Hi
Hier is 'n ou Franse resep wat ek bietjie aangepas het om potjie te word.
Bestandele:
1kg kalfsvleis - verkieslik brisket maar ander stukke sal ook werk.
1 200g pakkie bacon opgesny in 1cm stukkies - opsioneel
3 uie in ringe gesny
4 wortels in blokkies gesny
2 spruite selery in blokkies gesny
1kg groot mushrooms in groot stukke gebreek - ek breek hulle gewoonlik in 4 stukke en dan is daar die steel ook.
4 huisies knoffel opgekap
1 pakkie mushroom sop
500 ml creme fraiche of suur room of selfs net room - hang af wat jy kan kry
Water
1 glas witwyn vir die pot en 'n paar vir die kok
Olyf olie
Sout
Peper
Blokkie hoenderstock - opsioneel
Vis sous - nuo mam - opsioneel
1 bouquet garni - Loulierblaar, roosmaryn, tiemie saamgebind in bondeltjie met tou om mooi te kan uit haal.
Sit jou pot op die vuur en laat hom lekker warm word sonder olie.
Gooi nou die olie by en sit paar stukke van die vleis in sodat dit HARD kan braai - die vleis moet lekker bruin wees - dit is die maillard reaksie wat die vleis karmeliseer.
Sodra vleis lekker bruin is, skep uit en gooi nou die bacon in en laat so vinnig braai en gooi dan die res van die vleis. Laat hom loop tot die bacon begin crisp raak en dan kom uie, wortels en selery by. Laat hom liggies sweet en sodra uie verlep is gooi die witwyn in en krap al die lekker aanbrandsels van die pot se bodem af.
Sit nou al die vleis en groente in sam met bouquet garni en maak pot vol water sodat die vleis net net bedek is. Gooi 2 telepels vissous en stock blokkie by as jy wil. Sit deksel op en laat kook vir 2 ure. Loer elke nou en dan dat die water nie wegkook nie en die pot brand nie. Hy moet nie KOOK nie nie - net liggies prut.
Na 2 ure proe stukkie van die vleisie. Hy behoort nou al lekker sag te wees. As hy nog nie is nie maak toe en laat nog so halfuur loop.
As hy reg is gooi die knoffel en mushrooms in en maak toe. Vat die suur room en gooi pakkie mushroom sop in en meng mooi deur en sodra mushrooms amper gaar is gooi die mengsel in en roer mooi deur. Laat hom nog so 10 min prut en as sous se dikte na jou smaak is gooi sout en peper na smaak, haal af en bedien oor rys. Suurlemoen en tiemie rys loop baie mooi saam met hom. Drink jou gunsteling wyn saam met hom. Die dis kan saam met wit of rooiwyn geniet word.
Ek het dit Sondag gemaak en gister vir mense by die werk bedien - die mense was mal daar oor!
Geniet!
Blanquette de veau - Kalfs vleis pot
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Blanquette de veau - Kalfs vleis pot
Last edited by Methos on Tue Jul 30, 2019 1:54 pm, edited 1 time in total.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Blanquette de veau - Kalfs vleis pot
Hel maar dit is nou ordentlike franse pot.
Tres bon mons ami!!
Tres bon mons ami!!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Blanquette de veau - Kalfs vleis pot
Merci mon amiFrederik wrote:Hel maar dit is nou ordentlike franse pot.
Tres bon mons ami!!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- DriesdlR
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am
Re: Blanquette de veau - Kalfs vleis pot
Dink hy gaan ook mooi loop met n wildsvleisie!~!