Skuur masjien?

Enige iets tov messe.
User avatar
Xplicitly
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm

Re: Skuur masjien?

Post by Xplicitly »

ZKK wrote:Ek het gister gou bietjie gaan google oor daardie NWK masjien.
Lyk glad nie sleg nie, en die feit dat hy surface grinding kan doen is baie nice.

My masjien het nie VSD nie, wat is die voor en nadele van VSD?
(ja ek weet om vinniger en stadiger te maak, maar waarvoor?)

Xplicity, hoekom se jydie masjien kan makliker vir hollow grinding gebruik word?
Ek sukkel nog my gaai af om my hollow grinding se lyne altyd egalig te kry.
ZKK

Die grootste voordeel vir my is dat jy meer beheer het oor wat jy doen. Die spoed van die belt is direk eweredig aan die hoeveelheid materiaal wat jy afhaal. Sodra jy baie fyn moet begin werk (soos die sluit meganisme of die Liner Locks), dan begin die VSD sy waarde wys. Dan ook vir "polishing", as jy die Flat Disc Attachment het, kan jy sy spoed baie afbring, 'n rubber kussing van so 5mm op die flat disc sit tussen die wiel en die papier. Min goed kan n lem so mooi polish.

Indien jy vry hand hollow grind, gaan dit geen verskil maak nie. Maar met die Herbst masjien se jig hollow grind jy aan die onderkant van jou lem, en moet jy heeltyd die lem optel om te sien wat jy doen. Jou lem is ook geneig om bo-op die wiel te klim en dan jou grind op te voeter.

NWK se masjien se tafel sit onder die wiel, wat beteken dat jy bo-op jou lem hollow grind en ten alle tye kan sien wat jy doen. Jou lem het ook geen kans om teen die wiel op te klim nie, so jy het volle beheer oor jou lem.

Ek hoop die verduideliking is verstaanbaar. Ek wens ek het 'n video gehad om die verskille te verduidelik. Ek is maar net van mening dat indien jy die geld gaan uithaal, koop die eerste keer reg. Dit is baie duurder om na die tyd 'n VSD te moet opsit. Ek is juis nou besig om dit met my mashien te doen. Ek is ook besig om my masjien te verander sodat ek 'n tafel aan die onderkant van my wiel het.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Skuur masjien?

Post by ZKK »

As jy klaar is, sit asb vir ons n paar fotos op.
Ek sal graag wil sien hoe dit lyk.
User avatar
Xplicitly
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm

Re: Skuur masjien?

Post by Xplicitly »

ZKK wrote:As jy klaar is, sit asb vir ons n paar fotos op.
Ek sal graag wil sien hoe dit lyk.
Ek sal so maak.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
Post Reply