans steeds in ronde form...hy is verseker met panga/byl gerond , soos die tipe hout pale wat jy in afrika/mosambiek sal sien wat hul mee bou...net dikker...seker naby aan 300mm in deursnee.
die wit gedeelte op die hout is die bas van die stomp...
enige hulp sal grootliks wardeur word

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
Goeiedag,
Al die Afrika-houtsoorte is nie noodwendig geskik vir kolwe nie omdat Afrikahout gewoonlik te hard en bros is. As dit vir n ligte kaliber is, kan dit gewoonlik goed werk. As dit vir n swaar kaliber is, kan jy dalk later n gekraakte kolf he^.
As hy maklik kloof, is daar n kans dat hy te hard of bros is. Die beste sal wees om een van die bekende kolfmakers te vra. Hulle sal kan help.
Al die Afrika-houtsoorte is nie noodwendig geskik vir kolwe nie omdat Afrikahout gewoonlik te hard en bros is. As dit vir n ligte kaliber is, kan dit gewoonlik goed werk. As dit vir n swaar kaliber is, kan jy dalk later n gekraakte kolf he^.
As hy maklik kloof, is daar n kans dat hy te hard of bros is. Die beste sal wees om een van die bekende kolfmakers te vra. Hulle sal kan help.
-
CassellG
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Mon Jan 15, 2018 2:22 pm
Re: maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
baie dankie vir die raad , ek sal verseker aanhou rondvra.
hy gaan hopenlik eendag op my 7x57 pas
hy gaan hopenlik eendag op my 7x57 pas
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
Jan Bandisio is 'n geweermaker wat al kolwe uit inheemse hout gemaak het. Hy is in Limpopo, dink Naboomspruit. Hy sal jou die beste raad kan gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Eland
- Jr. Member

- Posts: 54
- Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am
Re: maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
Daai stomp lyk soos Tambotie.
Sterkte...baie mooi hout, flippen taai en min dinge sal hom verweer.
Ekt n .404 Jef met n tambotie kolf. Die geweer was n vrot appel wat ek gekoop het op gunsite, juis gebou deur n bekende geweer bouer.
Baaaie geld en tyd later het ek die geweer helemaal oor laat bou en basies net die kolf gebruik.
Bittermin mense gaan bereid wees om aan daai hout te werk. No 1, sy stof is giftig, en hy werk flippen moeilik, hy breek eerder as om te sny en maak beitels en sny gereedskap maklik stomp.
Sterkte...baie mooi hout, flippen taai en min dinge sal hom verweer.
Ekt n .404 Jef met n tambotie kolf. Die geweer was n vrot appel wat ek gekoop het op gunsite, juis gebou deur n bekende geweer bouer.
Baaaie geld en tyd later het ek die geweer helemaal oor laat bou en basies net die kolf gebruik.
Bittermin mense gaan bereid wees om aan daai hout te werk. No 1, sy stof is giftig, en hy werk flippen moeilik, hy breek eerder as om te sny en maak beitels en sny gereedskap maklik stomp.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
Eland, hoeveel skote het jou tambotiekolf al weerstaan?
Dit is pragtig, en laat my ernstig oorweeg om self eendag so een aan te pak.
Dit is pragtig, en laat my ernstig oorweeg om self eendag so een aan te pak.
-
CassellG
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Mon Jan 15, 2018 2:22 pm
Re: maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
blixem daai is nice.
Dankie vir die hulp en raad sover manne
Dankie vir die hulp en raad sover manne
-
Eland
- Jr. Member

- Posts: 54
- Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am
Re: maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
Dankie, Ds J,Ds J wrote:Eland, hoeveel skote het jou tambotiekolf al weerstaan?
Dit is pragtig, en laat my ernstig oorweeg om self eendag so een aan te pak.
Die fotos is geneem tydens die herbou, ek het wel n "recoil lug" laat insit, maar voor my aankoop van die geweer was dit ook n .404 sonder die tradisionele "recoil lug".Die aanvanklike smid het een of ander innoverende 11.1.11 idee gehad om n blok staal aan die loop vas te sweis om te dien as kontak punt in die kolf.
Ek kannie se hoeveel skote die geweer voorheen so geskiet het nie.
Vandat hy oorgebou is, seker omtrent 120 of so skote, en steeds geen teken van krake of probleme nie , maar bygese, n .404 het mos nou nie veel van n terugskop nie
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
-
CassellG
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Mon Jan 15, 2018 2:22 pm
Re: maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
Raait Manne ,
Lykmy die stuk hout is - "Pod Mahoganny"
klink my hys maar maar werkbaar, sal daar moontlikheid wees dat hy kan wek vir "'n kolf?

Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
Van die inheemse houtsoorte maak mooi kolwe maar die probleem met baie van hulle is dat die hout baie vining weer oksideer nadat dit afgewerk is. Dit beteken dat die grein basies verdwyn na `n kort wyle, die hout dof en soms amper grys begin vertoon, en dan weer met die tydsame proses ge-"refinish" moet word.
Van die inheemse nommers het ook die geneigdheid om bros en/of swaar te wees. Die implikasie hiervan is dat hulle moeilik is om mee te werk, baie swaar is, makliker kraak as byvoorbeeld okkerneut, en fyn ruitwerk is ook nie altyd moontlik nie.
Van die inheemse nommers het ook die geneigdheid om bros en/of swaar te wees. Die implikasie hiervan is dat hulle moeilik is om mee te werk, baie swaar is, makliker kraak as byvoorbeeld okkerneut, en fyn ruitwerk is ook nie altyd moontlik nie.
-
CassellG
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Mon Jan 15, 2018 2:22 pm
Re: maak van/duplisering van kolf projek----hout vraag
Baie Dankie Johan