Wanneer jy bou wat jy wil....

User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Jaco V »

Naand almal
Daar is net sekere gebeurtenisse in 'n volbloed afrikaner man se lewe wat ek as amper magies beskou, dis daai herinneringe wat jy eendag op sy eie rakkie hou, elke dag afhaal, herleef, afstof en weer terugplaas net om dit more weer te bewonder. Hieronder is verseker daai eerste kus, aankoms van jou jongeling(e) en nog baie meer.
Vir my was daar so lank ek kan onthou ook die droom om 'n pasmaak geweer te bou, ek praat hier dan nie sommer net van 'n nuwe loop op jou Howa aksie sit met tacticool bolt knob nie......ek praat hier van daai geweer wat jy gaan bou as jy kon bou wat JY wou.
En ja, party ouens droom van daai 408 Cheytac of groter vir ULR maar ek is nog nie daar nie....vir my wou ek 'n geweer bou met uitstekende komponente wat oor lang afstande kompeterend kan skiet, hetsy dit Saterdag saam die ALRHA manne na staal is of saam die F-Ope manne na papier tot op 1000m, dalk 2000 8) 8)
Oor die algemeen is ek maar die tipe man wat luister wat almal te seg het maar dan steeds my eie opinie vorm, dit veroorsaak in meeste gevalle dat ek redelik alleen staan in my keuses. Geen verrassing dan dat toe ek begin kyk na kalibers ek nie besluit het op almal se gunstelinge nie. Reg of verkeerd, dis my droom en ek sal dit self verongeluk as ek wil... ++>:
Graag wil ek dan met julle, die mense wat ek die hoogste ag as dit by enige iets ballisties kom, my custom bou deel.

In kort bou ek 'n 7mm Practical soos ontwerp deur Nathan Foster.
Die man se logika in terme van die ontwerp van die dop en verkrygbaarheid van komponente maak vir my baie sin en het dus grootliks bygedra tot my besluit.

Ek gaan hom 184gr Berger F-Opens voer bo op 'n groot klomp H1000 vir spoed tussen 2950 en 3100 uit 30" loop, weens die beperkte spoed inligting uit 30" lope met die kaliber is die 3100 heel teoreties gesproke en sal nog bewys moet word.
Ek sal 10-1 eindig waar ek weet die F-Open punte mooi skiet rondom 2940 maar dit sal darem lekker wees om die hoger node by te kan kom sou ek wou 8) 8)
Dit is dan ook seker die regte tyd om te noem dat ek klaar 2 lope gekoop het ;) ++>:

So die komponente:
Bartlein Heavy Varmint 30" loop in 1:9
Defiance Deviant Tactical Long Action met cone bolt head, tactical bolt handle, faceted shroud, integrale 20MOA piccatinny rail en standaard fluting op die bolt met magnum bolt face.
Bix'nAndy Competition trigger
Die kolf gaan 'n F-ope hout kolf wees met so bietjie van 'n twist 8) 8)

Aangesien hierdie 'n baan geweer gaan wees gaan ek bietjie meer neig na die dramatiese kant met gepoleerde aksie, loop ens.

Die geweer smid is Chrisjan, ek glo die man lewer van die beste kompetisie gewere in die land. Dit help ook natuurlik dat ek letterlik van my huis na syne kan stap ;D

In terme van glas het ek vir my die Vortex Razor HD GenII in 4.5-27 gekry, hy word met 'n 20 MOA een stuk Spuhr mount aan die geweer geheg.

Ek gaan hom herlaai met Whidden custom bushing dies wat van my reamer print af vervaardig word.
Die donor brass is Sako 300WM brass.
Fotos van die komponente sal binne kort volg, ek moet net eers beter fotos gaan neem.

Die volgende stap is om Permission to build te kry dan kan die werk begin.

Ek hou julle op hoogte met hierdie droom projek van my.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Hansieslim »

Sjoe...ek het heeltyd hoendervleis gehad terwyl ek lees. Kan nie wag vir daai fotos nie.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3071
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Apie »

Lekker Jaco

Hou ons op hoogte!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by alecjohnson »

klink belowend! ek volg die een!!! kan nie wag vir fotos nie!
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Sangoma (IAN) »

Daai klink darem mar lekker!

Net een vraag, hoekom op n FFP scope besluit? Jy dink nie SFP sal beter werk vir daai tipe ver skiet nie?
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Jaco V »

Hi Ian
Ek kan seker nou probeer wetenskaplik klink omtrent die keuse maar waarheid is dat ek 3 Ffp scopes gebruik en hulle baie lekker werk vir my in die sin dat die sub tensions se waardes altyd dieselfde is. Ek kan nie sien hoe SFP vir my beter sal werk nie. Ek het al argumente van kruishaar dikte op maks vergroting gehoor maar daai manne skiet obviously baie feiner as ek. Ek was nog nooit in 'n situasie op die baan of selfs met voorsit jagte waar ek gedink het 'n dunner kruishaar sou my toelaat om meer akkuraat te skiet.
Noem dit maar oningelig of persoonlike voorkeur....
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Capt. Yoda »

Lekker Jaco, die FFP kan jou dalk bq trip as jy regtig Fope wil skiet maar dan is dit so eenvoudig soos om die Razor te verkoop en iets anders te kry as jy voel dit pla....Ek het vir jou n lekker scope wat ons kan ruil ;)

Gaan n lekker roer die wees, ons wag vir jou fotos, veral die van die kolf met die twist.
Jy moet hom klaar maak en bring dat jy bq Morne se gat kan skop met daai nuwe 284s van hom wat so al die staal dood skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Jaco V »

Eish. "No pressure" dan :o

Die kolf gaan 'n tydjie neem maar dit behoort redelik uniek te wees 8)
Ek behoort vannaand fotos van die komponente kan te laai.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Riaan Kriel »

Dit klink regtig na 'n droom wat besig is om waar te word.. Geniet dit!!

O ja........ en sterkte vir die ongeduld wat gaan kom as gevolg van ons uiters bekwame personeel by CFR :)
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Plaashaas »

Wow!! Dit klink baie lekker. Het jy dalk die 7mm-375Ruger oorweeg?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Arnold »

Kontak bietjie vir LRLaubscher hier op die forum. Nico het teen die tyd al n bietjie ervaring met die 7-300WM ;)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by PWV »

Sien uit daarna om die masjien te sien!!
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Jake1 »

Volg, klink baie nice
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by PWV »

User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Jaco V »

Dis net hy daai oom Pieter ;D
Hier is so paar fotos van my komponente.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Jaco V »

20190807_151955-877x1947.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Jaco V »

20190806_224644-1008x756.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Jaco V »

20190806_224352-1008x756.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Jaco V »

1965c.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Capt. Yoda »

Daai sneller en aksie gee my so snaakse gevoel, amper n stuiwe een
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by figjam »

Jis dis nice!!!!
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Malan123 »

Eendag as ek groot is
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Rasmus »

Jaco V wrote:
1965c.jpg
Mmmm gaan hier dalk n tipe “Cerus stock” kom...........?
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by JPS »

Jis Jaco,

Ek weet die projek kom al ‘n lang pad. Bly die goed is nou alsbymekaar ou maat.

Gaan baie baie lekker roer wees die!

Onthou net die gewig beperking. Hout is redelik swaar en die Razors is nie baie lig nie.

Mooiloop
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Post by Jaco V »

Hi Jan
Ja gewig gaan dalk issue wees maar daar sal maniere wees om dit te oorkom, buitendien Cappie is so nice ou hy het gese hy sal my gelyk op ruil vir die Razor met 'n lekker scope wat ligter is in SFP, klink na awesome deal daai... 8)

Onthou dat die geweer so bietjie van 'n all rounder gaan wees en nie toegewyde F Ope geweer nie so ek probeer daai goue middelweg kry, wat ek daarby se is dat ek eers die geweer gaan bou soos ek hom wil he en as ek hom dan weeg en hy is oor die 10kg dan sal ek dit op daai stadium adresseer.

Jy weet natuurlik dat jy die begin van al hierdie dinge is, of daai 'n klagte of dank betoning is sal tyd ons leer ++>: ++>:
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
Post Reply